Page 1 of 1
Scope vir .375 Ruger
Posted: Wed Apr 18, 2012 10:41 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Naand Manne en Mannine
Ek het vir my .375 Ruger die Burris Fullfield 30 3-12x40 Balistic plex gekoop,mar nou sit ek met 'n probleem,ek begin dink ek moet miskien 'n paar rand extra uithaal en 'n bietjie beter scope koop,wat dink julle?is die scope reg vir die geweer of moet ek iets anders soek,indien die laaste,wat stel julle voor in die R5000-R6000 klas?
Leka aand
Re: Scope vir .375 Ruger
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:02 pm
by tripodmvr
Ek het die Burris 3x9 op my 375. Skiet joune ssos jy hom gekoop het. Het die teleskoop nie 'n lewenslange waarborg nie? Jy het dan nooit weer nodig om geld uit te haal nie. Bestel net nuwe een as die vorige een kalf.
Re: Scope vir .375 Ruger
Posted: Wed Apr 18, 2012 11:22 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
tripodmvr,
Ek het nognie die scope lat mount nie het net gewonder of ek die regte besluit geneem het met die scope,war jy maak nogal sin,hy het 'n lewens lange waarborg so hoekom dan nie hom opgebruik nie
Dankie
Re: Scope vir .375 Ruger
Posted: Thu Apr 19, 2012 7:46 am
by Armand Steenkamp
Daar is op die aarde niks voud met daai scope nie!
Groetnis
Re: Scope vir .375 Ruger
Posted: Thu Apr 19, 2012 8:57 am
by BRNO (Pierre)
Nee wat, gooi hom op. Ek skiet reeds vyf jaar met my FFii 3-9*40 en moes absoluut die minmum stel vandat hy die eerste keer gezero is. Jy sal nooi spyt wees oor die scope nie.
Re: Scope vir .375 Ruger
Posted: Thu Apr 19, 2012 9:09 am
by Philip De Bruyn(MFWIC)
More Julle,
Dankie vir die terugvoer ek voel nou sommer beter<het 'n foutjie gemaak met die skryf daarbo dit is 3-9x40 en nie 3-12x40 soos ek geskrys het nie.
Lekker Dag almal