Watter is die beste punt?
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Watter is die beste punt?
Watter is die beste punt om te gebruik vir herlaai in 30-06 om van Rooibok tot Eland te skiet met die minste vleis skade maar die dier ook die gouste sal laat le met die regte skoot plasing?
Ek gaan nou begin herlaai alhoewel ek n paar goedjies nog nodig het.
Ek is Hornady aanbeveel maar eers opinie hoor van manne wat die goed gebruik het en ondervinding het met dit. Moet ook nie n plaas se prys kos nie en ook wat gebruik kan word vir teiken skiet.
Dankie en wag vir die antwoorde

-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1220
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Watter is die beste punt?
Ek sou afskop met Nosler Accubond of Partitions. Ek ondervind hulle akkuraat en betroubaar genoeg. Terselfdertyd skuif ek nou ook oor na Barnes TTSX om weg van die lood te kom en so ver is ek nie ontevrede nie.
Maar daar is baie verskillende menings en ek is seker klomp ouens sal verskillende aanbevelings gee. Probleem is jy sal advies van pikswart tot spierwit en alles tussenin kry.
Maar daar is baie verskillende menings en ek is seker klomp ouens sal verskillende aanbevelings gee. Probleem is jy sal advies van pikswart tot spierwit en alles tussenin kry.
Last edited by Sako75 on Sat Apr 21, 2012 3:49 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Watter is die beste punt?
Jy gaan baie antwoorde kry, maar laat ek eerste skoot inkry.
In loodkoe?ls gebruik "bonded" vir jag en die ander vir skyfskiet. Hier is 180gr die beste roep.
Ek persoonlik sal 130-150gr koper koe?l gebruik - Barnes, Spartan, GSC, Impala.
Die prys van 'n koe?l kan selfs drie maal die van skyfskiet een wees omdat jy min uitskiet deur die jaar en die beter jagkoe?l die dier vinniger en verseker dood. Geen kwesbok om te betaal en darem biltong om te eet. Selfs 1 kg vleis gemors is meer geld as wat die koe?l kos. Gebruik dan die goedkoper koeels vir skyfskiet.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
SmitH
- Sr. Member

- Posts: 453
- Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am
Re: Watter is die beste punt?
Grumpy ek gebruik 165gr Nosler accubond en gsc se 150 gr hv in my 3006 en hulle werk baie mooi
-
Danie Lombard .243
Re: Watter is die beste punt?
Is hier al maters wat met die nuwer Hornady GMX (dink dit is hul se naam) gejag het? Die tiepe van Hornady wat soos 'n Barnes X werk.
Dit lyk of dit 'n oulike punt kan wees.
Dit lyk of dit 'n oulike punt kan wees.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Watter is die beste punt?
Danie, kyk hier: http://jaracal.com/index.php/topic,1046 ... 2.html#new
Ek hierdie Dinsdag BWB en vlakvark met hulle uit die nulkwes geskiet en is baie baie gelukkig.
Grumpy, ek skiet 150gr Hornady Interlock vir die baan (kon darem gister weer die manne wys hoe skiet mens hart/long skote op 300m met die nulkwes op blesbok teiken - eks al een wat dit kon regkry) en die 150gr Hornady GMX vir jag, altwee skiet dieselfde plek tot op 300m en ek hoef aan niks te stel nie.

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Giela
Re: Watter is die beste punt?
Ek skiet 165grein Nosler Partitions in die 308. Ek sal graag wil hoor wat is die voordele en nadele tussen Accubond en Partition asb?
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Watter is die beste punt?
Op dieselfde onderwerp. Ek kan nie nou herlaai toerusting bekostig nie, so dis maar gekoopte ammo vir my. Watter gekoopte ammunisie sal vir my goeie resultate en min vleisskade gee?
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: Watter is die beste punt?
Ek skiet enige ding want dis soos al gese het is : DIS DIE SKOOTPLASING.
Nog n vraag hier, ek wil nie die post oorneem nie MAAR.
Almal maak nuwer punte en nuwer gewere en kalibers en daar word goed genoem soos ballistic tips, bonded punte en die lys gaan aan.
Hier is dit nou. Toe ons oupas die roere opgetel het en veld toe gegaan het, het hulle nie gekom en gemoun oor die punt dit en die punt dat nie. Hulle het met loodpunte geskiet en die vleis het altyd huis toe gekom.
So wat dit vir my wil se het die bokke groter en sterker geword dat ons beter punte nodig het om ons te help of is ons net swakker skuts.
Moenie my kruisig nie ek wil net paar manne se menings hoor.
Groete
Dippies

- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Watter is die beste punt?
Dagse,
Net terugvoer rakende Hornady:
In my 9.3x62 kry ek n gemiddeld van 87% behou op groter tipes wild soos wildebeeste en koedoes.Die selfde tipe punte in 7mm Rem nog nooit n punt teruggekry nie maar hy maak lekker skade.Algemene opinie is n harder punt maak minder skade(Rhino is nie n slegte opsie nie).
Alles gaan oor twee goete:
1.Die patroon moet skiet waar jy mik
2.Skoot plasing skoot plasing
Groete
Kobus

Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Watter is die beste punt?
Dippies - die antwoord is baie eenvoudig.Dippies wrote: Ek skiet enige ding want dis soos al gese het is : DIS DIE SKOOTPLASING.
Nog n vraag hier, ek wil nie die post oorneem nie MAAR.
Almal maak nuwer punte en nuwer gewere en kalibers en daar word goed genoem soos ballistic tips, bonded punte en die lys gaan aan.
Hier is dit nou. Toe ons oupas die roere opgetel het en veld toe gegaan het, het hulle nie gekom en gemoun oor die punt dit en die punt dat nie. Hulle het met loodpunte geskiet en die vleis het altyd huis toe gekom.
So wat dit vir my wil se het die bokke groter en sterker geword dat ons beter punte nodig het om ons te help of is ons net swakker skuts.
Moenie my kruisig nie ek wil net paar manne se menings hoor.
Groete
Dippies
1) Omdat die tegnologie verbeter het en daar baie beter koe?ls nou beskikbaar is
2) Wild is baie duurder nou as toe
3) Ek hou nie van lood en stukkies koper in my vleis nie.
Dit maak vir my absoluut geen sin om R7 op 'n koe?l te spaar en 2 - 3 kg morsvleis @R20 pkg weg te gooi nie.
Al bogenoemde aspekte beteken nie dat skootplasing nie belangrik is nie. Dit bly nr 1.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- JAGTERSREG-JRM
- Hero Member

- Posts: 2320
- Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am
Re: Watter is die beste punt?
Dagse,LoveHenties wrote: Op dieselfde onderwerp. Ek kan nie nou herlaai toerusting bekostig nie, so dis maar gekoopte ammo vir my. Watter gekoopte ammunisie sal vir my goeie resultate en min vleisskade gee?
Highland AX is nie te sleg nie,Winchester & Norma is maar die beste
Groetnis
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Watter is die beste punt?
Barnes en Hornady laai ammunisie met monos. Ek glo nie jy gaan
sommer beter kry nie.
sommer beter kry nie.
-
Gerard
Re: Watter is die beste punt?
Dippies, sov?r my kennis strek, is dit net Rhino en NorthFork wat bonded punte maak.