Page 1 of 1
308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 9:39 am
by Camo Joe
Dag se,
Wil net so betjie onder die ouens hoor wat 308's herlaai,hoe ver van die lands af kry julle altyd die beste groeperings,
Ek het onlangs vir my n 308 Savage F/TR aangeskaf en is nog besig om ladings uit te werk vir hom,alhoewel ek al twee shoots met hom geskiet het,
Ek skiet tans Nosler CC 155 uit Lapua doppe met Federal primers met 43gr S335,as ek n 1mm van die lands af laai dan kry ek n TPL van 70,20mm,
Is daar dalk ouens wat baie verder van die lands af laai en goeie groeperings kry,
Ek luister graag,
Mooi loop,
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 1:18 pm
by ablm468
Camoe Joe
Ek weet nie hoeveel mm myne is nie maar stel hom so dat die slot so aan die styf kant toemaak, my beste groep is 11mm.
Skiet met plankgeweer.
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 2:25 pm
by PITSMIT
camo joe
daai specs klink baie goed my 308 is op die kop 72mm met daai selfde nosler cc koeels ek laai hulle net 47gr S341 en skiet eengat groepe op 100m.
ek gebruik winchester doppe en cci200 primers
die spoed is so 2630 +-
jy is op die nr daar speel bitji met tpl om daai groep heel toe te maak jou lading is op die nr
groete
pitsmit
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 3:13 pm
by Camo Joe
Dankie vir die terug voering sover,
Pitsmit
Is daar n rede hoekom jy S341 gebruik,ek sien die spoed is heel wat minder as die 43gr S335,
Ek gebruik die Savage net vir een rede en dit is F-klas skiet,so nou wonder ek of die spoed verskil tussen die S341 en die S335 n positief of negatief is vir as jy die lang afstand skiet.
Mooi Loop
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 3:46 pm
by Arnold
Jy sal moet kyk watse spoed variasies jy kry met S341
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 3:54 pm
by Camo Joe
Ma dit kom seker ma neer op meer spoed is beter vir lang afstande of hoe,
Ek gaan vir my n blik S341 aanskaf en betjie kyk wat maak hy,
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Wed May 23, 2012 4:00 pm
by Arnold
Camo Joe wrote:
Ma dit kom seker ma neer op meer spoed is beter vir lang afstande of hoe,
Ek gaan vir my n blik S341 aanskaf en betjie kyk wat maak hy,
Dit is nie die geval nie. Konstante akkuraatheid en hoer spoed gaan nie altyd hand aan hand nie.
Jy mag dalk 100 fps wen en dan so bont skiet dat jy jou hare uit jou kop trek. Kyk wat doen die ander skuts wat al lank skiet en wat hulle gebruik, mens leer meer as wat jy dink. Baie keer besef jy eers hoe reg die manne is nadat al jou hare uitgetrek is

Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Thu May 24, 2012 8:48 am
by Camo Joe
Daai is heel moontlik die beste raad,en soveel mense het my dit al gese ma jy weet mos,wil alles self try,
Soos ek se ek is ma nog nuut in die game so da is nog meer as genoeg tyd om al die tricks uit te try,
Ek sal sodra ek my gewensde lading en groepeering gekry het dit post,
Baie diankie vir die raad,
Mooi loop,
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Sat May 26, 2012 8:12 am
by Piet Breedt
Ek het n Krico .308 met n 22" loop. Sy los magasyn is maar baie kort en ek kan nie tot naby aan die lands laai nie. Ek laai nou maar so lank as wat my magasyn my toelaat en sodat hy nog betroubaar voer. Ek laai 43gr S335 agter n 155gr PMP Palma Match in PMP en Lapua doppe met PMP primers wat my so 2670ft/sek gee.
So skiet hy met daardie kombenasie.
Re: 308 Herlaai Vraag
Posted: Mon May 28, 2012 8:58 am
by Camo Joe
Dga se,
Ek het die naweek so klein betjie met die TPL gespeel,die eerste foto het ek n TPL van 70.20 dan is hy so 1mm van die lands af gelaai,ek het toe n hele paar ander ladings ook gelaai waarvan net die TPL verskil en het die klein groepeering op 1.9mm van die lands af gekry,beide van hulle is natuurlik 5 skoot groepeerings op 100m,
Die klein groepeering meet 17mm en soos ek verstaan trek jy dan die koeel diameter af so dan kom jy rondom 9mm,
Een van die groot vra wat nou nog natuurlik in die lug hang is of ek my geweer moet skoon maak voor die shoot,hy het nou so rondom die 60 skote deur van hy laas skoon gemaak nie,ek is net bang hy groepeer nie so as hy skoon is nie,
Baie dankie vir al die raad en hulp,soos julle kan sien het dit gehelp,
Mooi loop,