Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sit met helse probleem en my moermeter is besig om sy o te sien . Ek het 'n dispenser/skaal soos bo genoem en die ding se breins is heel koekoes, gee error as ek die lading insit en die skaal zero ook nie, kortom, die ding is heel MAL! Syfers hardloop sommer vanself op en af.
Is daar iemand wat ook al so probleem gehad het en wat was die oplossing gewees? Asb iemand wat raad het.
Die waarborg verval 2 Junie en die se ook slegs aan die eerste aankoper en ek is die 2de eienaar.
So, lyk my ek het 'n probleem.
Kalahari ek het 3 van daai skale omgeruil by Senwes in Bothaville by Eddie Morrison, wat die skaal aan my verkoop het, gaan ruil daai skaal so gou moontlik want n mens , ek in elk geval sal nooit so n skaal kan vertrou nie.
Jy moet eers seker mak daar is nie een of ander elektriese steurnis soos buislig, selfoon, herlaaier(charger) naby nie. Nie eens in dieselfde vertrek nie. Kry ook van die ''magneetblokkies'' wat om die draad gaan net voor die skaal. Ek het my laaikamer se buislig vervang en alles wat kon steurnisse veroorsaak en nou is my skaal dooddollies.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dankie vir die raad, ek waardeer. Ek is reeds besig met 'n medeforumlid om voorbrand te maak sodat die skaal kan teruggaan. Nou kort ek net dringend geleentheid bloem/chrisjantrane toe.
Christo, ek het die toetse alles gedoen, was sommer in skuur gewees waar geen van die steurings is nie, en jy kan nie eers aan die knoppies raak nie, dan hardloop daai syfers soos mal hase op en af. Ek kan nie glo die ding het my so gedrop nie en ek pas my goed op, so waar as wragtag is hy nie misbruik nie.