Page 1 of 1

Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 8:41 am
by James Wilson
ek besit die Q/L program nou al n paar maande en verstaan nou maar soveel as wat ek ek dink ek hier op my eie sal kan verstaan. as daar nog manne is wat so n behoefte het,  laat hoor maar van julle dan kyk ons of ons een van die Q/L kundiges kan ompraat om dit vir ons aan te bied. ek dink ons moet so iets beplan vir as die jagseisoen eers verby is. ons moet dus praat oor n istrukteur n datum en n plek asook kostes.  ek hoop daar is nog manne wat belangstel.

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 10:19 am
by Louw S
More james,

Klink vir my na blink gedagte, was juis van plan om die naweek my QL te gaan koop.
Sal beslis belangstel.

Louw

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 10:31 am
by BRNO (Pierre)
daar is nou pakkette by Pta S&O beskikbaar. Ek het gelukkig een gekry, dus sal ek verseker in so n kursus belangstel.

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 12:19 pm
by PJS
James wrote: ek besit die Q/L program nou al n paar maande en verstaan nou maar soveel as wat ek ek dink ek hier op my eie sal kan verstaan. as daar nog manne is wat so n behoefte het,  laat hoor maar van julle dan kyk ons of ons een van die Q/L kundiges kan ompraat om dit vir ons aan te bied. ek dink ons moet so iets beplan vir as die jagseisoen eers verby is. ons moet dus praat oor n istrukteur n datum en n plek asook kostes.  ek hoop daar is nog manne wat belangstel.
Goeie plan James. Laat weet net wanneer, waar en hoe laat. Ek sal ook belangstel.
PJ

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 1:41 pm
by KC
Daarshy! Ek het een laat uitsit by PTA so die naweek gaan ek hom net kry.

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 2:05 pm
by Johan Reyneke
Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Ek wil n voorstel maak maar het dit nog nie met Luddie en die manne bespreek nie maar ek voel ons smoet sterk kyk daarna. As die jagseisoen nou klaar is die jaar dan moet ons sommer n paar manne bymekaar kry sodat ons hierdie QL ding mooi onder die knie kan kry. Of ons moet dit by my op die plaas doen of hier by die huis. Sal dit graag hand aan hand wil hardloop met lading ontwikkeling en herlaai sodat die prakties en teorie saam gedoen kan word. Sal seker makliker wees hier by die huis want alles is hier. Ons moet bietjie praat met mekaar hieroor.

Groetnis
Wouter
Hi Daar

Wouter het reeds voor die jag seisoen die bg genoem op 'n ander threat.

Ek sien ook uit om dit by te woon

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 2:21 pm
by James Wilson
Fantasties!!!    Wout staan hierdie aanbod van jou nog? hierdie keer kan jy net nie weer soveel van die kostes self bydrae nie.

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 3:11 pm
by Cobus(Cobb)
Ek sit links voor....

Cheers

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 4:09 pm
by Chevvy SS
En ek sit te ver.

Ek wil graag 'n voorstel maak en hoop die manne met die program lees dit raak.

Indien 2 of 3 van die kundiges hul tyd wil ruil vir rande, sal ek die eerste een wees wat sal betaal vir so iets. Dit gaan baie koste en tyd, sowel as frustrasie uitskakel.
Normale ladingontwikkeling is duur, veral as premium koe?ls gebruik word, en as ek die teleurstelling, frustrasie, my suur gesig  en tyd bytel,  gaan 'n billike tarif my laat glimlag. Die oomblik as die geld op een van hierdie manne se bankrekening wys, kan hy die gegewens mail.

Almal van ons wil en gaan nie die program koop en/of gebruik nie. En dalkies kan een van die hulpvaardiges net 'n ekstra bokkie skiet met daardie randjies?

Hoor graag julle opinies.

Re: Quick Load kursus

Posted: Wed Jul 18, 2012 7:09 pm
by Jacquesb
Naand Manne
Goeie voorstel, ek stel ook belang.