Page 1 of 1

Snipers

Posted: Sun Apr 04, 2010 5:18 pm
by Mac
Image

Re: Snipers

Posted: Sun Apr 04, 2010 8:13 pm
by Christo
Mac

Ek het nou net 'n boek klaar gelees genaamd "Stalkers and Shooters" wat gaan oor snipers en daar is ook lewenservaring in van polisie, weermag, en die Marines se snipers in USA. Dit is baie insiggewend tot hulle werksaamhede.

Die woord "Sniper" kom van iewers in die musket era af toe die Engelse 'n vo?ltjie genaamd 'n "Snipe" gaan jag het. Die vo?ltjie het homself goed gekamofleer op die grond en op die laaste oomblik opgevlieg en met 'n paar sidesteps weggekom. Die jagter moes die vo?ltjie met sy musket skiet en voorsorg getref het vir die timedelay van die geweer en ook die Snipe se bewegings in die lug. Wanner jy dan gaan jag het het jy gaan "snipe" en as jy suksesvol was het hulle jou dan 'n "sniper" genoem.

Ek wonder hoeveel van ons weet waar die naam vandaan kom ??? Ek het dit eers in die boek raakgelees.

Christo

Re: Snipers

Posted: Mon Apr 05, 2010 6:55 pm
by KSV
Ek het die boek Sniper deur Adrian Gilbert gelees. Ek het hom net so geniet.

Ek het n ekstra kopie vir R100 en posgeld. Moet nie vra nie, toe ek bestel het wou die krediet transaksie nie werk nie, eers na die 3de keer het hy deurgegaan. Verrasing in die pos drie pakkies!

KSV
Hein

Re: Snipers

Posted: Mon Apr 05, 2010 7:36 pm
by Gerhard
Hein,

Stuur asb vir my PM met besonderhede.

Ek sal die boek by jou vat.

Groete

Re: Snipers

Posted: Mon Apr 05, 2010 7:45 pm
by KSV
Gerhard,

Waar woon jy? Ek kom einde van die maand af Pretoria toe
Sal m?re jou b lui gee.

Hein

Re: Snipers

Posted: Mon Apr 05, 2010 8:08 pm
by Biker
CHRISTO

Dit is baie intressant omtrent die woord sniper . Ek het van daai Snipes hier in die vlei en jy moet hulle sien vlieg om te sien hoe hulle 'jinks'. Ek sal nie eers droom om hom met n' musket te skiet nie!

BIKER

Re: Snipers

Posted: Mon Apr 05, 2010 8:10 pm
by Hein M.
Christo,

Ek het daardie feit opgelet op Discovery met 'n gedeelte oor snipers.

Hier is 'n nuttige link vir die van julle wat verniet oor die onderwerp wil lees...

http://www.sniperworld.com/content.aspx?ckey=sniper_world_pdf

Hein M.

Re: Snipers

Posted: Tue Apr 06, 2010 6:35 am
by Gerhard
Kalahari Sands Varminting wrote: Gerhard,

Waar woon jy? Ek kom einde van die maand af Pretoria toe
Sal m?re jou b lui gee.

Hein
Hein,

Ek werk in Cato Ridge in Natal.

Groete