Page 1 of 2

Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:21 am
by Smirre
More
Skiet laasnag 3 jakke en 'n kat
kyk net hoe jonk is die een nog,, is hy nie bietjie laat nie?

Smirre

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:30 am
by Gerhard
Foto is bietjie uit fokus uit...

Maar daai bek lyk soos n stok ou jakkals wat al tande voor verloor het in plaas van n jong jakkals wat nou vlym skerp tanne het...

My 3 zim$

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:32 am
by Geno
Gerhard is reg, dis 'n 8jaar+ oue brak daai.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:36 am
by Smirre
Sal weer foto neem en opsit,, was bietjie haastig vanoggend en het nog 'n nuwe foon om sake te vererger

Indien dit 'n jonge is, is dit normaal?

Smirre

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:39 am
by Geno
Smirre,
Ek kan jou verseker dat dit nie 'n jong jakkals is nie. Neem maar nog 'n foto van daai gums.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:44 am
by Smirre
Geno
Hoe meer ek na die foto kyk hoe meer stem ek saam met jou en Gerhard.

Sal my werker vra om as hulle klaar bees gelaai het weer 'n kiekie te neem en te stuur

Die jakkals se gedrag en lyf en als se vir my hy moet jonk wees  maar die tande spook nou lekker

Smirre

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 8:55 am
by Rooies
Smirre

Daai een het defnetief uit die ouetehuis ontsnap,was seker nie meer lekker vir
hom daar nie, maar jonk not de hell.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:17 am
by BLOK
Dink ook daai is nou n mooi ou trofee jakkie.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:27 am
by Jason
Neeee man,kan julle ouens nie sien daai jakkels is dan nou eers n maand oud!!
Jeckolle welp mos hier in februarie maart maand

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:42 am
by Raven
Definitief 'n ou jak daai... geen twyfel!!

Raven

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:44 am
by Boertjie
Jason

Jy wat n voltydse jagter is, kan mos sien die jakals moet ouer as 3 maande wees.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:47 am
by Jason
Boera

Jammer ek was verkeerd,ek dink nou die jakkels is nog jonger as dit!! Daar is dan nog nie eers 14 melktande wat prominent is nie...so die jakkels is nie 3 maande oud nie, hy is onder 2 maande oud ;)

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:48 am
by Beretta
Manne
Een ding is seker oor die jak sy het nie mediese fonds nie en was baie lanklaas by die tand arts gewees.Maar nou slaap sy lekker em hoef nie verder te worry nie ;D.
Beretta

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 9:58 am
by Gerhard
Jason wrote: Boera

Jammer ek was verkeerd,ek dink nou die jakkels is nog jonger as dit!! Daar is dan nog nie eers 14 melktande wat prominent is nie...so die jakkels is nie 3 maande oud nie, hy is onder 2 maande oud ;)
Toe die skoot klap toe klap daar nog n skoot soos hy van sy ma se spene af geskiet word???

Moes seker eers die melk vd bek af vee voor die jong jakkals afgeneem is... he he he he

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:02 am
by Boertjie
Gerhard

As hulle op daardie stadium kom, dan is hulle mos lekker stil want die bek is seer.Daar moet seker nog n paar van daardie size wees.Wonder waar is ma en pa.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:04 am
by Jason
Gan roep met elsneus om die res van die jong span te locate

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:05 am
by Gerhard
Boertjie wrote: Gerhard

As hulle op daardie stadium kom, dan is hulle mos lekker stil want die bek is seer.Daar moet seker nog n paar van daardie size wees.Wonder waar is ma en pa.
Is seker van daai size wat ek mee gesukkel het die naweek op Naboom...

Boggers wou nie bek oop maak om my te antwoord nie...

Hulle bekke is te seer

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:07 am
by Boertjie
Jason

My keuse sou vlekkie e gewees het.Hulle sal sommer sing.

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:10 am
by Jason
Jakkelse kry 2 keer n jaar kleintjies,ek dink sodra sy daai jongspan hier op 7 maande begin kos aan dra sal sy weer op hitte kom. Ek hou baie van jakkels huil daai tyd

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:17 am
by Gerhard
nie eers daai betroubare klanke kon n peep uit die jongspan kry laas naweek nie... :o

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:17 am
by Gerhard
Jason wrote: Jakkelse kry 2 keer n jaar kleintjies,ek dink sodra sy daai jongspan hier op 7 maande begin kos aan dra sal sy weer op hitte kom. Ek hou baie van jakkels huil daai tyd
Ek verstaan die storie ook so...

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:22 am
by Boertjie
Gerhard

Die beste raad is om die gate met die braak kolle te gaan soek.Dan te wag vir ma en pa.As hulle dood is kan jy die kinners skiet.
Gerhard wat sou jy doen in hierdie situasie??

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:36 am
by Smirre
more
Spot maar....
Kyk na die ondertande?

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:40 am
by Boertjie
Smirre

Maar dan weet jy mos dit is n ou jakals.Hoekom vra jy dan nog?

Boertjie

Re: Jong jakkals

Posted: Fri Apr 20, 2012 10:50 am
by roux cf
Daai jakkals is seker n WP-ondersteuner! Vandaar die uit voortande, hahahahahaha