Page 1 of 1

Duiwe bors braai

Posted: Sat Apr 21, 2012 10:13 pm
by ablm468
Manne

Ek het vrydag heeldag duiwe geskiet, het met so 50 huis toe gekom, ek het Gordon Ramsey se program gesien hoe hy die goed de- breast, ek het die probeer maar kom nie lekker reg nie, kry nie die vel heel af of al die binne goed uit nie. Sal bly wees as daar iemand is wat weet hoe om dit te doen.

Ek het toe probeer om hulle gaar te maak in die pan met sout en suurlemoensap. Wat 'n gemors, dit was glad nie lekker nie.  :-[ :-[

Enige hulp/advies sal waardeer word.

Hansman

Re: Duiwe bors braai

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:27 am
by Spanner
Hansman, ek het erens 'n opgeskryfde metode wat vir my lekker werk, ek sal dit gaan soek en vir jou stuur.  Ek maak gewoonlik pastei of pat? van die borsvleis - dis vrek lekker.  Ek sal die resep ook hier plaas, dis regtig die moeite werd om dit te doen !

Re: Duiwe bors braai

Posted: Sun Apr 22, 2012 9:33 am
by Spanner
Hansman, gaan loer hier      http://www.wingshooters.co.za/recipes.php
Daar is die skoonmaak metode asook 'n paar resepte en die resep vir die pat?.

Re: Duiwe bors braai

Posted: Sun Apr 22, 2012 5:36 pm
by Pvdw
Hansman gaan loer op youtube. search die woord "breasting" Daar is etlikke mooi videos wat jou sal help.

Van die gaarmaak weet ek niks, sorry.

Peet

Re: Duiwe bors braai

Posted: Tue Apr 24, 2012 10:21 am
by visstok
As jonglat het ek deur die week kransduiwe met die windbuks geskiet en geslag, gevries en Saterdae as ek en my vriende gaan visvang het ons die duiwe soos flaties gebraai met net gewone braai sout. Was altyd lekker! Groete visstok

Re: Duiwe bors braai

Posted: Tue Apr 24, 2012 10:57 am
by Vincehond
Hansman

Sodra jy die borsies uitgehaal het dan vat jy een van daardie kombuis hammertjies wat mens die vleis met slaan om te tenderise en jy slaan daardie borsies goed plat(plaas die borsies met die vlieskant na onder op jou houtplank). Hulle sal nie breek asgevolg van daai dun vlies aan die eenkant. (regtig goed tenderise). Braai dan jou borsies in bietjie olyf olie saam met uie wat klaar bruin gebraai is. Voeg jou speserye by en laastens net voor jy eet gooi jy sommer n hele klomp van daardie spur basting sous of watse basting jy ook van hou saam worcestersous.

Sag en baie sappig. Moenie te droog braai nie.

Loop mooi saam pap of brood.

Re: Duiwe bors braai

Posted: Tue Apr 24, 2012 11:56 am
by Born2Late
Ek het ook altyd potjie gemaak of n stew,maar deesdae word al die duiwe sosaties.Selfs my meisie kind wat vol nonsens is eet saam.Soos met alle wild moet dit nie te dood gebraai word nie.
Groete.

Re: Duiwe bors braai

Posted: Fri May 04, 2012 5:23 pm
by stan man
vat daai borsies en maak vir jou sosaties,soos jy daarvan hou.laat le dit dan vir so 2 dae in 1000 island sous.braai hom dan en laat weet my.jy kan maar sout bysit na smaak.