Page 1 of 1

Sjokeladeroom-likeur (Lewer 500 ml likeur)

Posted: Tue May 15, 2012 2:57 pm
by Frikkiedbr
Bestanddele
1 Blik kondensmelk (397 gram)
250 ml vars room
250 ml brandewyn
12,5 ml vanieljegeursel
1 ml amandelgeursel
20 ml kakao, gemeng met 'n klein bietjie kookwater

Metode
Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en klits goed
Giet uit in skoon fles of bottel
Draai die deksel toe en plaas in die yskas tot benodig
Skud goed voor gebruik

Re: Sjokeladeroom-likeur (Lewer 500 ml likeur)

Posted: Tue May 15, 2012 6:01 pm
by vlakvark1
Klink lekker vir n wintersaand---------- dalk so rapsie mampoer by ;D ;D

Re: Sjokeladeroom-likeur (Lewer 500 ml likeur)

Posted: Tue May 15, 2012 6:36 pm
by Zack Benade
Vlakvark , ek en jy dink dieselfde ;D ;D ;D
Voels van ennere vere????
Kom kuier jy ?

Re: Sjokeladeroom-likeur (Lewer 500 ml likeur)

Posted: Tue May 15, 2012 6:40 pm
by vlakvark1
Zack Benade wrote: Vlakvark , ek en jy dink dieselfde ;D ;D ;D
Voels van ennere vere????
Kom kuier jy ?
Dit kan net lekker raak :D ;D :o

Re: Sjokeladeroom-likeur (Lewer 500 ml likeur)

Posted: Tue May 15, 2012 7:46 pm
by tokelossie
EISHHH!!! Maar hy klink lekker, gaan hom defnitief probeer, dankie