Page 1 of 1
Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Tue May 08, 2012 2:03 pm
by Raven
""Hold the objective end close to a mirror under a good light. I used my bathroom mirror. You'll need to tweek the scope/mirror distance and your eyeball/occular lens distance. Tweek distances until you see two crosshair images, one dark and centered and one lighter and not centered.
The gif image on the right shows how one of my pistol scopes looked through a mirror. The scope was adjusted way high and way to the left. To return the scope to optical zero, I simply adjusted the knobs until the off center crosshair aligned with the center, darker crosshair.
Don't ask me how it works 'cause I don't know. I just know it works and works fast and easy. It works with fixed, variable, and even pistol/LER scopes""
VIDEO:
http://www.youtube.com/watch?v=-A3GwfB0 ... ata_player
Kan julle manne meer inligting gee hieroor,en doen julle dit ook?? EK het na my Scopes gekyk en almal was uit, oftewel nie Optical gezero.
Raven
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Tue May 08, 2012 2:33 pm
by Marc
Raves
Die is bietjie bo my vuurmaakplek, maar ek luister graagÂ

Interisante onderwerp
Groetnis
Marc
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Tue May 08, 2012 2:49 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Dankie vir die informasie sal bietjie uitprobeer
Philip
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Tue May 08, 2012 3:36 pm
by Ralph
Manne
Hier is nog 'n interessante video op youtube:
http://www.youtube.com/watch?v=hPkmU3yw ... ata_player
Geniet hom.
Ralph
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Tue May 08, 2012 9:00 pm
by Cobus(Cobb)
Ek verstaan nie lekker wat daai ou in die spieel in doen nie, smaak my hy stel hom net weer uit.
as jy hom nou terug op jou geweer sit, moet jy hom weer instel (uitstel volgens die spieel beeld)
Of is ek nou net onnosel??
Cheers
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Wed May 09, 2012 7:13 am
by prohunt
Hallo Cobb,
Nou is ek bly dis nie net ek wat nie die kloutjie by die oor kon kry nie. Ek stem saam en kan nie verstaan hoe gaan jy die "optic zero" bly behou as jy die scope op jou geweer moet instel nie.
Groete
Johan
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Wed May 09, 2012 7:25 am
by tripodmvr
Prohunt wrote:
Hallo Cobb,
Nou is ek bly dis nie net ek wat nie die kloutjie by die oor kon kry nie. Ek stem saam en kan nie verstaan hoe gaan jy die "optic zero" bly behou as jy die scope op jou geweer moet instel nie.
Groete
Johan
Met Lynx basisse kan jy darem die links regs baie naby kry. Die hoogte gaan 'n probleem wees synde jy met shims sal moet speel.
Re: Find your Scope's Optical Zero.
Posted: Wed May 09, 2012 8:54 am
by Ralph
Manne
Die idee is dat jy jou scope eers zero en dan so opsit dat jy nie veel hoef te stel na jy hom op gesit het. Kan natuurlik moeilik wees om reg te kry maar as mens dit oor 25 meter doen kan dit dalk beter werk. Natuurlik gaan jy daarna aan hom moet stel en om verder as 100 meter skiet ook weer op stel.
Soos ek verstaan kom die verskil daarin dat jy hopenlik meer positiewe verstellings sal kry omdat die scope reeds gezero was. Dit help natuurlik nie as jy nie die scope se kruis en die geweer se point of impact bymekaar sal kry voor jy die scope vas draai. Hoe minder jy hoef te stel na die tyd hoe beter.
Die kwaliteit van die scope speel natuurlik ook 'n groot rol in hierdie verband. As mens die video wat ek vroeer hierop geplaas het kombineer met die optical zero prinsiep kan dit dalk jou lewe beter maak met verstellings van die scope na dit op gesit is. Wel ek hoop so! Ek gaan dit self hierdie naweek uit toets.
Sterkte daar.
Groete
Ralph