Page 1 of 1
.375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Mon Jun 18, 2012 3:43 pm
by DamDuiker
Middag manne,
ek wil graag weet oor fabrieks ammo aangesien ek nie self laai nie, wat sal die beste ammo wees vir my 375h&h vir bosveld jag, vlakvark, rooibok, blouwildebees, kudu?
Mooiloop
Jeandre
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Mon Jun 18, 2012 4:56 pm
by Cornelius
Jeandre,
Ek sal graag wil weet wat die manne met jare se jag ervaring se terugvoering sal wees.
Ek het verlede week bietjie huis werk gedoen en as jy nie n "budget" het vir ammunisie nie (wat ek dink ons almal maar het) kan jy kyk na Norma / Federal of Remmington. Tussen die drie was die beste prys wat ek kon kry R990 vir 20. Remmington ongeveer R1250 vir 20 en Norma R1550 vir 20. Dis baie geld vir ammunisie en vir die rede hoekom ek eerder gaan begin herlaai die einde van die jaar. PMP African Elite is ook goeie ammunisie maar het op die forum n paar goed raak gelees oor PMP wat mens nogals bekommerd maak. Sou n mens PMP skiet en die spesies wat jy gaan skiet gaan die jou beste opsie gewone PMP's wees wat darem vir bilike pryse gaan R530 vir 20.
Ek het bietjie navrae gedoen oor die Hornady DGS (Dangerous Game Soft Point) maar verstaan dat die patroon baie opbreuk so dit is nie bedoel vir biltong jagters of die spesies wat jy genoem het nie. Ongeveer R680 vir 20.
Groete,
Cornelius
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Tue Jun 19, 2012 11:53 am
by DamDuiker
Hi Cornelius,
Ek is op budget maar het gedink ek jag nog noe so baie dat ek 20 patrone in n week gaan uitskiet nie, so ek sal my budget bietjie drukĀ en dan liewer oordentlike patrone koop sodat ek verseker is van kwaliteit.
Ek sal dus daai goedkoop patrone koop om meer te oefen en die duurder patrone vir jag doeleindes, want ek het al gehoor die manne se die .375h&h is baie "forgiving" kaliber, ten opsigte van die trajek ens ek meen n 300gr is n 300gr of hoe?
So ja as die slim manne hulle menings wil lig is hulle meer as welkom!
Mooiloop
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Tue Jun 19, 2012 5:25 pm
by Cornelius
Jeandre,
Ek stem. Die PMP's moet werk op die skietbaan vir oefening. Ek wil graag die Federal Premium gebruik vir jag so sal n paar van hulle ook moet deur werk op die skiet baan om seker te maak
geweer is ingeskiet op hulle.
Ideal sal wees om te herlaai as jy aan so iets sou belangstel.
Groete,
Cornelius
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Tue Jun 19, 2012 6:38 pm
by Geno
Damduiker,
Vat daai ammo geld, en koop vir jou dies, koe?ls, doppe, kruit en primers. Kom draai hier by my, dan laai ons vir jou ammo wat baaaaaie beter as enige gekoopte koele is.
Groete,
Eugene
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Tue Jun 19, 2012 7:59 pm
by DWB
Dis nou 'n mooi gebaar Geno.
Ek stem saam. Jy kan 50 premiun rondtes vir jou roer laai teen die selfde prys as een boks van 20 premiums.
Koop 50 doppe, 50premium punte en 100 cheapies (Hornady Interlocks) dan het jy baie voorraad
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Wed Jun 20, 2012 6:42 am
by Hartskoot Hennie
Re: .375H&H Fabrieks Ammo
Posted: Wed Jun 20, 2012 8:23 am
by DamDuiker
Thanks manne,
Dit help baie!