Page 1 of 1

Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 5:58 am
by Gerhard
Right manne,

Ek is lankal oortuig dat ek die 243 Win gaan bou!!!!  ;D ;D ;D ;D

Was Vrydag by die aim skou en het bietjie met die manne van JJ Wapens gesels.

Ek moet s? ek hou van wat ek gesien het...

Ek kan 'n 243 Win sien wat so lyk

http://www.jjwapens.com/snipermodelsnr59.htm

Met so 'n kolf en silencer....


As ek nou net eendag erns 'n Rem 700 aksie kan raak loop.

Wat dink julle manne?

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:40 am
by Christo
Gerhard

Ek het hulle stalletjie ook laas jaar besoek en is oortuig dat hulle 'n goeie job sal doen. Ek wou een met 'n laminated kolf he soos die een op hulle homepage. Die Dirk ou is baie hulpvaardig.

Jy sal nie verkeerd wee nie.

Christo

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 11:30 am
by KSV
Gerhard,

As ek n rem aksie kry sal ek jou laat weet as daar 3 is?

Francois en ek soek al lank. Ons weet van 2 langes wat beskikbaar is maar die regte een kon ons nog nie opspoor nie.

Ek oorweeg nou n Howa.

KSV groete
Hein

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 3:39 pm
by Danie Lombard .243
Remington model 700  MMMMM! Good stuff. ;)

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 6:27 pm
by Gerhard
Kalahari Sands Varminting wrote: Gerhard,

As ek n rem aksie kry sal ek jou laat weet as daar 3 is?

Francois en ek soek al lank. Ons weet van 2 langes wat beskikbaar is maar die regte een kon ons nog nie opspoor nie.

Ek oorweeg nou n Howa.

KSV groete
Hein
Hein,

Ek het goeie dinge van Howa gelees.

Betroubaarheid en akkuraatheid...

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 7:23 pm
by Francois Marais
Hein

Ek sal ook settle vir n Howa, ek het nou een vir R3800.00, ek het nog te veel Mauser en Lyttleton aksies, jy moet laat weet as jy die Howa vir daardie prys wil he.

Mooi loop
Francois

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 7:26 pm
by Francois Marais
Gerhard

Ek weet dis ver van jou af, maar Gerrie Coetzee van Bloemfontein doen ook n MEAN job met n geweer bou, jy kan hom gerus ook probeer, sy pryse is ook nie te rof nie, het so 4 jaar terug met hom besigheid gedoen.

Mooi loop
Francois

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:05 pm
by Jaco Bezuidenhout
Naand Francois

Ek is opsoek na n RSA/Littleton aksie,jy noem dat jy beskikbaar het,wil vir my nog n roer lat bou.Kan jy my help en wat sal so n aksie kos?

Groete
Jaco

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:22 pm
by KSV
Jaco,

Daar is n beter kans om swanger te raak as om n RSA kry!

Ek weet van n plank wat in die mark is. PM my dan kry ek die details.

KSV groete
Hein

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:37 pm
by KSV
FM,

PM gestuur vir die relings.

Hein

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:40 pm
by Francois Marais
Jaco

Jou ge PM.

Mooi loop
Francois

Re: Geweer smit

Posted: Sat Mar 27, 2010 9:19 pm
by Gerhard
Ek het bietjie gekyk na daai mauser aksie wat hulle blue print...

Ek het vermoede as hulle klaar is met daai aksie en die regte loop op sit gaan jy 'n geweer h? wat bitter akkuraat gaan wees veral op 'n kaliber soos die 243Win AI