Page 1 of 1

Ingelse Swayback Jack

Posted: Fri May 18, 2012 6:32 pm
by WillJak
Hier is so paar meer detail fotos van een van die messe wat ek onder "Algemeen" gehad het:

2.5mm 12c27 lem en veer, bolsters, liners en penne is vlekvrye staal, hout is Black Chacate.

Image

Image

Image

Image

Image

S? maar......

Re: Ingelse Swayback Jack

Posted: Sat May 19, 2012 6:39 am
by Dawid
Lyk nogals na n ougat biltong messie. ;D

"Black Chacate"......Is dit dalk Swart ysterhout  ??? ???

Prys  ??? ???

Groetnis

oooooooo Sien op Google hulle noem dit "False Mopane" ook en is n hout wat baie mooi afwerk. Smaak my die n harde hout wat vooraf geboor moet word om naels,skroewe of spykers te sink... 8) 8)

Re: Ingelse Swayback Jack

Posted: Sun May 20, 2012 11:55 am
by WillJak
Dawid ek weet nie wat sy Afrikaanse naam is nie maar hulle is reg - hy is hard en hy vat 'n baie mooi afwerking - een van my gunsteling houte wat dit aanbetref.
Oor die prys, hy's in die mark vir R975,00 maar ek gaan jou PM - dis mos darem nie jou eerste een nie, so afslag is in orde!

Groetnis

Willem

Re: Ingelse Swayback Jack

Posted: Mon Jun 18, 2012 11:01 am
by johan1
Iesh daai lemmetjie le mooi in die middel man. Pragtig

Re: Ingelse Swayback Jack

Posted: Sat Jun 23, 2012 7:18 am
by WillJak
Dankie Johan!