Page 1 of 1
Aardwolf
Posted: Sun Mar 14, 2010 7:04 pm
by Gerhard
Was ek darm bly om Vrydag aand Aardwolf in te roep...
In die sowat 5 jaar wat ek in die omgewing tussen Bronkhorstspruit en Bapsfontein.
Ek het met die boer gepraat en hy weet van 2 wat by hom rond loop....
Hy stem ook saam dat dit die eerste paar is in baie baie jare wat hy op sy grond weer het.
Daar is nou ook weer duiker, tierboskat en selfs bosvark in die omgewing.
Nogal interesant dat die diere weer begin terug kom....
Re: Aardwolf
Posted: Sun Apr 18, 2010 9:04 am
by Biker
GERHARD
[quote="Gerhard"]
Was ek darm bly om Vrydag aand Aardwolf in te roep
Ek het met die boer gepraat en hy weet van 2 wat by hom rond loop....
Hy stem ook saam dat dit die eerste paar is in baie baie jare wat hy op sy grond weer
Boer van JAMESTOWN het een aand so 22 markklaar lammers verloor. Almal se koppe pap gebyt. Natuurb. was daar en probleem dier was pos. ge ID. Hulle moet eerder wegbly van die skaap wereld.
Groete BIKER
Re: Aardwolf
Posted: Sun Apr 18, 2010 9:26 am
by Gerhard
Het Natuurbewaaring Aardwolf wat insek vreeter is ge ID as dier wat die lammers dood gebyt het???
Dis snaaks want Aardwolf - Proteles cristatus is een van die mees gespesialiseerde karnivore wat ons het.
Hulle vreet termiete.
Ek sal graag wou gehoor het hoe die Natuurbewaarder tot die slot som gekom het dat Aardwolf die skuldige was...
Re: Aardwolf
Posted: Sun Apr 18, 2010 10:33 am
by Mac
As 'n natuurbewaarder tot daardie slotsom gekom het, behoort hy onmiddelik sy pos te verloor, stuur hom weer vir opleiding, en as hy dan terug kom na sy opleiding, gee vir hom 'n lessenaar om te dryf, verkieslik in 'n pos wat niks met diere te doen het nie. Sal ook graag wil hoor hoe hy dit besluit het.
Re: Aardwolf
Posted: Sun Apr 18, 2010 11:46 am
by Biker
GERHARD MAC
Daar is ongelukkig n verwarring van my kant af. Soos met die vis verskil name soms van streek tot streek. Die Bruin hyena word in daai deel deur die boere n Aardwolf genoem , seker van die naam Strandwolf af, want hier is mos nie n strand nie.
Hulle noem nou weer jou Aardwolf n Maanhaar Jakkals . Streekstaal kan soms n helse verwarring dus veroorsaak.
Julle is heeltemal reg dat hulle insek vreters is en ek is nou ook verbaas dat hulle daar voorkom.
Groete BIKER
Re: Aardwolf
Posted: Sun Apr 18, 2010 12:34 pm
by Gerhard
Biker geen probleem,
Bruin Hyena Hyaena brunnea look baie ver.
Ek het in Dullstroom se werled groot geword en nooit gehoor dat hulle daar voor kom nie, het die maanhaar jakkals of aard wolf wel daar gesien.
Nou hoor ek onlangs dat boere nogal probleme het met die Bruin Hyena wat skade aan rig onder die koeie en skaap...
Ons volks taal en name kan nogal groot verwarring veroorsaak.
Re: Aardwolf
Posted: Fri Jul 27, 2012 11:57 am
by Henry 7
Ludwig
Omdat maanhare en bakore hier by ons nooit geskiet word nie is hulle vrek baie en so nou en dan kry jy stoutes en dan pos ek hulle-een maanhaar se pad was elke aand in die middel van my lammerooie deur en elke oggend was als deurmekaar( hy het nie gevang nie net deurgeloop)
Laasjaar het ek 'n probleem by my lammers gehad tot ek 'n hele trop bakore gepos het en toe is dit stil.
Ek kan net s? dat dit baie selde gebeur-hier by ons kom die bakore in ma nie die maanhare nie-hulle loop sommer 10 tree van jou verby sonder om hulle aan jou te steur-seker oor ons hulle nooit skiet nie.
Henry
Re: Aardwolf
Posted: Fri Jul 27, 2012 1:41 pm
by Louis102
Ludwig, maanhare of aardwolwe vang nie en vreet ook nie vleis nie. Dit lei ek af deur na hul mis te kyk. Hulle het ook merkplekke, baie soos jakkalse en as jy die drolletjies oopbreek sal jy nooit enige hare daar binne vind nie, maar wel meestal termiet maar sekerlik ander insekte se doppe ook.
Ek reken die aardwolf is in die eerste plek baie territoriaal (merkplekke en vind hulle baie aande in die selfde kol). Dus beskerm hy sy gebied en gesinnetjie teen ander roofdiere. Moenie fout maak nie, hulle kan vreeslik agressief wees en byt dat dit nie mooi lyk met daadie slagtande nie. Agterste maaltande ontbreek heeltemal, wat duidelik dit vir hulle baie moeilik sal maak om vleis van 'n karkas af te vreet. Hulle is ook vrek nuuskierig en sal maklik inkom om te kom kyk wat nou hier in sy gebied aangaan. Dink ook hulle soek dalk by ouer karkasse na insekte wat daar uitbroei, vreet en versamel.
Dis maar wat ek aflei uit wat ek ondervind en sien, nog nooit eintlik oor hulle gedrag opgelees nie.
Sal graag hoor hoe dink ander, wat miskien beter weet.
Mooiloop
Louis
Re: Aardwolf
Posted: Fri Jul 27, 2012 4:00 pm
by Louis102
Ludwig
Heelwat ouer boere verskil van my oor of die maanhaar skade maak, so dalk is ek verkeerd.
Maanhare kan jou egter baie laat wonder as hulle inkom en jy is hulle nie gewoond nie. Hulle o? is dikwels meer koper kleurig as 'n jakkals s'n en hulle laat sak die kop ook meer as 'n jakkals tydens die inkom. Lyk soms of hulle wil kop omlaag inkom en dan so elke dan en wan die kop optel om te kyk / loer wat aangaan. Die vertikale strepe op die lyf staan ook uit en is baie keer die "weggee" teenoor die horisontale streep van 'n rooijakkals. As hy agressief / bang is maak hy ook daardie maanhaar orent om hom groter te laat lyk, wat hom ook van die rooijakkals onderskei. Hul agterkwart lyk ook groter as die van 'n jakkals met die wegdraf. Die ander groot weggee, as jy nie die lyf kan sien nie, is daardie pik swart snoet wat jy baie keer kan ID, selfs al sien jy net die kop. Meestal kom hul ook ietwat stadiger in as wat jakkalse normaalweg doen, maar gesien dat die ouens soms haastig kan raak, veral op baklei/vreet klanke.
Hoop dit help om nie tyd te mors op verkeerde o? nie. Sal ook graag wil hoor wat die meer gesoute pro's hieroor s?.
Louis
Ns. My ervaring is dat maanhare en jakkalse nie sommer kerngebiede deel nie en my moed sak sommer as daar maanhare gou reageer tydens my roep. Dit is egter nie 'n definitiewe wit en swart re?l nie en ek weet baie jagters verskil van hierdie opinie van my. Daarteenoor maak Draaijakkalse (Kaapse Vosse) my weer opgewonde. Hulle hang baie keer in die gebied van die rooijakkals rond.
Re: Aardwolf
Posted: Sat Jul 28, 2012 6:55 am
by Henry 7
Ludwig
Ja ek stem saam met Louis oor die o?-maanhare se o? blink meer en soms baie selfde as steenbok en jak nader aan springhaas sou ek s?.
Omdat 'n maanhaar baie soos 'n hi?na gebou is(mamma noem hulle mini-hi?nas) sal jy as jy sy spoor kry sien die agterste pote is na buitentoe gedraai waar ander jakke s'n in 'n reguit lyn is.
Hy eet definitief nie vleis nie maar termiete soos Louis s? en as jy 'n jong hond sy sout wil laat wys sit hom op 'n maanhaar-jy sal nie glo hoe daai ding kan baklei nie!
Henry
Re: Aardwolf
Posted: Sat Jul 28, 2012 11:40 pm
by johann
Oom louis, die wat oom se dat hul nie gebied met jak deel nie het ek al anders ervaar.
Het laasjaar 'n nes gekry, reun is gevang, en die volgende dag sit die teef ook 150m van die nes af in die yster. Toe ons nader beweeg nes toe sit 'n maanhaar 20m van die nes af in een van die ander ysters.
Nou wil ek weet is dit maar net toevalig dat hy so naby die nes verby beweeg??
Groete Johann
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 11:16 am
by Louis102
johann wrote:
... Oom louis, die wat oom se dat hul nie gebied met jak deel nie het ek al anders ervaar ...
Johann, soos ek ges? het:
Louis102 wrote:
... Dit is egter nie 'n definitiewe wit en swart re?l nie en ek weet baie jagters verskil van hierdie opinie van my ...
By my het ek egter nog nooit 'n stel jakkalse se kerngebied binne di? van 'n dominante, sterk merkende aardwolf gekry nie. Miskien het ek nog net nie mooi genoeg gekyk nie? Hulle deel egter wel loop areas en aardwolwe het wel al jakkalse wat uitgehaal is, se kerngebied oorgeneem, vermoed die omgekeerde gebeur ook. Ek het ook al wel al by 'n paar geleenthede 'n jakkals geskiet waar daar 'n aardwolf ook in die omgewing raakgelig was, maar dit is by my meer die uitsondering as die re?l en nie heeltemal wat ek in my "teorie" probeer s? het nie.
Dink egter daar is seker baie faktore wat 'n rol hierin kan speel soos: Is die roofdiere ingekamp (spasie om vry te beweeg), terrein en beskikbaarheid van teelgate, bevolkings digdheid / populasie digdheid van die roofdiere, tyd van die jaar, hoe effektief en hoe kwaai die jakkalse gejag word, ens.
In jou geval, kan jy dalk onthou hoe groot die kleintjies by die teelagate van die jakkalse was? (ek vermoed hulle kon nie jonger as 2-2,5 maande gewees het nie. Eerder miskien klaar gespeen en selfs gewissel?)
Mooiloop
Louis
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 11:41 am
by Ponkie
Oom Louis
Ek vind wat oom hier skryf baie interesant... As ek 'n aand by ons uitgaan sien ek gereeld 3 tot 5 aardwolwe op verskillende plekke. En dit is ook vir my opvallend dat ek nooit 'n "stel" by mekaar kry nie, maar altyd hulle as alleenlopers in dieselfde area kry. Indien oom se stelling dat hulle rooijakke uit 'n gebied kan verdryf waar is, gaan ek my uiterste bes probeer om hulle net meer en meer te beskerm... Ek het wel twee weke terug 2 katte geskiet in 'n area waar ek gereeld 'n aardwolf kry.
By ons in die karoo is die bossies mos maar laag en is dit maklik om hulle te ID as hulle sou inkom op 'n kosklank. Die dominante swart snoet en dwarsstrepe op hulle sye is wat vir my hulle altyd weggee, asook dat hulle neig om meer kop om laag en lomp inkom.
Groetnis
Ponkie
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 12:43 pm
by Louis102
Ponkie, ek dink nie ek probeer s? dat aardwolwe die jakkalse uit 'n gebied sal verdryf nie. Dit gaan meer oor staanplekke en die gebruik van geskikte teelgate in 'n normale kerngebied grootte area. 'n Staanplek dek seker so 2 km radius om jou? Dit is vir my baie na aan, seker effe groter as die kerngebied van die jakkalse en aardwolwe? My ervaring is net dat ek in my w?reld eerder eers buite 'n dominante aardwolf se kerngebied sou moet na 'n stel jakkalse, as baie na aan so 'n aardwolf se kerngebied.
Sekere tye van die jaar loop die aardwolwe wel saam en is hulle baie meer agressief as in ander tye van die jaar (gewoonlik hier in die laaste deel van die jaar as die lente kom?)
Dit mag egter net my verbeelding wees, geen wit en swart re?l nie.
Mooiloop
Louis
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 12:43 pm
by johann
Dankie oom louis vir die terugvoer, dit is regtig baie interresant wat oom met ons deel.
Oom daardie jakkalsies het net buite die gat begin sit. Hul het nog nie verder as 5-8m van die gat af beweeg nie. Dit hoekom dit vir my so interresant is. Hoekom die teef nie die wolf weg gehou het nie? Teef was seker 1ste in die yster voor ou wolf daar verby beweeg het.
Groete Johann
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 12:59 pm
by Skolla
johann wrote:
Hoekom die teef nie die wolf weg gehou het nie? Teef was seker 1ste in die yster voor ou wolf daar verby beweeg het.
Moontlik die distress geluide van die teef in die yster asook die kleinjies se antwoord hierop, wat die aardwolf nader gelok het?
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 1:16 pm
by Henry 7
Louis
Miskien kan jy my help hier-wat ek hier gesien het is dat maanhare alleenlopers is en net in paartyd bymekaarkom(ek weet nie hoe werk die kleintjies se grootmaak nie)
Hulle kom so 3-4 uur se kant in die middag uit en is nagdiere.
Bly in ystervarkgate ens. in die grond.
Ek het hulle al bo op my berg gesien so hulle loop orals.
Hier is hulle paartyd saam met die rooies en as ek hulle 2/2 saam sien weet ek dis tyd vir die rooies se paartyd ook.
As hulle die tyd van die jaar 3 saam is is dit 2 reuns by 'n teef en jaag 1 die ander 1 oor dit paartyd is.
Ek het nie rooineste op my grond nie so van daai deel kan ek nie veel s? nie.
Ek neem aan hulle kry net 1 stel kleintjies per jaar.
Hier is hulle baie mak en sal baie keer plat gaan l? as hy jou lorrie sien aankom-as ek tyd het sit ek baie keer my lorrie af en sit net doodstil en kyk vir hulle.
Hulle neuse is heeltyd op die grond op soek na insekte.
Ek weet nie wie van hom en 'n rooie dominant is nie want hy kan geniune fight as hy wil-dalk die rooies aangesien hulle pare is en net eenvoudig 2 teen 1 is.
Henry
Re: Aardwolf
Posted: Mon Jul 30, 2012 6:10 pm
by Louis102
Saul, ek dink jy slaan die spyker op die kop met meeste van jou waarnemings. Ek het hulle (aardwolwe) ook al tot drie bymekaar gekry op en rondom die gate, vreeslik agressief en aangeneem dis paartyd. Ek het egter nog altyd die gevoel hier by my gekry dat hulle ietwat later as die rooies paar - meer na die lente toe. Ek mag egter heel verkeerd wees, wonder wat s? die slim manne se boeke en navorsing?
Ek kan een geval onthou waar aardwolf 'n kleintjie / kleintjies (net een het so dan en wan nuuskierig uit die gat kom loer) in 'n gat was, nie te vreeslike ver van 'n span jong jakkalse wat aan't wissel was nie. Ek het die span jonges seker 500m van die aardwolf gat omgedop. Rooies se kleintjies was dus so amper 5- maande oud. Die aardwolf kleintjie was veel jonger as die rooies en dit was so middel Januarie as my geheue reg is. Ek het die ma van die rooies heelwat ver daarvandaan geskiet en eers twee weke plus, later die jongspan opgespoor. Hierdie jakkalsies was egter nie meer op gate en ek dink hulle het nader geskuif aan die kos en water. Ek het aangeneem hulle was nie regtig meer binne die kerngebied / oorspronklike teelgat gebied nie. Hulle was op die stadium dat hulle al so ente uitmekaar gel? het, maar steeds in die selfde omgewing.
Weereens sommer wat ek gesien het, dit is geen swart en wit konkrete navorsing nie. Ek mag dalk die pot heel mis sit.
Louis
Re: Aardwolf
Posted: Wed Oct 03, 2012 7:26 pm
by johans
baie interessant wat saul hier noem

Re: Aardwolf
Posted: Sun Dec 16, 2012 11:37 pm
by mariusr
Ek het ook eendag sit en wag vir my 60" koedoe bul op 'n oop plaas naby Ellisras toe twee aardwolwe verskyn neem aan was man en vrou het dood stil gesit was later 15 tree van my af my nie gesien was regtig mooi hoop nie julle manne skiet hulle eet maar miere lawers ens!