Klein nag aap/Lesser Bush Baby
Posted: Sat May 19, 2012 6:29 pm
Ek sou graag wou hoor wat die stand van hierdie diertjies is op verskillende plase. Ek kan onthou hier in die tagtigs was hulle so baie in die Thabazimbi omgewing dat party bome op n nag rit in die lig van n "spot light" sommer gelyk het asof hy oortrek is met klein rooi hardekool kooltjies. Deesdae loop ek selde een raak. Lyk vir my of hulle getalle drasties aan die afneem is. Sou graag wou weet of dit die geval is oral deur hulle verspreidings gebied of net hier by ons. Inligting sal wardeur word.