Page 1 of 1

Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Sun May 20, 2012 10:04 pm
by LUAN
Ek stap toe in die winkel om vir my .303 koels te koop. Die .303 koele is maar nie veel om van te kies. Ek wou interlocks he maar dis toe weg. Daar kry ek toe n pakkie Siera Pro hunter 180gr vir die ou prys (R335/100) en vat dit iplv pmp wat nie eintlik goedkoper is met die nuwe pryse. Wat my toe agterna byval is dat die Pro hunter is en nie Gameking. Wat is die verskil tussen die twee? Altwee goed genoeg vir jag?

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Sun May 20, 2012 10:17 pm
by tripodmvr
Gaan loer op Sierra se webtuiste wathulle oor hul eie koe?l s?. Msikien het ander lede hul ondervindinge om mee te deel.

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Sun May 20, 2012 10:17 pm
by 243Songdaug
303

Al verskil tussen die ProHunter en die GameKing is dat die GK 'n boattail ontwerp het terwyl die PH 'n flatbase is.  Die PH is 100% net so goed soos die GK vir jagdoeleindes.

Dis maar 'n persoonlike keuse of voorkeur ding - as jy vrede was met die PMP en Interlocks sal jy baie tevrede wees met die PH se werkverrigting.

Groete
Songdaug

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Tue May 22, 2012 6:23 pm
by Piet Pille
Hallo 303,
Ek het voorheen die GK gebruik vir my "springbokkoeel" in my .270 (130gr.) Baie lekker koeel en baie akkuraat. Toe, 2 jaar terug kon ek tydelik nie Game Kings in Namibie kry nie, en siende dat dit kort voor 'n suide- springbokjagtrippie was en ek dringend moes herlaai, het ek maar 130gr Pro hunters gekoop omdat dit al was wat beskikbaar was.

Ek was verras om te sien dat ek selfs effens beter groeperings met die Pro-hunters as met die Game-kings kon kry.
Ek was onder 'n wan-indruk dat Boat tails akkurater as flat bases is en 'n beter trajek het. dis egter nie altyd so nie en eers oor baie lang afstande (350m+) speel die boattail klaarbleiklik eers moontlik 'n rol, en ek skiet nie sommer oor 300m nie.

Ek verstaan ook dat die PH's se konstruksie effens beter as die GK's is, maar kan hier nie uit persoonlike ondervinding praat nie, aangesien ek nie herwinde koeels van beide soorte  uit bokke  geweeg het onder soortgelyke kondisies nie. Let wel, nie een van die twee is premium koeels nie en hulle breek wel op, veral teen hoer spoed en swaar bene. Ek gebruik myne hoofsaaklik vir springbok jag en jakke agv hulle akkuraatheid, maar by die springbokke is dit baiemaal nek en kopskote.

Dit was nogal interresant dat die onderskeie nodes vir elk van die PH's en GK's 130gr by my ladingonwikkeling redelik verskil het- vir die GK's 130gr was dit 51.5gr S365 en vir die PH's 130gr was dit 52.4gr. Ook die optimum TPL's het verskil tussen die twee.

Ek dink in jou .303 behoort dit goed te werk, ook aangesien die spoed redelik laag is ( < 2500fps) en die koele dus nie so erg behoort op te breek nie.

Laat weet wat jou ondervinding is.

Groete
Pieter

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Wed May 23, 2012 8:23 am
by Wouter Roets
Hallo 303

Konvensionele loodkern koeels waarvan beide die Game King en Pro HUnter voorbeelde is het gewoonlik nie n probleem om goeie werksverrigting te gee op inpaksnelhede tot en met 2300ft/sek nie. Lees inpaksnelhede! So in die ou getroue 303 met n 180gr koeel is dit presies die spekrum wat jy kan verwag. So laai hulle met n geruste hart en plaas hulle waar dit saakmaak en jy behoort oor n paar weke lekker te kan smul aan die biltong!

Groetnis
Wouter

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Wed May 23, 2012 8:26 am
by LUAN
Ek laai hulle vanaand!

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Wed May 23, 2012 11:16 am
by Hilux01
*303*

Ek is ook nou bietjie meer as n jaar besig met die herlaai ding en is gelukkig met die Sierra PH 180gr uit my 303
Die akkuraatheid en so gedurende ladings ontwikkeling was baie goed

Ek gaan nou Junie die eerste keer met hulle jag, so sal graag bietjie terugvoer hier dop hou, en as ek kan ook my eie insette gee na my eerste uitstappie

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Wed May 23, 2012 11:28 am
by LUAN
Sal ek n een gat groep skiet met hulle? :P ;D
Ja ek self gaan binnekort blesbokke cull en wil graag teen daardie tyd dinge reg he. Sal terugvoer gee hoe hulle perform het. Ek hoor die 150gr pmp gee vir baie ouens goeie akkuraatheid uit hulle majubas. Sal hulle in my volgende ladings probeer.

Re: Sierra Gameking vs Pro hunter

Posted: Wed May 23, 2012 11:55 am
by Petrie303
Dagse,

Daar is niks fout met 180gr Pro Hunters nie! Ek skiet hulle uit my .303 EPPS Lee Enfield teen 2450ft/sec en is baie akkuraat!
As jy jou deel doen is daar nie 'n bok in die bos wat nie sal bakkie ry as jy hom skiet nie!

Geniet hom!

Petrie