Page 1 of 1

Is die lading veilig?

Posted: Sun May 20, 2012 8:07 pm
by Nico Harris
Ek het die lading vir my 9.3x62 uitgewerk op QL. Die koeel is n 286gr barnes tsx.

Step    Fill. Charge  Vel.  Energy  Pmax  Pmuz  Prop.Burnt B_Time
%      %    Grains  fps  ft.lbs    psi    psi      %        ms
+00.0  110    60.30  2422    3724  50810  7103    100.0    1.308  ! Near Maximum

Ek wil weet of die lading veilig is om te gebruik? Ek sien die dop vulling is hoog- is dit te hoog? Ek is verbaas dat die 9.3 oor die 2400ft/s kan kry met die 286gr barnes!! dit sal n lekker all round lading wees!

groete

Nico

Re: Is die lading veilig?

Posted: Sun May 20, 2012 8:22 pm
by tripodmvr
Ek het gou na Somchem verwys. Max spoed is 2408 met 56,5 gr S335 . Jy het bereken met bykans 4gr ekstra. Jy moet miskien jou geweer se data plaas dat mens 'n toets kan doen. Sien jy het 24dm loop.

Re: Is die lading veilig?

Posted: Sun May 20, 2012 8:31 pm
by tripodmvr
Jy het nie 286 TSX nodig nie. Ek kyk nou na die 250greiner met S355. Hoe hou jy hiervan - 60,1 gr = 2573vps - dis nou 'n bulletjie.

Re: Is die lading veilig?

Posted: Sun May 20, 2012 9:05 pm
by Nico Harris
skuus driepoot die dryfmiddel is s365! ek het klaar die koeels!

Re: Is die lading veilig?

Posted: Sun May 20, 2012 9:22 pm
by tripodmvr
Harris30-06 wrote: skuus driepoot die dryfmiddel is s365! ek het klaar die koeels!
My raad sou wees om dit om te ruil vir die ligter manne. gaan kyk na wat aanbeveel word met koper projektiele. Hulle is gewoonlik te lank in die normale loodgewigte wat aanbeveel word. Die 250gr sal baie beter werkverrigting gee.

'n Dopvulling van 105% kan nog werk, maar 110% is gans te hoog en jou koe?l gaan nie op die regte lengte in die dop bly nie en sal uitgestoot word. Daarom dat ek na S355 toe beweeg het synde dan minder kruit gebruik word en die dop nie so vol word nie.