Page 1 of 1
Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 7:47 am
by WillJak
Hierdie was aanvanklik sommer so bietjie "sports" op een van die mes forums - die uitdaging was om 'n vaste lem weergawe te bou van 'n knipmes wat kommersieel beskikbaar is.
Ek het die Sjinese Enlan 05 gebruik - gedink dis dalk goed as iemand hulle vir 'n verandering namaak!! En ek hou nogal van hoe dit uitgewerk het - baie lekker meerdoel mes - hy's lekker lig (2.5mm 12c27 vlekvry, hef is Paduak) en hy gaan lekker slag.
Hier is hy:
[img width=560 height=420]
http://i64.photobucket.com/albums/h200/ ... LmpwZw.jpg[/img]
Saam sy pa:
[img width=560 height=420]
http://i64.photobucket.com/albums/h200/ ... LmpwZw.jpg[/img]
En in hand:
[img width=560 height=420]
http://i64.photobucket.com/albums/h200/ ... LmpwZw.jpg[/img]
Dankie vir die kyk en kommentaar word verwelkom.
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 8:25 am
by martinf
Baie mooi messe.
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 9:10 am
by johan1
Dis blerrie oulik, ek hou van die idee, so die een is n vastelem en die ander is knipmes. ..iele idee. Ek het nou n ander plan ook waarmee ek doenig is. Sal julle op hoogte hou
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 9:18 am
by johan1
Ek hou van daai kort bree lem , gaan n lang lewe he as jy hom mooi hanteer en vir slagters los om op n klip te slyp nie
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 9:38 am
by G-force
Vat weg die fotos asb!!!!Dis baie mooi gedoen.
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 2:37 pm
by WillJak
Dankie manne, ek waardeer! Veral G? - jammer ek lei jou nou weer in die versoeking!
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 2:50 pm
by G-force
WillJak wrote:
Dankie manne, ek waardeer! Veral G? - jammer ek lei jou nou weer in die versoeking!
Ja nee jong,jy vang my elke liewe keer

Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 5:12 pm
by Boesman
Ek is effe dom met messe se name. Wat is 'n vastelem knipmes? Verduidelik asb. vir my die konsep?
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 7:28 pm
by vlakvark1
Netjiese mes daai, sal lekker om n stukkie biltong vou

Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed May 30, 2012 8:57 pm
by BoogJagter111p
Boesman wrote:
Ek is effe dom met messe se name. Wat is 'n vastelem knipmes? Verduidelik asb. vir my die konsep?
Ek dink dit verwys slegs na die feit dat WillJak 'n vaste lem mes maak om soos komersiele knipmes te lyk...
Hoop dit beantwoord jou vraag.
Groete
Manie
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Thu May 31, 2012 12:15 pm
by WillJak
Dankie manne. Boogjagter, jy't hom presies reg!
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Thu May 31, 2012 10:33 pm
by theedge
Leker size baie netjies
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Fri Jun 01, 2012 7:23 pm
by wlm
Nee sies! Plaas asb. 'n ouderdomsbeperking op hierdie topic. Geen man ouer as 5 kan na die prentjies kyk sonder om te kwyl nie.

Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Mon Jun 04, 2012 8:29 am
by johan1
Wiljak hoe lank is jy al besig met messe, daai idee van die vastelem knipmes is dam oulik. Ek wens ek het meer tyd om aandag aan my messe te gee, dit gee my soveel plesier en satisfaksie as dit klaar is en ek sien wat het uit niks gebeur. Eks mal daaroor. my ondervinding is nog maar aan die min kant maar dit bly lekker
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Tue Jun 05, 2012 5:30 pm
by Boesman
Dankie manne, ek het hom nou so.
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Wed Jun 06, 2012 4:43 pm
by WillJak
Dankie manne. Johan, ek is nou so 6 jaar besig, maar het eintlik maar so 3 of 4 jaar terug ernstig begin maak. Die idee van die vaste lem mes vanaf 'n knipmes is ongelukkig nou nie myne nie - dis een van die ouens op British Blades wat met die slim idee op gekom het. Ek stem - dit gee baie satisfaksie, ek geniet dit elke dag net meer!!
Re: Vastelem Knipmes??
Posted: Thu Jun 07, 2012 7:48 am
by WillJak
Vir die wat moontlik belangstel in so mes, sien asb die aanbod hier:
http://jaracal.com/index.php/topic,11730.0.html