6.5 x WAT???

User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Manne/vriende ek vra hulp asseblief.

Agtergrond:
Ek is in die proses om 'n wapen te laat bou vir 'n juniorskut in ons klub.  Die dametjie skiet tans 'n 303 en sy vaar redelik tot baie goed - maar sy word regtig teruggehou deur haar toerusting.  Tydens die afgelope Noordkaap President Skiet het ek haar my 243 geleen om die Vlakte tabel te skiet - sy skiet toe 'n 260 uit 'n moontlike 270!  Ek ken bittermin volwasse skuts wat dit kan doen.

Die arme pa trek maar swaar onder die jongspan want daar is vyf skuts in die gesin wat almal kranige skieters is, so om ekstra gewere te bekom is vir die man 'n pyn.

Ek het haar pa egter omgegooi om 'n paar rand te spandeer en vir die meisiekind 'n ordentlike roer te laat bou.  Die keuse het op iets in die 6.5mm kategorie geval - lekker ho? BC's, goeie slaankrag, beter looplewe as die 243 en 22-250's, puik langafstand kapasiteit en die wapen kan gebruik word vir die skiet van die meeste van die SA Jagters se tabelle.

My vraag:
Watter 6.5 is in jul mening die beste onder die klomp?  My kop staan na die 6.5x55 agv die beskikbaarheid van die komponente, ek is al een keer deur die wildcat lopie en dit is 'n duur stokperdjie daai.

Hoor graag van julle.

Jaco
Last edited by Guest on Thu Apr 01, 2010 4:49 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
Danie Lombard .243

Re: 6.5 x WAT???

Post by Danie Lombard .243 »

Dage se ou Jaco.

Man, siende dat die dametjie so mooi presteer op die vlakte tabel, 260 uit 270, kan jul beslis vir haar 'n roer laat aanskaf.
En sluit aan by jou keuse t.o.v. kaliber groote nl. die .260 kal of te wel die 6,5mm Dit is dus sommer 'n veeldoelige kaliber groote en sy kan dan dus met een geweer/teleskoop komninasie albei die president skiet tabelle nl. die vlakte en die bos skiet. Die .260 " kal in toelaatbaar vir die bos tabel.

Mag ek my keuse gee vir 'n dop groote?  My voorstel is die 57mm dop. Die 6,5X57 is herlaai vriendelik, het 'n effe lang nek wat loop leeftyd bevorder, herlaai komponenete is vollop beskikbaar, die wapen het 'n lae terugskop vir 'n dames skut, en die balangrikste is die puik BC wat verkry word met die 6,5mm/.260 " punt. Die punt is nie wind sensitief soos die .30 kal nie, en behou spoed baie goed, dus 'n lekker plat trajek.

Hier is tans 'n nuwe mode onder die skuts, en ek se dit met 'n smile op my gesig. Dit is oor die 6,5-284 kal. YIP!! Hy is goed, maar nie so goed soos al sy nadele nie, eet lope op, matryse is duur, doppe is duur, en blykraar is reamers ook skaars ens.

Die 6,5X55 is ook 'n goeie keuse, maar soos jy weet is die 6,5X57 net daai rapsie beter.

Bemagtig asb. die dame skut. As sy skiet soos jy se, is sy beslis 'n groot aanwins vir jul tak en die SAJWV. Dames skuts is skaar in die vereniging, en dit is tyd dat 'n vrou die MANNE so bietjie op hul neuse laat kyk.

Het sy al 'n vaardigheids kursus voltooi soos bepaal deur die vuurwapen wet 60 van 2000? Is sy bo 21 jaar ouderdom?
Ek weet nie waar in die wereld is jul vanaf nie, maar as sy 'n vaardigheids kursus benodig sal ek help.
As jul hier in my wereld is,of hier verby kom in die nabye toekoms,  kan sy die kursus in wapen vaardigheid by my opleiding instansie kom voltooi, vir slegs regestrasie fooie. Ek sal ook help met 'n sport skiet status kursus, soos bepaal deur artikel 16 van die wet.
Sy moet dit dan net hier by lesings lokaal en skietbaan kom doen.
En as jul nie hier in my wereld kan draai nie, dink ek sekerlik daar sal iemand wees daar in jul geweste wat sal help met so 'n vaardigheids kursus, ook teen 'n goeie afslag, sal ek reken.
Jul moet nie die skut uit jul tak uit verloor nie.

Kontak my gerus vir hulp.

Danie.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Jagtersdok »

Ek is 100% met Danie op die 6.5x57. Fantastiese roer en soos hy s? herlaai vriendelik
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Danie en JD

Dankie vir jul terugvoering - ek gaan bietjie navorsong doen op die 6.5x57 en dan gaan ek julle op hoogte hou van die vordering.

Die parte soek begin nou in alle erns - aksie, kolf, loop, teleskoop en al daai nommers.  Sal later 'n foto plaas van die junior met haar teiken.

Groete.
Dont tell me, show me......
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by DSBW »

Ek hoor wat Danie s?, die 6.5 x 57 is 'n lekker roer, maar my voorstel sou die .260 Remington wees, net omdat .308 en .243 doppe gebruik kan word, en die gekoopte .260 Remington doppe in elk geval nie duur is nie. Die .260 Rem is ook effens ligter op 'n loop as die 57, alhoewel al drie kombinasies ter sprake baie redelik op 'n loop is.

My voorstel

Dawie
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

ImageImage
Dont tell me, show me......
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Jagtersdok »

Daai is darem baie netjis. Veels geluk
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Janjak »

Jaco,
as ek ook my 2c kan bysit.
Kyk miskien na die 260Rem ook. Al sy komponente is beskikbaar en hy doen beter met daai 243/308 dop as die 6,5x57. Ek het self die 57 geskiet en hou van hom maar sal veel eerder vir n 260 gaan. Die AI doen nog beter maar die herlaai werk is aansienlik meer as met die gewone 260.(dopper hervorm ens)

Dink die 260 is ook meer akuraat ook as die 57? My 6,5x57 het gesukkel om te groep en al die 260's wat ek van weet groep mooi.
Danie Lombard .243

Re: 6.5 x WAT???

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo manne.

Yip, die .260 Rem is beslis 'n puik kaliber. Weereens 'n 6,5 mm punt.

Daai is wragtie sommer 'n baie goeie telling op die vlakte tabel. Doen so voort.

Danie
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Jagtersdok »

Dit sou ook my keuse wees of 6.5 x57 of 260 Rem
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

M?re

Ek het in my soeke na 'n 6.5mm die 260 Rem oorgekyk - weetnie hoekom nie - wou op 'n stadium vir myself ook een gebou het, maar is eers gesidetrack deur 'n 7mm Rem!

Het weer deur my stapels uitgeprinte navorsing gegaan en julle is heeltemal reg - die 260 behoort 'n baie lekker kaliber te maak.  Gelukkig is ek en Gerrie C op 'n baie goeie voet - hy het my 243 gebou - hopelik sal hy hierdie projek ook vir my bou.

Moet nou net die idee aan die junior se pa verkoop - hy is self 'n 300WM man, maar hy waardeer 'n akkurate roer.

Danie

Net so biertjie terugvoering vir jou - sy is 'n lid van SAJWV en het reeds die toegewyde jagters kurses deurloop.  Sy is voorwaar 'n aanwins vir die plaaslike tak en die beste van alles is dat haar hele gesin deelneem aan alle skiet aktiwiteite - help met die re?lings, uitpak en opstelling van die bane, adfministrasie, koordinering van die aktiwiteite tydens die skietdae, opruiming en wat nog alles! 

Om die waarheid te s? - die hele gesin skiet GOED, bie GOED.  Haar ouer broer het op dieselfde dag as wat sy haar 260 op die Vlakte geskiet het self 'n 260 op die Bosveld geskiet, met pa se 300Wm.  Kleinsus is bietjie temperamenteel en haar skiete is maar so bietjie op en af - party dae skiet sy puik en ander dae nie so goed nie.

Groete.

Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

Laat n man nou met sy eie roer so onder die stof geskiet word!

Ai die baanoffisiere wat so sleg tweede kom op sulke groot dae?

Se ou Gerrie moet regmaak om vir my ok nog n roer te bou?

KSV
Hein
Last edited by KSV on Tue Apr 06, 2010 10:17 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
tafjak

Re: 6.5 x WAT???

Post by tafjak »

Jannie


Kyk miskien na die 260Rem ook. Al sy komponente is beskikbaar en hy doen beter met daai 243/308 dop
Wonderlike ou dop darie, lyk my alles in hom werk.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Hein

Ek weet nou nie meer wat ek moet maak om ons manne wat optree as baanoffisiere op skietdae ook 'n gelyke kans te gun om goed te skiet op die skietdae nie.  Al waarvan ek seker is is dat ons konstant swak skiet as ons die dag optree as baanoffisiere.  Ek(en meeste van die ander manne wat optree as BO's) skiet heelwat beter as ek op ander bane loop skiet.

Jy praat van nog 'n roer........lyk my ons gaan tog maar die 260's op die einde van die dag laat bou.  Sal graag bietjie na jou Howa SS aksie, of "Wha-wha" soos Dirk s?, wil kyk - miskien laat kom ek vir my ook 1.

Vroulief gaan my nog kruisig oor al die skietgoed - ek is reeds besig om solank die 204 se parte ook bymekaar te kry, kleinman is een van die mooi dae ook aan die skiet en dan moet daar 'n skietyster vir die man wees wat werk. 

Het gister helder oor dag 'n dors jakkals by 'n krip raakgery - naaste roer was die gaatjievisier 303 P14 gelaai met daai platpunt Frontiers!  Jakkals staan en loer nog so vir ons bo-oor die krip toe looi Hein Wait hom. Hy was darem gelukkig genoeg om die krip te mis en die jakkals te tref.  Toe ons by die hond kom het hy hom net onder die oog getref!

Ek is seker daai krip hou nounog sy asem op.

Lekker middag.   
Dont tell me, show me......
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Janjak »

Jaco,
en as jy daii 260 Ackley.........?
140gr teen amper 3000??

Taffie,
ja hy loop maar mooi.
Donderdag my 308 gaan toetsladings gegooi en ek was baie tevrede.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Janjak

Die opsie om die 260 te"ugly" word sterk oorweeg vir my eie roer.  Kry skoon hoendervlei as ek net daaraan dink!

Groete.

Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

Is jou neus toe?
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Ek dink een of ander Jakkals het my verwens!  Ek wou vanaand 'n draai gery het.

Ek voel asof 'n lorrie oor my gery het - lyfseer, keelseer my gesig pyn laat ek eintlik seerkry as ek die rekenaarskerm kyk.  Die kleinman was die hele naweek siekerig en om hom uit Riana se hare uit te hou het ek hom maar so bietjie by my in die herlaaikamer laat kuier.  Nou is hy beter en ek is so siek soos 'n hond.

Jy moes vanoggend die klomp tswana's in my shop sien uitmekaarspat toe ek in die middel van koukus so bietjie oorkook!
Hulle was doodseker "die voorman" gaan opslag vrek.

Dokter hy my jack vol naalde gedruk en opslag met 2 dae plat-in-die-bed-griep gediagnoseer. 

Gelukkig is die herlaaikamer net langs die slaapkamer so ek mag seker so 'n bietjie herlaai ook.

Van die os op die jas - jy stel nie dalk belang om die Vrystaat President Streekskiet op 10 Mei daar by Natie hulle te loop skiet nie?  Ek dink daaraan en ou Albi het genoem dat hy , Ida en Hannes ook belangstel - sal maar net sien wat kom.
Dont tell me, show me......
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

Het jy die grond nou skrikgemaak? Daai aand wat jy die grond bangemaak het en Zyle jou so gevloek het. Kry altyd so dik smule as ek daai dooie honde se reuk kry!

Sal jou m?re laat weet. Die 10de is darem nie oppie vrou se verjaarsdag nie.

Groete en klim nou innie bed, anders gaan die 2 dalk langer word.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Hi Manne

Darm ook gou my 2c ingooi.

Julle sal nie n fout maak met daai 260 Rem nie, glo my vry, ek dink dis die way to go.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by 243Songdaug »

Middag Fransois.

dit lyk my ons gaan die 260 pad loop - my navorsing is inplek so nou moet die dinge net bymekaar kom.

Ek dink daaraan om die loop 'n 1:9 groefdraai te maak - stem jy saam?  Ek het jou 260 nou die middag gesit en uitkyk - netjiese roer daai.

Mooi naweek.
Dont tell me, show me......
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Jaco

Ja, 1-9 twist, Whalter Match loop, op die oomblik skiet ek net 120gr punte in hom, Sierra MK, so teen 3050 ft/sec, 43.5gr S365, en ook Nosler BT selle lading, so 3100 ft/sec. Albei punte skiet heel goed, redelik maklik onder n duim, het nog nie regtig moeites gedoen vi n goeie groep nie. Ek het net 243 Norma doppe deur n 260 Necksizer gesit, hulle het mooi toegemaak in my aksie en het hulle na die eerste skiet full gesize, en daarna net neck-sizeing gedoen.

Mooi loop, hoop die dame geniet haar geweer, ek doen.
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

FM,

Hoe lyk die groepe met fireform?

As hulle dan al redelik is kan man mos lekker oefen met die ammo.

KSV
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 6.5 x WAT???

Post by Francois Marais »

Hein

So 15-18mm, het nog nooit weer groepe geskiet nie, wel al twee Gemsbokke met hom geskiet op oor die 500m, altwee kopskote.

Het hom gebou nadat ek met n Amerikaner gejag het wat een gehad het, en hy het my gese ek gaan dubbel die skote op n loop kry as wat ek met n 25-06 kry.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: 6.5 x WAT???

Post by KSV »

FM,

Ek het ok eens 'n 25 besit en die man wat hom oorgeneem het het die loop in 'n jaar en 'n half uitgeskiet.

So my projek sal ook seker eindig as 'n 260.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply