Page 1 of 1
Koos Barnard mes
Posted: Fri May 11, 2012 11:10 pm
by sako 30-06
Naand manne.
Maak nie saak waaroor ons praat in terme van jag nie sal my pa altyd Koos Barnard
Aanhaal en ons dus 99% van die tyd verkeerd bewys.EK dink Oom Koos is my pa se held.
My pa verjaar oor n maand en ons vertrek die 1ste Junie op ons jaarlikse familie jag.
Ek gaan die jaar vir hom n BWB laat skiet vir sy verjaarsdag maar wil ook graag die oggend
As ons op die plaas kom vir hom die nuus gee en dan ook vir hom die Koos Barnard mes.
Nou is my vraag is die messe nog te koop en indien wel waar in die Oosrand kan ek een koop?
Dankie
Re: Koos Barnard mes
Posted: Fri May 11, 2012 11:53 pm
by BenG
Ek het 'n Koos Barnard mes (gaan op elke jag saam) wat my goeie vroutjie by Camdix in Krugersdorp vir my gekoop het.
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 12, 2012 7:16 am
by JPS
Sako,
Ek dink Savuti in brakpan mag dalk nog he.
Groete
JP
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 12, 2012 9:56 am
by Chevvy SS
Mail Koos direk?
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 12, 2012 11:34 pm
by Koos Barnard
.30-06
Ek weet nie van die Oos-Rand nie, maar probeer Zimbi Guns & Outdoor. O ja, is daar nie 'n plek genaamd Jagtersparadys iewers op die Oos-Rand nie. Ek dink hulle adverteer in Magnum. Ekself het lankal nie meer van die messe nie. Jy kan dalk selfs safari & Outdoor in die Kaap probeer. Hulle doen posbetstellings. Dat jou pa dink ek praat so af en toe sense laat my klein voel en dankbaar. Al ken ek hom nie, s? maar beste wense met sy verjaardag en dra my groete oor.
Mooi loop
Re: Koos Barnard mes
Posted: Mon May 14, 2012 8:25 am
by sako 30-06
Dankie vir almal se terugvoer,ek sien zimbi books het messe beskikbaar.ek sal net vandag savuti bel om te hoor of hulle nie dalk nog het nie,dan kan ek sommer die naweek daar verby gaan.
Oom Koos ek dink my pa sal baie baie in sy noppies wees as ek vir hom se Oom se geluk met sy verjaarsdag.
Groete
Re: Koos Barnard mes
Posted: Mon May 14, 2012 11:36 am
by sako 30-06
Ongelukkig kon ek nogsteeds nie reg kom met die mes nie.
So ek sal dit wardeer as iemand my advies kan geen of my kan help om die mes
Op te spoor.
Dankie
Re: Koos Barnard mes
Posted: Mon May 14, 2012 12:50 pm
by DWB
Ek dink amper JJ Wapens in Ermelo het.
017 819 3415
Die posgeld sal nie meer as R60 wees nie en dan is hy binne 2 dae by jou
Re: Koos Barnard mes
Posted: Mon May 14, 2012 10:06 pm
by FE
Jy kan ook by die Suid Afrikaanse Mes makers gulde kyk, hulle het 'n lys van al hulle lede!
Re: Koos Barnard mes
Posted: Thu May 17, 2012 12:23 pm
by Arnold van Wyk
Savuti, het stock van die messe, R215.00, bestel.
Re: Koos Barnard mes
Posted: Thu May 17, 2012 12:52 pm
by sako 30-06
Ek het Savuti maandag geskakel en hulle het my toe n prys van R430 gegee.
So ek wonder nou wat is die regte prys
Re: Koos Barnard mes
Posted: Thu May 17, 2012 2:29 pm
by Arnold van Wyk
Re: Koos Barnard mes
Posted: Thu May 17, 2012 2:59 pm
by sako 30-06
Ja ek ek dit gesien en dis hoekom ek hulle toe gebel het.
Toe ek die ou vra maar hoe kan hulle prys R430 wees as dit R215 op die website is toe se hy hulle webblad is lanklaas opgedateer.Dis eintlik skokkend dat hulle die verkeerde pryse adverteer.
We'll nie snaaks nie maar ek sal nie ooit met hulle besigheid doen oor dit nie.
Re: Koos Barnard mes
Posted: Thu May 17, 2012 5:11 pm
by Giliam
Ek het self dinsdag vir savuti arms gebel,en hulle het vir my n prys gegee van R215 + R50 posgeld. Ek dink n mens kry 2 soorte Koos Barnard messe,die duurder ene is net n beperkte hoeveelheid gemaak,dis hoekom die een duurder is. Ek kan verkeerd wees.
Re: Koos Barnard mes
Posted: Fri May 18, 2012 6:23 am
by sako 30-06
Giliam wrote:
Ek het self dinsdag vir savuti arms gebel,en hulle het vir my n prys gegee van R215 + R50 posgeld. Ek dink n mens kry 2 soorte Koos Barnard messe,die duurder ene is net n beperkte hoeveelheid gemaak,dis hoekom die een duurder is. Ek kan verkeerd wees.
Dit is regtig skokkend.Die verkoopsman het spesifiek vir my gese dis net die gewone Koos Barnard messe wat hulle oorhet,die getekendes of die met die nommers op is alles al lankal uitverkoop.
Nou is my vraag weereens hoe kan Savuti so verkillende pryse uitgee?
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 19, 2012 8:36 am
by Arnold van Wyk
Sako 30-06, lyk my jy is reg oor Savuti, na 3 oproepe en gesprekke met David, wat prys bevestig het, en twee e-mails, nog steeds geen faktuur nie. Nou kan hulle maar vlieg, het klaar n Meula mes bestel.
Ek is self n brombeer, maar hulle maak my bang as jy hoor hoe antwoord hulle die telefoon, Savuti en ek nie weer.
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 19, 2012 10:20 am
by Piet Breedt
Hierdie selfde mes se prys het gewissel van R149.00 tot oor die R300 by Huntex. Ek was verbaas om van die winkels se markup te sien.
Een kie?nt het daar by my kom stoom afblaas oor hy 2 gekoop het by n sekere winkel by Huntex vir v?r oor die R300.00, net om in die ander saal by Humansdorp Koperasie dit kon kry vir R 149.00
Re: Koos Barnard mes
Posted: Sat May 19, 2012 10:48 am
by VdWalt
Ek het R135.00 virmyne by Humansdorp Kop by Huntex betaal.....
