Page 1 of 1
Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 7:49 am
by erx
Hallo manne
Ek wil graag hoor wat die metode is vir die meting van blesbok horings op die rowland ward metode?
Weet julle dalk wat die kwalifiserings lengte is?
Groete
erx
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 7:56 am
by Geno
Hallo ERX.
Metode 7 word gebruik.
A-B is die lengte wat in die boek kom.
Meet met 'n dun kabeltjie, en moenie die kabel binne-in die riwwe druk nie, die mates moet oor die riwwe wees.
Minimum: 16 1/2"
No.1: 20 5/8"
Groete,
Eugene
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 8:39 am
by erx
Thanks Geno
Ek gaan gou so maak.
Groete
erx
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 10:36 am
by johan1
Vroetel maar mooi tussen die hare in tot by die basis van die horing. hou maar die kabeltjie mooi teen die horing en gaan bo oor die riwwe, moenie in die holtes i forseer nie. gaan reguit op tot op die punt. Knyp een van daai klein krokodilknypertjies op die kabel vas en skyf dit teen die horingpunt.
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 11:06 am
by BLOK
Geno wrote:
Minimum: 16 1/2"
No.1: 20 5/8"
20 5/8" wonder watter jaar dit was, daai bok het seker amper soos n klein gemsbok gelyk
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 11:09 am
by Stefan764
Sal graag die horings wil sien. Het al 19" gesien en dis bitter impressive...
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 12:19 pm
by erx
Hi manne, dankie vir die reply.
Ek het hom gemeet, langste horing meet presies 16 1/2", korter een se punt is rond en meet 16 1/4".
Baie netjiese stel horings, mooi wit diep riwwe op.
Ek sal ook graag daai no 1 wil sien.
Groete
erx
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 12:46 pm
by Hilux01
ERX
Onthou deel van RW se kwalifikasie is dat die horings 30 dae moet le na die jag voor dit gemeet is.
Aangesien horings kan krimp in die tyd
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Mon Apr 16, 2012 2:01 pm
by erx
Hilux01
Hi mater, gelukkig sal die horings die winter al 'n jaar le, ek wil inelkgeval nie dit registreer of so iets, was ma net nuuskirig.
Iemand wat ek ken het die bok laasjaar geskiet, wou net vir interesanheid hom laat weet.
Groete
erx
Re: Rowland Ward meting vir Blesbok
Posted: Tue Apr 17, 2012 9:53 am
by johan1
Is daai wag tyd nie 60 dae nie????? want die algemene krimp persentasie is dan orde van 5% wat jy op daai nat horing gaan verloor