Page 1 of 1

Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 1:29 pm
by vlakvark1
Ek het nou so paar bosvarkies laat bakkie ry maar het nog nooit van die vleis ge?et nie. Het enige iemand dalk n idee vir bosvarkvleis?
Wat maak mens daaruit? Ek verkoop gewoonlik die varke maar wil graag die goed proe want die vleis lyk lekker en is vetter as n landras vark

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 1:44 pm
by DWB
Sny hom soos skaap op.

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 3:39 pm
by vlakvark1
DWB wrote: Sny hom soos skaap op.
Is hy nie bietjie WILD nie of gooi jy maar bietjie speserye ???. Wat van gaarmaak op die stoof of op die kole. Gee bietjie raad asb ;)

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 3:47 pm
by DWB
Eet hom soos skaap ;D

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 5:00 pm
by Marc
POT POT POT , jy hoef niks spesiaal te doen nie  ;D  Braai, pot of pan, hy bly 'n wenner  8)

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Sun Jul 01, 2012 9:29 pm
by mossie
Vlakvark
Vat die boud en laat le vir n dag in dikmelk, karringmelk of ongegeurde jogurt. Spoel goed af en kry n klein bottel gherkins. Eet die gherkins en spuit die boud in met die sous van die gherkins. Stadig oornag in die oond of op die spit. In beide gevalle smeer jy buite lekker sixgun grill speserye. Bel my as jy dit voorsit- ek sal die fight beheer want hulle gaan mekaar @#$%#$$$% om die laaste bietjie te kry!!!!

Lekkerrrrrrr!!!!!!!!!!!!

MOSSIE

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Mon Jul 02, 2012 7:25 am
by Gerhard
Nee wat ...

Jy kan nie jou mond aan daai slegte vleis sit nie..

Stuur maar vir my...  :laugh:

Tjops, Spare Ribs, Nek, blaaie, boude...

Alles is baie lekker vleis

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:10 pm
by Dweetster
Dit maak ook lekker kaas wors.
As jy hom braai gooi suurlemoen oor jou tjops met lekker geelsout of gewone sout en kolyander.
Daai ding is mooi.

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:44 pm
by vlakvark1
Dankie almal sal bietjie probeer en sal aan julle dink as ek smul aan daai vleisie ;) ;)

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Tue Jul 03, 2012 10:45 am
by johnny
Dit maak heerlike sosaties , enige resep ksn gebruik work, onthou bietjie skaapvet tussen in, Maak die boud gaar soos n gewone landras vark maar stop met kaasworsies wat jy met n vurk gate ingesteek het gebruik so 8 tot 10 worsies

Re: Wat gemaak met bosvark

Posted: Tue Jul 03, 2012 5:11 pm
by Dweetster
Ek moet dit probeer.