Page 1 of 1

Nuweling

Posted: Mon Jul 09, 2012 9:04 pm
by PaulM
Hallo vanuit Piet Retief,

Bly om op die forum te wees, dit lyk of hier lekker gesels word in ons eie taal!

Sopas terug van 'n wonderlike jagnaweek te Mkhunyane, sommer hier naby. Het op die oomblik 'n Brno 30-06,
Winchester Defender 12-boor, Anchutz 1400 .22lr, Ruger Mini-14 en CZ75. (Laasgenoemde 2 vir sportskiet). Dan
soek ek huidiglik 'n ligter jaggeweer (vir die laaitie natuurlik, Vrou) en die CZ sal ook moet plekmaak vir 'n meer
gepaste produksiepistool (ek neig na 'n Shadow se kant toe....)

Ek sien uit na die gesels, en glo dat hier sommer baie waardevolle kennis op die forum te vinde is.

Re: Nuweling

Posted: Tue Jul 10, 2012 1:49 pm
by FHM
Dagse PaulM en baie welkom hier by ons groepie.
Ek vertrou jy sal dit net soos ons baie geniet hier - ons sien uit na jou deelname.

NB: Mens kry gas hierso as jy van n jagtrip gesels en nie fotos plaas nie...dis jou eerste tip!  ;)

Re: Nuweling

Posted: Tue Jul 10, 2012 2:00 pm
by FCLoretz
Welkom Paul

Re: Nuweling

Posted: Tue Jul 10, 2012 3:20 pm
by Pvdw
Welkom Paul, jy is defnitief nie aleen van Piet Retief nie. Hier is nog manne van daar.

Peet

Re: Nuweling

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:19 pm
by theedge
Welkom maat Baie bly om kennis te maak en weet saam gaan ons dit geniet

Re: Nuweling

Posted: Thu Jul 12, 2012 3:15 am
by visstok
Welkom Paul, hoop jy geniet dit hier saam ons!

Groete Alex