Page 1 of 1

Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 7:13 am
by 3006
More Almal

Ek het net gewonder watter geweerbelt is die mees populere een onder die manne wat "walk en stalk" in die bos, berge ens.

Groete

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 7:26 am
by Wouter Roets
3006

Butler Creek is bo aan myne.

Groetnis
Wouter

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:05 am
by Geno
Wouter Roets wrote: Butler Creek is bo aan myne.
Ditto.

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:13 am
by Lourens
+1 op daai een...

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:16 am
by DWB
+ 2

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:41 am
by Jakes73
+3 ... hy's baie sagter op die skouer as enige padded leer belt wat ek al tee gekom het ... IMHO

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:50 am
by 3006
Dankie manne

Dit lyk vir my dis n uitgemaakte saak! Butler bo!

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 8:52 am
by Janjak
verseker die Butler Creek rek beld

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 9:07 am
by GreyGhostGear
Na ek al die Butler Creeks op Wouter se roere gesien het, het ek ook aangeskaf.
Die een met die rek materiaal en grip rubber loop bitter mooi, geweer voel ligter en hy sit gemaklik.
Ook darem nie 'n plaas se prys nie..

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 9:09 am
by LUAN
Wat se butler creek is dit wat julle na verwys? Is daar nie n paar verskillende modelle? Ek wil ook een binnekort kry maar wil reg koop.

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 9:22 am
by BLOK
Butler Creek

Probeer die Rino Rib, het nie self een maar saam iemand geskiet wat een op het is effe breer as die ander en het ook die grip materiaal, ek skiet met die comfort stretch en hy werk baie lekker.

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 9:25 am
by GreyGhostGear
*303* wrote: Wat se butler creek is dit wat julle na verwys? Is daar nie n paar verskillende modelle? Ek wil ook een binnekort kry maar wil reg koop.
Ek het hierdie menere:
Image
Image

Nie seker watter model dit is nie? Hy werk baie lekker..

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 12:36 pm
by vlakvark1
Het vir my n'' Vanguard'' op my 30-06 gesit en gaan vir my ander gewere opsit as ek kaans kry. Belt is baie sag en lig
Image
Image

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 12:43 pm
by Gerhard
Ek het nie geweer bande op my gewere nie.


Maar sou ek besluit om wel te gebruik sal Butler Creek my keuse wees.

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 12:52 pm
by Boerseun123
Ek het 'n Vangaurd op my .223 met dik loop en hy is ook baie lekker. Hy het ook plek vir 4 rondtes so dit is sommer 'n dubbel doel.

My 2c

Groete
Bs

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 1:59 pm
by Jakes73
*303* wrote: Wat se butler creek is dit wat julle na verwys? Is daar nie n paar verskillende modelle? Ek wil ook een binnekort kry maar wil reg koop.
Hi 303,

gaan kyk hier op Safari se website: http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... ling_black
of hier op Zimbi se website: http://www.zimbibooks.com/comersus/stor ... roduct=861

Dis dieselfde as wat Jagmaar s'n.

Groete
Jaco

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 2:12 pm
by Koos Barnard
Dags?
was 'n paar jaar gelede in Moordenaarskaroo - twee Natallers soontoe geneem. Een man het 'n Butler Creek gehad met plek vir patrone. Hulle sit toe op 'n ho? koppie, goed gekamoefleer met hul bruin camos aan. Tog kon ek duidelik sien hoe die patrone weerkaats in die man se geweerbelt. Vir 'n vaalribbok se skerp oog is dit soos 'n rooi verkeerslig. Toe ons bymekaar uitkom het ek die man gevra om die patrone te verwyder. Terloops, sy pragtige pasmaakgeweer se kolf met London oil finish het net so geblink. Jy het die blink kolf lank voor die jagter opgetel.
Mooi loop

Re: Geweer bande

Posted: Tue Jun 05, 2012 2:29 pm
by Boerseun123
Dankie Koos

Waardeer die raad en sal dit verseker onthou. Die dubbel doel het nou 'n trippel doel geword: Geweerband, petroon houer en bok afskrik middel. Dit is nou as jy jou doppe skoon maak.  ;)

Sou lank gewonder het hoekom ek niks bokke met die geweer onder skoot kry nie...

Hierdie Jaracal manne darem, hulle het AL die antwoorde!

Groete
Bs