Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Naandse manne. Het soppas aangesluit by die forum en is klaar opgewonde oor die kennis wat gedeel gaan word. Het soppas 'n 338-06 gekoop en is maar onbekende kaliber vir my maar die wat ek nagevors het oor hom en moet se dat dit baie indrukwekkend is. Die teleurstelling is oor die herlaai van die kaliber. Wonder of hier nie so paar manne wat die roer gebruik. Ek het so 50 Norma doppe gekry maar wil graag opskyf na so 150 doppe. Indien die manne wil verklap waar hulle hulle doppe kry sal ek dit baie wardeer as hulle my kan se Wag om van die manne te hoor en bly te kenne vir al die lede
Ek dink hy gaan probleem he met die headstamp op die doppe. As die manne hom langs die pad aftrek en sien daar staan 30-06 op die doppe en nie 338-06 nie, kan hy moontlik probleme optel.
Mooibly.
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
Dankie Ludwig ek wardeer jou insette. Jip het gelees die manne nek die 30-06 op asook die 35 whelen. Die manne druk om net deur n neck sizing die en vermy om hom deur 'n vol lengte die te stoot. Vlykbaar verkort hy jou dop se leeftyd. Ek doen maar net navraag om te kyk waar die manne hulle 338-06 A Sqaure doppe. Het met safari and outdoor gepraat en hulle kry blykbaar 338-06 doppe in van nosler doppe natuurlik gan dit my sak ruk. Ludwig as jy kan verseker dat ek nie met die gereg gan bots nie as ek 30-06 patrone opnek sal ek dit as n oplossing sien. As ek oor die grense skiet laai ek net my X bedrag 338-06 A Sqaure gemerkte doppe dan gooi ek. 'n Man maak mos n plan. Wil maar net ook by die manne hoor wat die kaliber het hoe hulle hom bevind. (Gertvd Merwe dankir het jou e-mail. Sal jou oor die nwk mai, wardeer dit baie