Page 1 of 1

Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sat Jun 16, 2012 10:33 am
by MichielC
Goeiedag Manne,

Ek en n jag vriend het n gesprek gehad met menings verskille oor wat sal die beste resultate lewer, en sal graag julle mening wil hoor.

Ons altwee jag al etlike jare, maar is beslis nie sport of kompetiese skuts nie -nog nie  ;D ,

Die kern van die vraag is, wat sal die beste resultate lewer om op afstande van 50 tot 100m, staan posiesie sonder enige ondersteuning  (uit die face uit) met oop vesier of n teleskoop te skiet ?

Ons altwee se teleskope beskik oor 3-9 vergrotings, en syne het removable mounts. Daar is beslis n kompetiese op die skietbaan op die kaarte, maar ongelukkig nie dadelik nie, so 3 weke verder.

Wat dink die forum manne gaan gebeur ? en uit julle ondervinding wat het julle al beleef.

Sien uit om te lees

Goete,

Michiel

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sat Jun 16, 2012 10:40 am
by Arnold
Dit hang maar af van die tyd tot jou beskiking. Ek sal baie eerder met die scope skiet as oop visier.

Met die veldskiete stel ek my scope op sy minimum vergroting vir die staan skiet. Dit is gewoonlik varke op 45-50m, 5 skote in 45 sekondes. Selfs met 'n minimum vergroting van 8x het ek nie 'n probleem nie.
Hoeveel jy oefen gaan meer tel.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sat Jun 16, 2012 11:24 am
by Reggie Gerber
Stem saam met Arnold

Scope op so 8 of 9 vergrooting en baie oefening.

As jy op 100m binne 4duim sirkil skiet dan kan jy maar ophou oefen ;D

Reggie

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sat Jun 16, 2012 12:47 pm
by 404Jeff
Wil net reg help dit is "uit die vuis" Dit hang af hoe goed jy jou geweer hanteer met teleskoop sal jy beslis meer akuraat skiet.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sun Jun 17, 2012 7:00 pm
by Wouter Roets
Michiel

Ek en Koos Barnard het besluit om die laaste Big Game Shoot met oop visiere aan te pak. Wel ek kan vir jou een ding se. As jy nie gereeld oefen met oop visier nie gaan jy sukkel veral as jou oe nie meer die jongste op die mark is nie. Bly by wat jy mee vertroud is. Ek sal nie weer my scope afhaal nie!

Groetnis
Wouter

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:32 pm
by DWB
Kyk, ek kan nou nie vouch vir baanskiet nie. Maar so met die varkjagte saam is dit vrek lekker om oop visier te skiet. Soms gooi jy sommer looplangs.

Gaatjies visiere maak dit virseker makliker.
Maar vir my bly dit lekker. As ek nie slegte o? gehad het nie sou ek virseker net oop visier wou operate ;D

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 6:01 am
by Carl
Noudie dag 'n varkjag op Joutube gekyk, hule het een van daai laser liggies - aim point optics - gebruik. Maggies die manne kan skiet teen spoed, nou ja dis seker geredigeerde video. Ek sou s^e binne 50m visier maar verder eerder teleskoop. Maar jy sal gemiddeld baie beter skiet met dit waaraan jy gewoond is.

Een voordeel van visier, as jy 'n swaar teleskoop het is die geweer ligter.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 6:14 am
by Gerhard
Carls wrote: Noudie dag 'n varkjag op Joutube gekyk, hule het een van daai laser liggies - aim point optics - gebruik. Maggies die manne kan skiet teen spoed, nou ja dis seker geredigeerde video. Ek sou s^e binne 50m visier maar verder eerder teleskoop. Maar jy sal gemiddeld baie beter skiet met dit waaraan jy gewoond is.

Een voordeel van visier, as jy 'n swaar teleskoop het is die geweer ligter.
Jong daai is nie laser sight nie maar red dot sight...

Nogal n groot verskil tussen die twee tipes van sights.

Die Red Dot is perfek vir daai vinnige skote op varke wat hardloop.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 7:19 am
by Fanie
As jy naby en vinnig wil skiet, oop visier.  As jy ver skiet en akkuraat wil skiet gaan dit moeilik wees om die scope te wen.  'n Scope maak dit darrem ongelooflik maklik !

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 7:25 am
by Gerhard
Ek het bitter baie uit die staan geskiet met die R1 en R4 op 100m gedurende Diensskiet kompetisies.

Die 100m Knak was nogal n spesialis skiet vir my met 40 uit 50 n gemiddeld.

Ek verkies dit om met yster visiere te skiet.

Sodra my 375 ge pillar bed is gaan ons mekaar mooi leer ken op die baan.

Ja vir langer afstand jag skote het die teleskoop verseker sy plek.

Maar om n skoot uit die vuis te gooi onder n 100m is yster visier se kos.

Maar dit is my eie beskeie meening.

Vir ander jagters werk dit weer glad nie.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 8:42 am
by Fanie
Gerhard, daar is darrem min wat 'n selflaai geweer wen as dit by vinnig skiet kom !  Ek het nou-die-dag na iemand se R1 gekyk wat 'n teleskoop opgesit het.  Dit het nie vir my so heeltemal reg gevoel nie, maar dalk wil die ou ver skiet.

Kyk bietjie waar sit die R1 se visiere, geen wonder dit is so maklik om oop visiere te skiet met hom nie.  Nog iets is die gemaklikheid waarmee die R1 rig, dis net asof hy wys waar hy moet.

Die je-Howa 308 wat ek gekoop het het glad nie eers visiere op nie, jy moet dus 'n scope monteer.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 8:55 am
by Gerhard
Ons het met die teleskoop op die R1 gespeel.

Maar die monteering was net nie stabiel genoeg om regtig akkuraat te skiet soos met die yster visiere nie.

Ek het die selfde tiepe kompetisies geskiet met die 303 ook.

Baie van die nuwe gewere vandag kom uit sonder yster visiere.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 9:55 am
by FCLoretz
Om oop visier ti skiet is 'n oefen ding en so ook om uit die vuis uit te skiet. 'n maklike oefening is om by die huis te staan en 'n teiken op te rig en om dan te staan en oefen, tel die geweer op, mik deur jou teleskoop of visiere te mik, laat sak die geweer en herheel die proses. Dit kan jy doen vir so 10-30 min elke aand. Dit bou muscle memory op wat belangrik is, veral as jy uit die vuis uit wil skiet.

Vir oop visier kan ek et se. maak die Patroon boks vol en gaan oefen op die skietbaan.

Ek het 'n vriend wat kan oop visier skiet tot op so 300m, beter as wat ek met my teleskoop kan skiet.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:31 am
by Fanie
Jong die ouens van allerhande slim dinge met gewere aan. 
Kyk bietjie hierdie weergawe van die R1 van DSA.
http://www.youtube.com/watch?v=CmJhFIPKmcc
Lyk my omtrent elke tweede Amerikaner het 'n R1,
enigste buitelandse geweer wat so gewild is...

Let op na die 'scope' wat hulle daar gebruik, dit lyk soos die sportskiet scope wat hulle op pistole ook sit.  Dis waarskyblik meer 'n rig hulpmiddel as rerig 'm scope wat die teiken vergroot.

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:29 pm
by FHM
Ek het geleer skiet met n oopvisier .303
Ek kon sweer daar was geen beter geweer op aarde doerdie tyd nie.
So het die jare aangestap en ek my eie gewere gekry en teleskope opgesit en 'gewoond' geraak daaraan. Beide Weatherby's wat ek het kom ook sonder visier en korrel uit.

Soos die manne se hierso - man se oe begin ook uit fokus raak soos die jare aanstap, en dan is die teleskoop maar net n yslike hulpmiddel. In die ou dae het die ou manne wat se oe nie meer lekker was nie eerder maar vir die jonger manne die skietwerk laat doen. Met die reeks teleskope waarmee ons in die moderne tyd bederf is - kan die ouer / minder mooi-siende jagters nog hulle kant goed / beter bring met n ordentlike teleskoop.

Ek dink nie ek kan meer oopvisier skiet nie!

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Mon Jun 18, 2012 4:49 pm
by Cornelius
Michiel,

Soos jy kan sien gaan oop vesier verseker n grooting uitdaging wees en sal dit dus ongeveer 1/10 wees so dit beteken as ek baie harde oefen en jy doen niks kan ek jou dalk net wen en dan x10 wen waar jy net x1 sal wen  ;D ;D

Re: Uit die face uit, teleskoop of oop vesier ?

Posted: Thu Jun 21, 2012 10:38 pm
by MichielC
Goeiedag,

Dankie vir al die "posts" waardeer !

Cornelius , ek kan nie wag !