Page 1 of 1
Jagplek naby die Kaap gesoek
Posted: Fri Jul 13, 2012 2:51 pm
by martindut
Hi Almal
Iemand kan my nie dalk help met 'n plek relatief naby aan die Kaap, verkieslik nie verder as 3ure weg, waar ek my Pa kan vat om so paar springbokke te skiet nie. Ek het nog nooit saam met my Pa gejag nie, so sal graag dit wil doen voor dit eendag te laat is. Wil net vir 'n naweek gaan so daarom moet dit verkieslik nie te ver wees nie.
Dankie en Groete
Martin
Re: Jagplek naby die Kaap gesoek
Posted: Sat Jul 14, 2012 1:16 pm
by slagdop
Boschenbach so tussen Clan Willim en Lambertsbaai. Pryse so bietjie steil maar haalbaar. het nog nie self daar gejag nie maar net gagaan om aan te sterk na n groot operasie aan my pompie. Geriewe was heel skaflik en die mense baie gaaf. Ek weet daar is nog n paar plekke in daardie omgewing maar niemand adverteer nie. Is seker ook te bang vir die reaksie van die greenies.
Re: Jagplek naby die Kaap gesoek
Posted: Wed Mar 20, 2013 12:21 pm
by Abanakwe Hunting
Hello Manne ek het jag plek so 350km van die kaap af het n plaas op vredendal waar ons net trofee jag doen en dan het ek nog n plaas op Niewoudville waar ek biltong jagte doen. Wild wat beskikbaar is is springbok. Gemsbok. Sebra. Baie lekker verblyf met binne braai stort toilet stoof yskas. Bedegoed bed hout alles daar.
Julle kan my mail
shooting@webmail.co.za
Doen ook groot wild buffels seekoei kameelperd maar op ander plase. Het ook lekker trofee wild beskikbaar in die kalahari 16 duim springbokke en 40 duim plus Gemsbokke.
Re: Jagplek naby die Kaap gesoek
Posted: Wed Mar 20, 2013 8:48 pm
by martindut
Dankie vir almal se replies. Ongelukkig het my Pa se toestand baie versleg die afgelope paar maande, so ek is bevrees ek gaan nooit daai voorreg he om saam met hom te jag nie.
Vir die van julle wat nog kan jag saam met julle Pa's, julle is baie bevoorreg.
Groete