Page 1 of 1

hawke of redfield?

Posted: Mon May 21, 2012 6:34 pm
by junglejulian
goeie naand aand almal!
ek is in die mark vir n scope met n beter vergroting as 12 wat ek op my 243 of .22 wil sit.ek wag vir die wisselkoers dan wil ek n groot VORTEX kry maar ek dink intussen aan die REDFIELD REVENGE 6-18 X44 MET FYN KRUISHAAR OF DIE HAWKE 6.5-20 X42 SIDEWINDER MET MILDOT.WEET IEMAND OF DIE HAWKE N GOEIE WAARBORG HET? enige ander voorstelle sal wardeer word.beplan nie om meer as R3500 te spandeer nie.ek het reeds n lynx 2,5-10 x56mm op die 243

Re: hawke of redfield?

Posted: Mon May 21, 2012 6:49 pm
by atplay
Ek stem Redfield, ek het die Revolution 4-12 x 40, en as die knol agter die roer sy werk doen kan selfs my Brno .270 van 1977 mooi gooi!

Lekkerste ding van koop is die soek!

Re: hawke of redfield?

Posted: Mon May 21, 2012 7:17 pm
by RV
As jy wil jag koop die Redfield.As jy op die baan wil skiet gebruik die Hawk.Hul maak ook n 8-32x56.Hul het n goeie waarborg en vervang n scope as daar iets fout gaan.

Re: hawke of redfield?

Posted: Mon May 21, 2012 8:00 pm
by Izak H
Naand manne

Ek het laas toe ek wou ander teleskoop koop, sommer in die straat af met albei gekyk, hulle langs mekaar vas gehou, dis die maklikste om te oordeel.

Groete
Izak H

Re: hawke of redfield?

Posted: Mon Nov 26, 2012 7:02 pm
by JohanP
Ek het ? Hawke 6-24 x 44 Varmint op my .308 gesit. Baie huiwerig in die begin, moet ek s?

Ek is so beeindruk met die Hawke, ek oorweeg die Hawke 4.5-14 x 44 Sidewinder 30 met Mildot vir my Howa1500 in .375 Ruger
Ek het die vervaardigers ge eops, en gevra, en hulle reken dit is all calibre rated, en manne wat die Hawke's selfs op .50 BMG's sit...

So ek sal sien wat gaan gebeur

Die waarborg is 10 jaar vervangings waarborg
Dit is goed genoeg vir my