Page 1 of 1

Roep Fluitjie

Posted: Sat May 12, 2012 11:26 pm
by Fanie
Ons staan vanmore in die wapen winkel se kluis en kyk na die oom se mooi gewere en goeters toe iemand buite by die toonbank 'n roep fluitjie blaas.

Ek kyk uit by die deur en sien so klompie belangstellendes by die fluitjie.

Vra toe vir hulle "Roep julle ons ?"

Weet nie of die fluitjie toe verkoop het nie...

Re: Roep Fluitjie

Posted: Sun May 13, 2012 12:28 am
by visstok
Mooi man! Daai fluitjie werk! Snaaks hoe vinnig n man spring as jy enige geluid hoor wat met roep te doen het. My alarm op foon is n jakkals roep. As daai jakkals skree is ek dadelik wakker en reg! KOD werk ook lekker as jy vannaand agter mamma se blad inskuif, kry elke keur n soen! Groete Alex

Re: Roep Fluitjie

Posted: Sun May 13, 2012 6:03 am
by theedge
visstok wrote: Mooi man! Daai fluitjie werk! Snaaks hoe vinnig n man spring as jy enige geluid hoor wat met roep te doen het. My alarm op foon is n jakkals roep. As daai jakkals skree is ek dadelik wakker en reg! KOD werk ook lekker as jy vannaand agter mamma se blad inskuif, kry elke keur n soen! Groete Alex
Een manier om n man uit die vere te kry - hom geniet