Page 1 of 2

Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:00 pm
by Cobus(Cobb)
Stem vir jou scope waarmee jy MEESTE jag of oes.

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:02 pm
by DWB
Cobb, op jou aanvanklike vraag...

Nie een nie! Scopes kan nie skiet nie ;D

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:03 pm
by Cobus(Cobb)
Jyt weer tussen die SKERP messe geslaap  ;) 

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:07 pm
by Christo
Cobb, onregverdig om net een te kan kies.

Ek het 4 x Lynx'e, maar daar is ook 'n Leupold op my gunsteling geweer en 3 Tasco's, 2 x Bushnell's. Dit is ook ekonomiese besluite wat die aankope regverdig. Die Tasco's en Bushnell's het ek of ge-erf of bargain pryse voor betaal. Almal het al hulle pond vleis huistoe gebring.

O ja hulle is op goed wat kan skiet.  ;D

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:14 pm
by DWB
Cobb wrote: Jyt weer tussen die SKERP messe geslaap  ;)
Solank jy darem gesmile het ;D

Moet maar op my voete dink

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:15 pm
by Cobus(Cobb)
Christo, chomma...ek weet elke ou het 'n paar gunstelinge, maar ons wil kyk watter EEN laat die meeste bokke omdop in Africa, so nstem vir die een met wat jy die meeste jag/oes

Cheers

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:17 pm
by vlakvark1
Ek hoop al die forumlede stem . altans so veel as moontlik. Dit kan net interesant wees

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:25 pm
by Beretta
Go Lynx Go  ;D ;D  ;D ;D.
Beretta

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 8:40 pm
by Cobus(Cobb)
Kyk nou net hoe vote Rudolph vir Nikon.... ;D ;D ;D

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 9:04 pm
by Geno
"Other" is unfair. MTC is ook 'n brand!
Tel net bokke, of jeckols ook?

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 9:09 pm
by Geno
Sover ek weet, skiet meeste bok-oesters (cullers) met Lynx 8x56 scopes (Ek kan dalk verkeerd wees, maar ek glo nie). So ja, daai is waarmee die meeste bokke geskiet word.

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 9:14 pm
by Cobus(Cobb)
Geno wrote: "Other" is unfair. MTC is ook 'n brand!
Tel net bokke, of jeckols ook?
Net bokke vir nou...kyk hier
http://jaracal.com/index.php/topic,1129 ... 8.....post 45

Ek sit gou MTC by, net vir jou

Cheers

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 9:21 pm
by Louis102
Ek sou baie eerder wou weet watter scope vir die meeste kwesbokke en mis skote verantwoordelik is.  Ek sal egter stem, weet net nie watter waarde die uitslag van die meningspeiling gaan h? nie?

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue May 29, 2012 9:30 pm
by Sako75
Schmidt & Bender ook asseblief

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Wed May 30, 2012 12:08 am
by Gerard
Weaver

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Wed May 30, 2012 3:24 pm
by Cobus(Cobb)
mmmmm....twee duidelike voorlopers...

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Wed May 30, 2012 4:46 pm
by Dippies
Sien hier is darem paar manne op die forum wat klas raak sien en gebruik ;D ;D

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Thu May 31, 2012 5:24 am
by Geno
As ek meer gereeld met die .308 geskiet het, sou Leupold nog 'n stem gehad het. Maar ai, die .25 en MTC kombinasie loop bitter lekker!

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 8:08 am
by Cobus(Cobb)
""Manne
Ek het dit al gese en se dit weer meer bokke in afrika word met n lynx scope geskiet as enige ander scope geweer kombinasie.  .
Beretta""

""Quote
meer bokke in afrika word met n lynx scope geskiet as enige ander scope geweer kombinasie.  Ek dink nie so nie.  Miskien kan mens 'n stemmery doen en bepaal wat gebruik word.""
Gerard

Nou ja, tussen nou en vannag 12 uur glo ek nie dinge gaan verander nie....knap gedaan Leupold..

Cheers

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 8:26 am
by grumpy
Dis nie spesifiek die scope nie maar die man agter die scope!!!

Die manne koop wat bekostigbaar is en wat die sak pas. Ek glo nie jy kry regtig n slegte scope nie. Dis net verskillende tipe scope vir verskillende aanpassings met tipe kalber gewere.

Jy kan nou nie n Nikko Sterling op n 500 gaan sit nie! So pas jy maar aan vir elke kaliber!! ;D

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 9:20 am
by Gerard
Ek het min tyd vir 'n instrument wat nie werk soos wat dit moet nie.  Op daardie basis is daar heelwat make op die lys wat ek glad nie verkoop het nie en nou ook nie sal voorsien nie.  Die uitslag was verbasend want dit is nie wat ek in die praktyk sien nie.  Daar sal seker verskille van streek tot streek wees.

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 9:24 am
by atplay
Redfield miskien ook op die lys sit?

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 10:06 am
by Cobus(Cobb)
Gerard wrote: Ek het min tyd vir 'n instrument wat nie werk soos wat dit moet nie.  Op daardie basis is daar heelwat make op die lys wat ek glad nie verkoop het nie en nou ook nie sal voorsien nie.  Die uitslag was verbasend want dit is nie wat ek in die praktyk sien nie.  Daar sal seker verskille van streek tot streek wees.
Oom G
Kan/wil jy vir ons praktyk syfer deurgee...net so van jou 3 top verkopers, net so vir interessantheid

Cheers

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Mon Jun 04, 2012 10:24 am
by BLOK
Ek sien Burris is darem nie ver agter nie, dit se darem iets van die maak.

Re: Watter scope skiet meeste bokke in Afrika

Posted: Tue Jun 05, 2012 10:23 am
by Gerard
Cobb,
Die verspreiding is na aan reg maar ek het verwag dat Tasco, Nikko Sterling, Bushnell en Zeiss beter sal doen. Ek het verwag dat 'Ander' baie beter sal doen.  Ek het nie verwag dat Lynx so hoog sal wees nie.  Maar dit sal tog wissel van streek tot streek.  In die Oos Kaap spandeer mense minder op teleskope as wat hulle moet en dit sal reflekteer in die verspreiding van make.  Handelaars se aanbevelings sal ook 'n groter invloed h? want daar is minder van hulle en een of twee plekke se invloed sal groter wees as byvoorbeeld in JHB.