Page 1 of 1

Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 4:38 pm
by Biltong
Dag almal,

Die naweek was ons familiejag en ek gefokus daarop om my twee meisiekinders kans te geen om elk 'n Blesbok te skiet. Ons was in die Vrystaat naby Vredefort waar dit ver en wyd is. Ons oefen gereeld met die .243's en ek en Bianca skiet ook SA Jaggeweer, maar het die laaste paar weke spesiaal voorberei vir lang skote op hierdie jag. Afstandskat met Mildots en teleskoopverstellings is getoets en geoefen deur almal terwyl afstandtabelkaartjies gemaak is om vinnig in die veld na te verwys. My Pa en swaer Cobus was ook saam -hoofsaaklik vir Blouwildebeeste op die bergplaas.

Ek het ladings ontwikkel vir elke .243 wat baie akkurate reslutate gelewer het met Hornady Interbonds -85gr @ 3270fps.

Vrydagoggend aangekom en ingeskiet -alles in die kol.

Na onsuksesvolle voorsitpogings in die oggend het ek en Bianca die middag 'n groot trop blesbokke bekruip nadat ons by die rivierloop afgelaai is. Nou kyk -hierdie wereld is oop en wyd en na lang begruip en zig-zag uit verskillende hoeke, is die beste skoot wat ons kon kry geskat op verder as 300m tot so ver as 350m. Bianca skiet met haar nuwe Howa. Ons stel die teleskoop 14 clicks op van sy 100m zero. Bianca staan met die tweebeen skietstok teen 'n dwars boomstam en le aan "kan ek dit doen pappa?", "ja jy kan". Die skoot klap-dis ver -ons kon nie hoor of dit raak was nie -ek sien vir 'n oomblik die ram wat uit die trop beweeg, die trop draai en verdeel in twee, ons sien niks verder. Onsekerheid tree in, maar stille vertroue is nog daar -gebore uit baie oefening.

Die groot trop beweeg weg -hulle het ons nie gesien nie. 'n Klein groepie van tien beweeg reguit na ons en staan en rontrippel in die lang gras. Dis my beurt oor die skietstok. Ek stel vir 200m - 10 cliks af. Die bokke draai en ek bewe te veel vir die kopskoot. Ek le aan op die volgende een wat reg staan -die skoot loop-bietjie hoog, maat klap hart. Bianca se hy het geval maar het dalk weer opgestaan. Ons wag 'n rukkie dat die trop padgee en loop nader -ons sien die bok wat le en skop - skoot hoog deur die kop, net agter die horings. Verligting! Nou vir die eerste een.

Cobus en Angelique kom aan met die bakkie, hulle het met die verkykers gesit en kyk hoe ons jag. "Het julle die eerste skoot gesien?" Ja hy het geval - net twee draaie gegee en op die plek geval. Vreugde en verligting! Ons loop en soek in die gras, kry hom uiteindelik. Gelukwense is aan die orde van die dag. Baie trotse Pa en dogter.
[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 012167.jpg[/img]
Ons neem fotos en laai die bok. Besluit om die afstande af te tree. Bianca gee lang tree maar loop aanvanklik effens skeef,  385 van hulle.  Ek skat haar skoot so 330 tot 340 meter. Ek tree 205 tree vir my skoot.

Die Interbond het baie goeie werk gedoen. Die bok het skuins na ons toe gestaan en met die ingaanslag die skouerbeen gebreek, hoog deur die hart, tot in die maag. Ons kon egter nie die koeel kry nie, ten spyte van ons beste pogings.  Die hart het net 'n klein ronde kalibergrootte gaatjie gewys.

Later die middag kry Pa sy Blouwildebeesbul met die .303 en Cobus sommer twee met die .375 H&H

Vrydagaand was baie lekker om die vuur.

Saterdag is Angelique se beurt. Ons sit voor en wag terwyl die bakkie die bokke roer vanuit die ver vlaktes van die plaas. Hulle is baie wild. Teen tienuur begin hulle in ons rigting beweeg -300m, hulle loop reguit na ons toe en sien ons nie, maar wil nie gaan staan nie - 200m. Angelque twyfel "moet ek skiet terwyl hulle loop"? Ek druk al ore toe en hoor nie mooi nie "reg voor in die bors"!. Skielik draai hulle en draf weg. Wat 'n frustrasie! Ons gaan maak brunch.

Saterdagmiddag sit ons op dieselfde plek. Hoop ons kom gou reg -vyfuur is rugby! Uiteindelik beweeg die trop nader dis 'n groot trop, met baie oge. Angelque het die driepoot wat sy verkies en ons sit in die skadu van 'n groot katstertbos. Die musgrave het 'n Burrus 4,5-14 met ballistic reticle. "Sit die tweede strepie onder op sy lyf" -die skoot klap en ons hoor dis raak die ooi hardloop 'n draai maar die trop hardloop nie weg nie - loop net stadig aan. Ons sit stil - die ooi gaan le. Sy staan weer op toe die trop aanbeweeg en draf agterna ek sien sy spoeg bloed  - maar skiet haar weer en sy val op die plek. Angelique en ek is baie bly. Sy tree 271 groot tree na waar die bok le. Haar skoot was skuins van agter en net bietjie te ver agter.Ons kry die Interbond onder die vel reg langs die ingangswond van die tweede skoot. Sy sny self die keel met haar jagmes. Ons neem fotos.

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 012190.jpg[/img]

Dis 15:25. Cobus besluit hy wil nog 'n Blesbok skiet. Sommer van die bakkie af. Ons kry die trop weer nadat hulle ons ver laat ry het. Dis16:25. Ons skat afstand soos ons naderkom aan die trop en meet meet met die mildots toe ons stop 400m -gaan nader. Ek bied aan dat Cobus met die ,243 skiet in plaas van sy.375. Die trop raak onrustig -ons kyk in die son in. Ons stop 250m. Die agterste bok staan oop. Die skoot klap mooi, maar klink dubbel. Daars twee bokke getref! Hulle trek weg agter die res van die trop, een val - die volgende een val. Ons sit verstom. Niemand het die tweede bok reg agter die ander een gesien nie.  Altwee is perfek agter die blad getref, deur die hart -die tweede een het presies agter die voorste een gestaan. Die Intebond is nie deur die tweede bok nie.

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 012196.jpg[/img]   

[img width=560 height=420]http://i1265.photobucket.com/albums/jj5 ... 012199.jpg[/img]

Die Interbonds uit Angelique se bok en Cobus se tweede bok het 63.0gr en 63.3 gr onderskeidelik geweeg. 74% gewigretensie. Oopgeblom tot 16.6 en 16,8mm onderskeidelik op hulle wydste -2,7 keer kaliber grootte. Indrukwekkend!

En toe wen die Springbokke die Engelse! ;D

Groete

Wicus.

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 4:57 pm
by Cobus(Cobb)
Mooi gegooi daar Wicus, my broer Rikus s? ook geluk.
Aan Cobus en Angelique, mooi skote daar hoor.

Groetnis,

Cobus(cobb) en my vrou Angelique

Cheers

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 5:36 pm
by vlakvark1
Mooi so . Geluk veral die dogters. Jy is seker 1trotse pa

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 5:45 pm
by JAGTERSREG-JRM
Geluk,lyk of dit lekker was.

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 6:09 pm
by Frederik
Geluk iets om oor baie trots te wees.

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 7:14 pm
by Biltong
Cobb, al die beste name.... ;)

Dankie aan almal vir al die gelukwense, dis voorwaar 'n voorreg vir my om saam met my dogters te kan jag.

Re: Blesbokjag.

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:33 pm
by Marc
Baie geluk, wat 'n vooreg  ;)

Dankie vir die mooi storie en foto's  8)

Mooiloop
Marc

Re: Blesbokjag.

Posted: Tue Jun 19, 2012 9:18 am
by Vlakvark
Biltong
Geluk aan die meisiekinders dit
is darem lekker as hulle saam jag
Dit is snaaks hoeveel dogters van dag dit doen 30 jaar terug het jy nooit so iets van gehoor nie.
Net een van my drie jag saam die ander twee skiet wel saam op die baan maar hulle wil nie jag nie

Re: Blesbokjag.

Posted: Tue Jun 19, 2012 9:35 am
by Musketeer
Baie mooi gedoen!

Dit is altyd 'n voorreg om so iets as 'n familie saam te doen.

Re: Blesbokjag.

Posted: Tue Jun 19, 2012 9:49 am
by Raven
Biltong,

Dit moes 'n besonderse jag gewees het, ek hoop jy het nie 'n hemp met knope gedra nie.  ;D

Nogmaals geluk en jy kan trots wees op jou dogters. Baie mooi skote op sulke ver afstande.

Raven

Re: Blesbokjag.

Posted: Tue Jun 19, 2012 10:21 am
by Biltong
Dankie manne vir die gelukwense.

Gee bietjie kommentaar oor die Hornady Interbonds, of moet ek 'n nuwe topic oopmaak?

Re: Blesbokjag.

Posted: Tue Jun 19, 2012 10:54 am
by Deon R
Wicus, pragtig! Die storie het 'n traan in my ooge laat ontwikkel!

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 11:46 am
by BRNO (Pierre)
Biltong wrote: Dankie manne vir die gelukwense.

Gee bietjie kommentaar oor die Hornady Interbonds, of moet ek 'n nuwe topic oopmaak?
Indien jy nie n topic geoepen het nie, doen dit asb. (anders help my gou in die regte rigting asb). Ek skiet self IB's uit my .30-06, en sit met n verskriklike sielswroeging wat om vir my .243 te koop wat oppad is.

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 1:30 pm
by Hugov
Baie netjies gedoen Biltong.

Daai bakkie lyk darem baie soos n lapapalesa trokkie?

Groete H

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 1:34 pm
by Biltong
Dag Pierre,

Ek is baie gelukkig met die Interbonds. Sal hulle definitief aanbeveel. Die bewyse is daar -soos in my storie.

Hugo, jys doodreg!

Groete

Wicus

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 2:29 pm
by BRNO (Pierre)
Ek kan ook net met lof van hulle praat.

Daai kolf wat Bianca op daai geweer het lyk vir my verskriklik mooi. Is dit n boyds? Het jy dit self laat inbring ens?

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 2:42 pm
by Rooies
Wicus

Ek hoop nie julle het ook vlieglesse gehad soos Hugo-hulle met daai afdak bakkie nie.

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 3:26 pm
by Hugov
Jis Reds dis n teer saakie daai..... ;D

Ek het nou nog die blou kolle.
April het n ou besproeings sloot teen so 80 km/h geslaan toe vlieg daai van so entjie.

Dit is darem n toyota so hy kan dit vat.

Groete H

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 5:51 pm
by chill
Ons het amper vlieg lesse gehad April het in 'n moerse gat ingery,  en ek het amper afgeval gelukkig is daar niks teleskope gestam nie. Ek het in daai gat afgekyk en ek sweer ek het chinese gesien.

Re: Blesbokjag.

Posted: Thu Jun 21, 2012 8:41 pm
by chill
sorry $62

Re: Blesbokjag.

Posted: Fri Jun 22, 2012 6:47 am
by Hugov
Hello Chill my een vriend het afgeval en n duik in sy nikon gestamp.... was minder gelukkig. (hy het so effense "sense of humor failure" gehaad)

Nikon het sy zero gehou en werk 100%.

Groete H