Nosler vs Norma Doppe

Post Reply
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Nosler vs Norma Doppe

Post by Machann »

Hi manne.

Ek verstaan Norma maak vir Nosler doppe? Sou julle eerder 100 of 200 Norma Doppe koop inplaas van 4 pakke Nolser watse gewig moontlik kan verskil en dan sit jy met vier batches? Hoe vergelyk Norma met Lapua?

Groete

Ruan
375 H&H CZ 550 Mag
308 Win ZKK 601
.22 Rem Sportmaster
.12BR Miroku O/U
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by matewis »

Middag menere, iemand wat dalk vir Machann kan antwoord, sal ook graag wil hoor?

Dankie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by James Wilson »

Al wat ek jou kan se is my ondervinding tussen twee gewere wat ek het. My 300h&h gebruik ek Nosler se doppe en by die 308 gebruik ek Norma. Die 300 se dop is maar seker n moeiliker dop om te vervaardig glo ek, nogtans is die Norma produk vir my beter. Die normas lyk net beter en meer konstant uit die boks
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by matewis »

Dankie James. Ek het my 270 gekry en vir die "inskiet" het ek besluit om eerder R100 meer vir 'n paar pakkies Norma-patrone te betaal bo PMP, juis met die doel om daarna beter doppe te he om my Nosler BT's te laai, so hoop maar duur koop in hierdie gevoel was slim-koop. Indien dit nie werklik 'n verskil maak (die duurder dop) nie kan mens netsowel die goedkoper Nosler-dop gebruik. Tyd sal leer..
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by James Wilson »

Ek dink jy werk reg. ek het al vir 3 270's lading ontwikkeling gedoen. Jy sal sien n 270 gee jou nie sommer akuraatheid probleme nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Jacko »

James Wilson wrote: Ek dink jy werk reg. ek het al vir 3 270's lading ontwikkeling gedoen. Jy sal sien n 270 gee jou nie sommer akuraatheid probleme nie.
Dan het jy duidelik nog nie myne gesien nie!  ;D
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by James Wilson »

Wat is die probleem. Kry jy groeperings foute wat hulself herhaal?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Wouter Roets »

Hallo Ruan

Persoonlik is Lapua my eerste keuse in n kaliber. Indien daar nie in n kaliber Lapua beskikbaar is nie sal Nosler CC doppe my tweede keuse wees. Dit bly n Norma dop wat die meeste van die werk klaar gedoen is wat jy in elk geval sou moes gedoen het, selfs met die Lapua doppe. Vir my tel dit baie. Ek het 500 Nosler doppe so jaar terug gekry in die 25-06 en nou net 500 in die 375H&H. Die gewigte van die doppe is bitter konstand, maar ek moet bieg dat hulle almal uit dieslfde batch uit kom so ek kan nie kommentaar lewer oor die gewigte uit verskillende batches nie. Glo dit sal maar verskil soos enige produk.

Toe ek die eerste keer die Noslers gekoop het was hulle goedkoper as die Norma doppe wat n bonus is as jy in ag neem dit is dieslfde dop met n hele paar voordele by. So dit maak absoluut sin dat hulle jou keuse moet wees bo die Norma doppe.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Jacko »

James Wilson wrote: Wat is die probleem. Kry jy groeperings foute wat hulself herhaal?
Onder andere. Die aksie is laat pillar bed en die loop mooi gefree float, maar hy sukkel om onder 2 duim/100m in te tekom.

Ek het nou begin laai. Agtergekom daar is m**r baie freebore, so my TPL is 85.32mm. Pas net-net in magasyn in. Skiet 130gr Nosler Ballistic tips, 53gr S365 en neck size net. Dit lyk beter. Net so oor 'n duim groeperings.

Hy "string" nou gewoonlik bietjie vertikaal. Ek het agtergekom ek het 'n paar jaar terug magnum rifle primers gekoop. Nou skiet ek hulle maar klaar. Dink nie dis die probleem nie.
Last edited by Jacko on Sun Oct 21, 2012 7:50 am, edited 1 time in total.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by James Wilson »

Jacko, hoe lyk jou spoed wn hoveel skote skiet jy as jy groeppe toets?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Jacko »

James Wilson wrote: Jacko, hoe lyk jou spoed wn hoveel skote skiet jy as jy groeppe toets?
James, ek vlieg nou Noorde toe. Is 4 Nov terug. Sal jou dan PM.

Geen chrony (nog nie), drie-skoot groepe.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by James Wilson »

ok
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
willem

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by willem »

Hallo manne ,ek dink hier is mense wat sekere goed hoor en dit dan as die waarhied versprei,ek dink dit dat NOSLER  doppe 11 0 11 is dit is definitief nie in die selfde klas NORMA nie en so ver my inligting strekword dit nie deur NORMA GEMAAK NIE maar onder kontrak deur n fiiaal van Federal namelik silver state armory

M yNosler 25-06 doppe is na 3 skote kas toe ,en skiet met 270 Norma doppe wat ek af genek het na 2506 toe het hulle al twee keer anneal en het nou 15 skote geskiet die primer pockets is nog styf

Nosler is definitief nie die selfde as norma nie

Willem
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by JPS »

Hi,

Het nie Norma nie, skiet well met Nosler in my 25-06 en 30-06. Het sover 8 skote per dop gekry op die 25-06 en nog geen probleme nie, al 10keer geherlaai in 30-06 toe vervang nie omdat hulle klaar was nie ek wou maar net nie verder kans vat nie. Het die doppe by Safari gekoop begin van die jaar vir R410? Of daar rond.

Myne is defnitief geklas gewees, doppe het 48 uit 50 selde geweeg, die "flasholes" was  eenvormig en "gedebur",ens. Dus het ek bitter min case prep gedoen op hulle en ek kry tussen 8mm en 12mm groepe in die 25-06.

Net my 5c en ondervinding met die Noslers.

Mooi loop

JP
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Arnold »

Ek het al dieselfde terugvoer oor Nosler doppe gehoor.
Het hulle nog nie self probeer nie en los hulle maar in die kas aangesien Lapua doppe vir my kalibers maak :)
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by JPS »

Arnold ek hoor jou,
Vir my was dit maar geval van R400 of so vir 50 doppe of R1400 vir 100 doppe, vir die skietwerk wat ek doen is sub 20mm groepe in .30-06 heeltemal voldoende.
Met jou oorspronklike "black magic" post het ek vinnig daar gekom, dankie weereens daarvoor.

Mooi loop
JP
immelmanw

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by immelmanw »

willem wrote: Hallo manne ,ek dink hier is mense wat sekere goed hoor en dit dan as die waarhied versprei,ek dink dit dat NOSLER  doppe 11 0 11 is dit is definitief nie in die selfde klas NORMA nie en so ver my inligting strekword dit nie deur NORMA GEMAAK NIE maar onder kontrak deur n fiiaal van Federal namelik silver state armory

M yNosler 25-06 doppe is na 3 skote kas toe ,en skiet met 270 Norma doppe wat ek af genek het na 2506 toe het hulle al twee keer anneal en het nou 15 skote geskiet die primer pockets is nog styf

Nosler is definitief nie die selfde as norma nie

Willem
Hi Willem
Ek het laasjaar by die SHOT SHOW in Amerika die inligting van Darrick Wylie van Nosler self gekry terwyl ons, ons dealer agreement gedoen het! Dit is ook geen geheim dat Nosler Custom Competition koeels deur Sierra gemaak word nie, spesiaal vir Nosler in Nosler se eie dies. Dit is n feit dat Norma dit vir hulle maak, nie hoorse of spekulasie nie, dit is ook hoekom die doppe duurder is as Norma, Nosler doen die werk van die flasholes, de burr en weeg self.
Groete
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Arnold »

Sal Norma dan nou ander brass vir die Nosler doppe gebruik?
immelmanw

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by immelmanw »

Arnold wrote: Sal Norma dan nou ander brass vir die Nosler doppe gebruik?
Ek twyfel, hoekom sal hulle dit doen of wil doen?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by Arnold »

Ek weet nie ... koste?
immelmanw

Re: Nosler vs Norma Doppe

Post by immelmanw »

Arnold wrote: Ek weet nie ... koste?
Dit is dan duurder as die Norma?
Post Reply