Lees die handleiding.

Post Reply
Fanie

Lees die handleiding.

Post by Fanie »

Daai duuuuur scope wat ek gedink het in sy Petrus Oberholzer en seuns in was ne'...

Ek het toe nou maar te einde laaste uit moedelose desperaatheid die handleidig gevat en gelees.  Wel die scope werk in elk geval nie reg nie so daar is nie veel meer wat ek met hom kan doen nie, kan net sowel iets lees.

Dis mos ALTYD die heel laaste ding wat mens doen, dis mos nie eintlik nodig om handleidigs te lees nie want ons weet mos reeds so te se net mooi omtrent alles van alles af. 

Dis meestal gewoonlik makliker om die ding terug te vat met die voorneme om hom iewers te gaan indruk en hom om te ruil vir een wat die ou in die winkel reeds vir jou reg gestel het oor jy nie kan lees nie.

Die antwoord, as ek nou WEER vra, OK, is die voorste lens kan ook stel.  Die voorste lens stel en jy sluit hom met die buitenste ring.  Die scope sien nou naby en ver, dit lyk al amper reg. 

Nodeloos om te se die 'antwoord' staan, soos te wagte, in die heel laaste paar lyntjies van die handleiding geskryf...  Tipiese handleidig skrywers, die produk naam staan groot en die antwoord is klein 4 5 C.

Ek kan nou die mossie se voet op 200m+ af skiet as hy vir my tekens wys ;-)  Sonder die scope kan ek nie eers die mossie sien nie.

En moenie vergeet nie, die klient is altyd reg !

Cheers
Post Reply