Springbokjag - Stampriet

Post Reply
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Springbokjag - Stampriet

Post by Piet Pille »

Right manne- dis tyd!!!!!!! :D :D :D

Ek ry more-middag Windhoek toe waar ek met die res van die 4-man kameraadskap ontmoet. Dan is dit vroeg Sondag-oggend Stampriet toe.
Sondag sal ons uitpak en gou die gewere toets en dan begin skenkelpot kook in die rooiduine terwyl ons beplan en mekaar probeer oortuig wie nou eintlik die beste skote gaan skiet oor die volgende drie dae. ;D
Ook die reels en strawwe vir die gebruiklike "hofsitting" saans om die vuur word sondag deurgetrap terwyl ons wag dat daai vleisies sag kook, terwyl Oom Bruin Skoene die koue moet wegjaag.
Ons sal maandag tot Woensdag jag en dan Donderdag terug Whk toe. Ek laat weet hoe dit gegaan het as ons vlgde Sondag DV terug is met hopenlik 'n paar mooi foto's om die storie te help vertel.

Mooi loop!
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Trevor »

Pieter by wie gaan julle skiet? Ons plaas is ook op Stampriet, plaas Hoogenhout, Jan Leppen is ons plaas bestuurder daar.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Frederik »

Lekker geniet dit  ;D
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
ablm468

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by ablm468 »

Stampriet is my wereld, ek het al daar by Oom Tiensa Fourie op Happyland gajg, mooi wereld dai, het al diep spore daar getrap. 

Man hoe verlang ek nou. :'(
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Piet Pille »

Boskind wrote: Pieter by wie gaan julle skiet? Ons plaas is ook op Stampriet, plaas Hoogenhout, Jan Leppen is ons plaas bestuurder daar.
Goeie More,

By Joggie Briedenhahn (Hartbeestloop). 'n Pel van my hier van Grootfontein af, is PH daar (Barend Dorfling).

Dit is my eerste keer op die plaas, ek jag gewoonlik oos van Kalkrand (Leon van Wyk - Holmdene).
Kannie wag nie, maar ek is tans nog by die werk  :( :( en weet nie hoeveel dekades nog moet verloop voor dit eendag eenuur is nie.
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Cor Jacobs »

More almal,

Was een van die lede gewees saam met Pieter op die jag daar bt Stampriet. Wat n besondere n jag was dit gewees!! Het lanklaas so baie gelag en lekker gekuier. Pieter, jy is n jagmaat duisend!
Dan het ons gelukkig ook n paar mooi bokke geskiet, eintlik besondere mooi bokke. Moet se dat ons gids die beste is waarmee ek nog gejag het. Lanklaas so n geduldige persoon, met n baie skerp oog, en kennis gesien.
En dan natuurlik die gebruiklike strawwe saans om die vuur was nog n hoogtepunt! n Mens moet seker nie te veel uitwei hieromtrent nie...
Die plaas Hartebeesloop is baie groot en besonders mooi. Die jagkamp is baie goed ingerig, en die hele jag was net uitsonderlik lekker.

Dit was regtig n vooreg om saam met die mede jagters te wees en weg te breek vir n paar lekker jagdae.

Ek is seker as almal Pieter se fotos sien, sal julle monde sommer by voorbaat al water.

Groete,

Cor
.243 Mauser, .308 Mauser
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Cor Jacobs »

Ons groepie jagters saam daar op Hartebeesloop
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Mauser, .308 Mauser
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by spekieries »

Ja Cor

Dit is wat die "bleddie" Greenies nie verstaan nie. Dit is nie net die jag van die bokke nie, dit is goeie pelle, saam lag saam gesels en dan nog op 'n plek wat vir ons baie lekker is.

Ek kan sien aan die "smiles" dat dit 'n besonderse trippie was.

Nou die lang uitsien na volgende winter. Dit is mos wat die lewe die moeite werd maak.

Groete 
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Piet Pille »

Dagse manne/vroue,

Ons is terug in die wereld van horlosies, budgets, deadlines en belasting.......
Maar  laas week was een van die lekkerste jagte nog ooit. Puik reelings,puik kos, puik jagveld, puik vriende en meestal puik skote het van hierdie ene iets besonders gemaak!

Ons groep van 4 is Sondag oggend uit Windhoek weg oppad na Hartebeestloop tussen Stampriet en Aranos. Op die plaas aangekom is ons ingewag deur Barend , ons jaggids wat ek en Cor al ken van Grootfonteindae toe die man hier op skool was. Karre is afgepak en daar was die gebruiklike skietbaansessie waar elkeen gewys het dat hy die een is waarmee rekening gehou moet word oor die volgende 3 dae... Daarna is daar ordentlik vuur gemaak en al die moets en moenies is deurgetrap, en die eerste hofsitting het sommer klaar plaasgevind...... Intussen het Cor se Masterchef-gehalte skenkelpot op die vuur geprut.
Groot was Barend (jaggids) se verbasing toe die "Big black Box" of "Donker Doos" toekenningsoos ons hom noem, alreeds op aand een aan hom toegeken is, omrede hy volgens die groep die meeste missstappe op dag 1 gemaak het..... Klagtes het gewissel van "gebrek aan rooi tapyt met ons aankoms" tot "windgatgeid op die skietbaan met beste groepering".

Hofsitting
Image

Jagkamp
Image

Die vleis was murgsag en die OBS en staanvuur het die koue verdryf terwyl ons tot laatnag gelag en gekuier het.

Kampvuur
Image

Die volgende paar dae het die roetine gehad van wakker word met eerste lig, gou-gou koffie en ontbyt, vetrek na jagveld en jag na hartelus, breek middaguur vir lunch in die duine en dan weer 'n namiddag sessie tot so 4uur. Dan word die bokke slagpale toe geneem en die jagkar gou skoongespuit, waarna ons terug is na die jagkamp vir vuurmaak, stort, aandete, hofsitting en kuier tot laat. Daar het voorwaar mooi skote geval en die manne het hulle elkeen ook skitterend van hulle take gekwyt met sekure skietwerk. 'n GROOT pluimpe aan Barend, ons jaggids wat ook die beste is waarmee ek nog te doen gehad het- dankie mater jy sien ons beslis volgende jaar weer!

Tipiese rooi duineveld waar ons gejag het.
Image

"Cor die verskriklike........"
Image

"Barend kwadraat." Hier het Barend vir Barend gehelp sodat Barend darem ook 'n spogram kon skiet
Image

Cor met 'n mooi Ram
Image

'n regte "bakleigat ram" wat ek in die een kamp geskiet het. Let op die stomp gebreekte horings van al die titelgevegte.
Image

Ek, Barend en Cor wat elkeen die "Super Sniper" en "Donker Doos" toekennings gekry het  deur loop van die jagtrip.
Image

Cor met die "Super Sniper" wisseltrofee vir die beste skut oor die 3 dae. Geluk ou maat!!
Image

Ons het op die ou einde 39 springbokke tussen ons vier geskiet met 'n gemidelde gwig van 21.6kg.
Dankie vir Cor, Barend, Reinardt en Barend Dorfling vir 'n onvergeetlike tydjie. Volgende jaar is ons DV terug vir nog. L.W. -nie vroeer nie, want my maagspiere sal seker 'n volle jaar vat om te herstel van al die lag!

Groete
Pieter
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Cor Jacobs »

Pieter,

Dankie vir die fotos en die storie. Ongelukkig sal jy uit spasie uithardloop as jy al die lekker stories van die jag moet bysit, maar jy het dit baie mooi opgesom!

Hoop die ander lede geniet die fotos soveel soos ons die jag geniet het.

Groete,

Cor
.243 Mauser, .308 Mauser
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Piet Pille »

hahaha, ja ek het net die buitelyne geskets. Jy moet maar asb. invul daar waar ek vergeet het. ek sal later nog paar fotos bysit as ek 'n kansie kry
.270 Win Mauser aksie; .375 H&H Voere aksie; .303 British No IV Mk-I; 9mm Ruger SR9C. 243 Win Howa Varminter met Custom kolf, Tikka T3 Varmint in 204 Ruger..
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Dit lyk na n heerlike trippie en n mens kan duidelik sien julle het julself gate uit geniet het. Baie geluk met die mooi bokke en ook die goeie skietwerk. Ons is einde Julie ook in Stampriet se wereld en sien nou na die foto's al hoe meer uit!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Marc »

Man dit lyk lekker  8)

Baie geluk met die mooi bokke  ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Cor Jacobs »

More almal,

Daar is mos net een nadeel aan jag, en dit is om weer te moet werk... Sal darem veel eerder weer vandag daar in die koue vars veld lug wil deurbring saam met goeie vriende, as om op kantoor te wees en te moet werk. Maar nou ja, iewers moet n mens die geld genereer om op daai lekker wegbreke te kan gaan.

Wens ek het die tyd gehad om al die lekker stories van die jag met almal te deel. Ek dink elke groep manne het sy eie tradisies en gewoontes wat dit vir hulle spesiaal maak, ons was net n besondere groep wat lekker gejag het sonder dat dinge suur geraak het.

Elke aand het ons n informele " hofsitting" gehou om die dag se donkerdoos badge toekening, asook die dag se super sniper badge toekening.
Vir die eerste het die klagtes gewissel vanaf die absurde tot plein uit die duimsuigery. Hierdie oefening het vir groot vermaak langs die vuur gesorg soos wat die manne se verbeelding met hulle op loop gegaan het. Elkeen het dan ook n beurt gekry om die klagtes teen hom aan te hoor, en dan ook te probeer getuig ter versagting.. wat nie veel werd was nie. Elke aanklag is dan ok toepaslik gestraf met so halwe proppie van daai Duitse brousel. Waarskynlik het die sappies se smaak n paar manne aangespoor om die volgende dag net meer kompeterend te wees vir die spesifieke toekening, want elke aand was dit maar n "close call" om die grootste donker doos aan te wys.
Vir die tweede toekeing het elkeen iemand anders se besondere skoot van die dag genomineer, en ons PH het dan n  finale se gehad oor wat hy gevoel het die beste skoot van die dag was. Hier was dit maar "luck of the draw" eintlik, aangesien almal besondere skote geskiet het oor die paar dae.

Wat ook n rol gespeel het om die paar dae besonders te maak is die feit dat elkeen n kookbeurt gekry het om sy unieke kosmaak talente ten toon te stel, sodoende het niemand leeg gele nie en elkeen sy bydrae gelewer.

Overall was dit net n lekker en besondere jag wat elkeen sy kant gebring het op sy eie besondere manier. Ek weet vir die manne wat hier lees het elkeen sy eie jagervaringe wat vir hom besonders is, en ek hoop dat julle met die paar fotos en briewe van my en Pieter net so deeltjie kan ervaar van ons lekker unieke jagtog!

Groete,

Cor
.243 Mauser, .308 Mauser
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by FHM »

Baie geluk manne en dankie om die fotos en die trippie met ons te deel op die werf. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by Swys14 »

Dit lyk darrem na 'n lekker trippie daai, dis great om te sien julle manne het dit so geniet! Dit bly darrem maar n helse voorreg om so te gaan jag.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
foxripper
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 440
Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm

Re: Springbokjag - Stampriet

Post by foxripper »

Pieter, ken daai plaas goed, het ook al gejag daar.

Wouter, ek is ook einde Julie in Stampriet omgewing vir n paar bokke. Miskien loop ons mekaar raak daar tussen die bokke.

Groete,
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
Post Reply