Page 1 of 1

Blesbok vs Bontebok

Posted: Mon Jul 09, 2012 8:57 am
by Cobus(Cobb)
Ek het gou weer bietjie gaan Google asook my "Mammals of SA" boeke nader getrek oor die verskille tussen die 2.
Ongelukkig is ons stadsjapies nie alte gereeld in die bos/vlaktes om die twee heeldag uit mekaar te ken nie...
Ek het maar altyd gedog die vaal skof/skouers, asook die split/in twee deel,  van die wit oor die neus v/d Bontebok, is die verskille...maar nou sien ek die foto van Gerhard hieronder, kan 'n ou lekker deurmekaar maak en dalk jou beursie in sy maai in skop as jy die foutjie begaan.

Julle manne met die bos oog...gee bietjie duidelike tips om die 2, veral oor v?r afstand uit te ken.
(Moenie vir my s? die boer hou net die een of die ander aan nie, dis nie wat ek vra nie) ;)

Ek luister graag
Cheers

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Mon Jul 09, 2012 10:25 am
by Carl
Cobus ek weet jy vra dit nie maar ek gaan dit s? die manne wat ernstig is oor Bonte bok teel en boer sal nie die 2 in dieselfde kamp laat loop nie. Indien wel is die bok nie die ekstra geld werd nie s? vir die boer dis net biltong;-) bok. As die 2 wel saam loop sal die beste wees om die call vir die Boer/PH te gee.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Mon Jul 09, 2012 9:43 pm
by Cobus(Cobb)
Lud, Carl...dankie vir die replies....as ek kyk na die 80+ manne wat view maar nie antwoord nie, is ek bly om te sien eks nie die enigste een wat sukkel nie...

Cheers

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Mon Jul 09, 2012 9:48 pm
by tripodmvr
As ek wil bontebok trofee skiet sal ek baie v?r suid ry. In die noorde is te veel saamslapery en die bokke is net goed vir biltong. Trofee word deesdae net uit geregistreerde kuddes aanvaar. As jy dus trofee wil skiet maak seker van jou saak - en ry v?r suid.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 1:42 am
by tripodmvr
Bontebok se horings is korter as blesbok. Tensy die bokke ossies van gemaak is, sal ek maar weer verder suid ry. Ander buurman se bok het kom kuier - en hy is bles van ouderdom.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 2:54 am
by junglejulian
bontebok het n duidelike wit kruis gedeelte op sy gat en het wit 'sokkies' aan wat tot bo sy kniee kom.die blesbok is swaarder as die bontebok en die horings gewoonlik groter.horings bly swart en word nie vaal wit lhoe ouer hul word nie.die bontebok se horings is ook nie swaar gerif nie.hul min standaarde vir RW verskil ook.of die blesgedeelte op sy voorkop aan een is of gesplit is maak nie saak nie.die kom by albeigevalle voor.die pensgedeelte van n bontebok is ook heetamal wit tot tussen die voorbene.verder is dit wat die manne noem van DNA en geregestreerde plase ook waar.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:51 am
by iceman1982
Julian,
Stem saam. As jy gereeld met die diere werk, is daar nie manier dat jy n bontebok vir n blesbok van verwar nie. Hulle lyk darem heeltmal anders. Soos jy ook se, die grondeienaar kan n sertifikaat kry wat waarborg dat die groep diere nie gebaster is nie maar 100% skoon bontbokke is.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 11:54 am
by G-force
Die een is bles,die ander bont.Maklik.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 1:44 pm
by Cobus(Cobb)
iceman1982 wrote: Julian,
. As jy gereeld met die diere werk, is daar nie manier dat jy n bontebok vir n blesbok van verwar nie. Hulle lyk darem heeltmal anders. .
En hoe doen ek, wat 3, 4 keer as ek baie gelukkig is, in die bos kom, dit?? ???

Cheers

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Tue Jul 10, 2012 4:55 pm
by iceman1982
Cobb wrote:
iceman1982 wrote: Julian,
. As jy gereeld met die diere werk, is daar nie manier dat jy n bontebok vir n blesbok van verwar nie. Hulle lyk darem heeltmal anders. .
En hoe doen ek, wat 3, 4 keer as ek baie gelukkig is, in die bos kom, dit?? ???

Cheers
Cobus,
Die maklikste om mee te begin is om te weet dat hulle nooit mag saam loop op een stuk grond nie. So, of die boer het Bontebokke, of hy het Blesbokke, maar bie altwee nie. n Bontebok sal jy sommer sien lyk baie netjieser as n blesbok. Sy lyne is duidelik, met sy groot wit kol op sy gat en dit lyk asof die perd nou net uit die beauty shop uitgeloop het. Trek twee fotos op van die twee langs mekaar, dan sal jy sommer vinnig sien. Soos al genoem is, n Bontebok ram se horings kry nie daardie ivoor kleur soos n Blesbok ram sin nie. Hulle bly swart. n Klein merk, is dat n Bontebok se ringe om sy horings, reg om gaan, waar die ringe van n Blesbok net voor is, en weg raak na agter.

Re: Blesbok vs Bontebok

Posted: Wed Jul 11, 2012 9:12 am
by Geno
SA Jagter tydskrif Mei 2012:

Image

Image