Page 1 of 1

Duiker "KOEI"

Posted: Tue May 01, 2012 4:40 pm
by Ian
Ek skiet gisteraand saam met 'n grondeienaar jakkalse en ons kom op 'n Duikerooi af wat blind is.Hy besluit om haar te verlos en met nadere ondersoek sien ons dat sy 4 spene het. Nou ek het al Duikerooie gesien met horings maar nog nooit 'n ooi met vier spene nie.

Re: Duiker "KOEI"

Posted: Tue May 01, 2012 7:15 pm
by Jacquesb
Interresanthede uit die natuur sal ons altyd fassineer en laat dink!
Jacques

Re: Duiker "KOEI"

Posted: Wed May 02, 2012 3:00 pm
by velskoen
Ek het eenjaar in die 90's 'n koedoe "bul" in die Oos-Kaap geskiet. Horings was so 45", maar baie "nou" en naby mekaar. Die outjie was ook lekker vet.

Hy het beide manlike en vroulike geslagsdele gehad: penis, skrotum maar geen testikels en vagina.

Het daai aand baie flack gevat onder my maters om die vuur.

Re: Duiker "KOEI"

Posted: Wed May 02, 2012 5:04 pm
by tripodmvr
Springbok het twee of vier spene. Lyk my duiker is ook so.

Re: Duiker "KOEI"

Posted: Wed May 02, 2012 5:09 pm
by Johan04
'n Steenbok het ook 4 spene.

Re: Duiker "KOEI"

Posted: Wed May 02, 2012 5:15 pm
by Dawid
N Oubaas het my lankal vertel dis eintlik die klein boksoorte wat tweelinge gooi wat 4 speentjies het. Hoe ver dit waar is kan ek nie se nie want ek skiet hulle nie maar het wel al 2 lammertjies by n ma gesien.