Page 1 of 1

.243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 6:28 pm
by Hilux01
Ek is opsoek na bietjie hulp met my broer se Sako 243

Ons was einde Junie in die Bosveld en hy het dit goed gedink om van die rooibokke en vlakvarke plat te trek met sy nuwe .243
Hy het destyds geleer jag met die kaliber en dit is waar die voor liefde vir kaliber begin het. Ons het gejag op familie vriende se plaas en hulle is gelukkig daarmee as ons die kaliber vir rooies en varke gebruik, weet meeste van die Bosveld plaseverkies minimum van .270 deesdae

Probleem was, hy het met fabrieks ammo gejag en van die blad skote het nogal skade gemaak. Ons wil verseker begin herlaai, hoe kan ek die snelheid bietjie afbring en dit meer aanvaarbaar te kry vir die Bosveld jag (korter afstande?)

Henk

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 7:15 pm
by Jacquesb
Hi Henk
Kontak Magnum. Hulle het 'n paar jaar terug 'n volledige artikel op die presiese onderwerp geskryf. (Koos Barnard dink ek) Daar sal jy 'n back copy kan kry. In 'n ander Magnum was 'n goeie artikel oor .243 herlaai oor die algemeen.
Hoop jy kry dit!
Sterkte

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 7:34 pm
by VdWalt
Koos het die 243 met 100gr Hornady RN gelaai - as ek reg kan onthou was die
teen 2400 fps. Kan nie die lading onthou nie  :-[  maar daai was een van die mooiste
patrone wat ek nog ooit gesien het! Hy het jong vlakvark sog geskiet en die koeel
het redelik mooi bymekaar gebly.

(as ek darem my skool werk so kon onthou het! Hie hie)

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 7:36 pm
by tripodmvr
Gebruik koperkoe?ls dan kan jy die spoed nog hoog hou en minder vleisskade kry.

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:15 pm
by Hilux01
Dankie manne

Ek waardeer die insette
Ek gaan Koos in die hande probeer kry

Ek hou julle ophoogte, daai 2400ft/sec klink baie goed

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:58 pm
by Koos Barnard
Hilux
Ek het vir jou 'n pm gestuur. Nagelaat om te s? watter koe?ls ek gebruik het. Dis Hornady RN maar jy kan dieselfde ladings (29.5gr tot 31gr S335) gebruik met enige premium 90 tot 100gr koe?ls. Die Hornadys is maar sag so ek sal eerder Rhino (as die geweer met hulle groepeer) of Nosler Partitions gebruik.
Mooi loop

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:05 pm
by Jacquesb
@ VdWalt

'N mens onthou mos maar die interresante goed wat die belangstelling prikkel.

Groetnis
Jacques

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Wed Jul 11, 2012 10:16 am
by Hilux01
@Koos

Baie dankie, eks al bietjie gaan huiswerk doen oor die koe?ls

Ek hou julle op hoogte

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Fri Jul 13, 2012 1:28 pm
by Pumba30-06
Dag se almal.
Hilux ek is nie n gesoute herlaaier al nie maar met 90gr E-Tips is my skade baie beperk teen 3000fps.
Die ander manne sal meer weer maar met my lading ontwikkeling het ek met S385 gespeel en 100gr PMP punte en op minimum lading begin in die Somchem boekie en my spoed het begin onder 2500fps as ek reg onthou.
Net so ekstra 2c.
Groete
Jurgens

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Mon Jul 16, 2012 7:47 am
by Hilux01
Jurgens

Dankie, ek gaan verseker bietjie met die 100gr koeels begin speel, ek reken as ons dit so teen 2600vt/ sek kan hou sal hy minder skade kry onder 100m op rooies en vlakkies

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Sun Mar 31, 2013 10:32 am
by Hein22
Hi, weet iemand dalk watter uitgawe van die magum die 243 toetse vir bosveld ladings gedoen was?

Hein

Re: .243 lading en koe?ls vir Bosveld Jag

Posted: Sun Mar 31, 2013 11:25 am
by mariusr
Henk ek sal nie twee keer dink om die 243 met Rhino punte te laai vir bosveld jag! Ek gebruik die met groot sukses op rooibokke en varke en as dit moet sal ek tot koedoe koeie met geruste hart skiet met 100gr Rhino punte! Vleis skade is minimaal al is die spoed naby 3000 vt/sec!

Groete