pmp punte vir 38 special

Post Reply
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

pmp punte vir 38 special

Post by Beretta »

Manne
Ek is nie snaaks nie ek was by pmp se uitstappie gewees en vir my self gese ek sal hulle nog n kans gee.Maar na my ondervinding vandag sal ek twee keer dink.Wou punte koop om te laai vir my 38 prys R270.00 vir n 100 sonder die 10% verhoging. So die punte moet maar lekker oud word sonder my.Om die minste te se belaglik.
Beretta
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: pmp punte vir 38 special

Post by Beretta »

Beste Gerard
Doen my tog n guns as jy vir my n pm stuur oor die gebruik van die woord punt wees tog mans genoeg om ook n pm terug te ontvang. Dit raak afgesaag volgens my. ;).
Beretta
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: pmp punte vir 38 special

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het so ruk terug PMP ammo vir my 7,65 pistool gekoop...(weer PMP 'n kans gegee)...meer as 1/4 van die pakkie was missfires... >:( >:( >:(

Cheers
(Beretta, ek sien Oom Gerard het onlangs selfs van 'n punt se punt gepraat, hy het wel 'n smiley gevreet bygesit)
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: pmp punte vir 38 special

Post by Beretta »

Cobb
Ja ek het dit ook gesien maar nie vir hom n sarkastiese pm oor n taal les gestuur nie want die punt koel  storie is nou al so afgesaag dat dit nie eers mee snaaks is nie.
Beretta
Gerard

Re: pmp punte vir 38 special

Post by Gerard »

Die punt van die punt - dit klink simpel n?.  Dit is hoekom ek dit so gestel het.  Die punt/koe?l storie is afgesaag en jy beter gewoond raak daaraan.  Die afgesaagdheid sal ophou wanneer ek, en ander, ophou om die wat verkeerde woorde gebruik, reg te help.  Net soos ons op ander gebiede ook raad gee. 

Ek sien nie dat enigiemand die harnas in raak wanneer hulle praat van 40gram poeier wanneer dit grein moet wees, en hulle reggehelp word nie.  Ek sien nie dat enige man vies word wanneer 'n konsep van herlaai, wat nie mooi verstaan word nie, verduidelik word.

Ek het my epos adres en telefoonnommer bygegee indien jy my wil kontak.  Ek het egter spesiaal vir jou my pms oopgemaak sodat jy my daar ook kan kontak as jy wil.

Hieronder is die boodskap wat ek vir jou gestuur het.  Ek sal graag wil weet watter deel daarvan jy as 'n taalles of sarkasties beskou sodat ek dit kan verander vir toekomstige gebruik. Ek wil allermins aanstoot gee.

Ek probeer nie snaaks wees wanneer ek oor punt/koe?l praat nie, ek gee die regte feite omdat jy 'punt' verkeerd gebruik.  Wat is jou probleem met 'n taalles in elk geval?  Jy gee nie om vir lesse in ander vakke nie.
------------------------------------------------------------------------------------
Met herlaai is dit raadsaam dat mens die regte terme en name gebruik.  Dit verhoed verwarring en verduideliking.  Sien gerus die blad vir die mees algemene wanopvattings en die korrekte name.  As ek met enigiets kan help, vra gerus.

http://www.gsgroup.co.za/terminologie.html

Groete,

Gerard
084 338 3006
gerard@gscustom.co.za
-----------------------------------------------------------------------
Post Reply