Page 1 of 1
Nuwe Lid Michiel
Posted: Sun Apr 15, 2012 7:28 pm
by MichielC
Goeiedag,
Ek is Michiel Coertzen, woon in Pretoria, groot geword op die platteland, en jag al vandat ek 13 jaar oud is.
Ek het so n maand terug my eie eerste geweer gaan haal, 30-06, ek het baie navoring gedoen, en die forum het meer as gereeld opgekom met antwoorde. Dit kom voor asof hier manne is wat weet waarvan hulle praat, en daarom my besluit om aan te sluit.
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Sun Apr 15, 2012 7:56 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Baie welkom
Ek glo jy sal sommer 'n skatkis vol wysheid hier raakloop,almal van ons leer darm nog nou en dan ook iets nuuts
Lekker Aand
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Sun Apr 15, 2012 8:46 pm
by MichielC
Dankie MFWIC ,
Glo ook so, sit heelaand sover en lees, en as ek net voor die tyd die aansluiting gedoen het kon n ou heelwat ammunisie gespaar het, baie" trial en error" die laaste maand , bygese baie dinge geleer wat ek nie somme sal vergeet
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 7:36 am
by Armand Steenkamp
Welkom , glo jy sal geniet!
Vra gerus as jy vashak! Ons almal leer daruit op die ou einde!
Watse roer het jy toe gekoop?
Groetnis
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 11:06 am
by theedge
hi en baie welkom - bly om kennis te maak weet jy gaan dit saam ons geniet
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 1:19 pm
by Ferdi
Hallo Michiel
Groete
Ferdi
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 5:58 pm
by MichielC
Middag Manne,
Dankie , Armand; theedge en Ferdi vir die verwelkoming !!
Armand, ek het n CZ 30-06 gekoop, en gaan jou dadelik opvat in met die "vra gerus"
Ek het my geweer ingeskiet met PMP Pro AMM 180 grein, nou sien ek die manne en baie op die forum is nie aanhangers van PMP ammunisie nie , ingesluit Pro AMM. Ek gaan die 1ste naweek in Mei maand jag (bosveldjag), en dan weer later dieselfde maand, op my Lysie is Koedoe, Nyala, rooibok, en blouwildebees sou ek hom raakloop,
Wat se ammunisie (fabrikaat) sou julle voorstel ? ( koop van die rak af), sal graag na die jag seisoen wil begin herlaai,
Dankie, ek sien uit om te hoor wat julle se.
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 6:42 pm
by Jakes73
Hi Michiel,
baie geluk met jou nuwe roer ... ek het ook self my CZ 550 Lux 30-06 in besit geneem so 3 weke terug ... UITSTEKENDE keuse gewees ou maat ...
Oor die amunisie, ek beplan om met Barnes TSX 168gr pille te jag die jaar maar 'n vriend van my gaan my help met lading ontwikkeling en die laai proses. Ek laai nog nie self en sal dit eers later op my eie aandurf.
Watse scope het jy op joune gesit?
Jaco
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 9:50 pm
by Marc
Baie welkom Michiel
Geniet dit hier saam ons en ja hier IS manne wat KEN

Vra maar gerus
Groetnis
Marc
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 10:06 pm
by Cornelius
Welkom Michiel,
Hoop jy geniet die forum saam met ons.
Cornelius
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Mon Apr 16, 2012 11:19 pm
by visstok
Welkom, hoop jy geniet dit hier saam ons! Groete visstok
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Wed Apr 18, 2012 12:07 am
by MichielC
Goeienaand , baie dankie , Marc , Cornelius en Visstok vir die welkom heet! Jaco ek het Leupold VX1 3*9*50 met die LR duplex reticle laat opsit. Was nogal n ge stoei om n leupold met die lr duplex in die hande te kry met tye wat my lisensie goedgekeur was, moet se is baie tevrede veral met die 50 lens voor. Het jy al n scope op jou nuwe cz ? Ek het n post op die forum raakgelees wat iemand gese het dit is soos om jou kind die 1ste keer huis toe te vat, en was inderdaad baie aan genaam( weet nou nie hoe dit voel om n kind huis toe te vat nie , maar as dit die gevoel is, kan ek dalk net n rugbyspan he )
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Wed Apr 18, 2012 12:06 pm
by Cornelius
Michiel,
Ek stel voor ons gesels bietjie more met die manne van PMP by die Huntexpo. Hoor wat hulle te se het en wat hulle voorstel sal wees vir beter groepering. Glo hulle sal hulle eie produk voorstel
maar dalk kan hulle ons bietjie meer inlig oor hulle produk en wat om te verwag. Ek ken jagters wat al jare suksesvol gejag het met PMP's.
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Wed Apr 18, 2012 12:16 pm
by Jakes73
MichielC wrote:
Goeienaand , baie dankie , Marc , Cornelius en Visstok vir die welkom heet! Jaco ek het Leupold VX1 3*9*50 met die LR duplex reticle laat opsit. Was nogal n ge stoei om n leupold met die lr duplex in die hande te kry met tye wat my lisensie goedgekeur was, moet se is baie tevrede veral met die 50 lens voor. Het jy al n scope op jou nuwe cz ? Ek het n post op die forum raakgelees wat iemand gese het dit is soos om jou kind die 1ste keer huis toe te vat, en was inderdaad baie aan genaam( weet nou nie hoe dit voel om n kind huis toe te vat nie , maar as dit die gevoel is, kan ek dalk net n rugbyspan he )
Hi Michiel,
ek het die VX1 3-9x40 met die gewone Duplex reticle gevat ... maar ek is baie in 2 minds op die oomblik of ek nie eerder moet upgrade na die Nikon Monarch 4-16x42 nie. Met die 3-9 vergroting sukkel ek so effens op die skietbaan maar ek's ook nie seker of ek dalk net te haastig is nie. Ek het sopas my loop klaar ingeskiet en wonder of ek hom nie net nog so 2 of 3 sessies op die baan moet gee om te settle nie.
Miskien moet ek eerder eers gaan jag die jaar en kyk hoe ek en die scope mekaar vind in die bos ... after all, dis mos in die bos waar dit gaan saakmaak en nie op die papier bokke op die baan nie.
Het jy al klaar jou loop ingeskiet? En watse groperings kry jy op 100m sover?
Jaco
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Wed Apr 18, 2012 4:29 pm
by MichielC
Middag Manne,
Cornelius, ons sal beslis met hulle gesels in die verband.....ek het ook al baie goeie stories van PMP gehoor, maar ook andersom,
Jaco, ek moet se die 3-9 werk vir my,maar dit is die ding om jou eie geweer te he, aan te pas soos hy vir jou werk, ek het verlede jaar ook met n 3-9*40 gejag, en dit het vir my gewerk in die bos.
Wat sien jy as loop inskiet? ek al 10 pakkies (*20 rondetes) die afgelope maand deur myne gejaag, wat sien jy as loop inskiet ?
IVM die haastig, iets wat ek agter gekom het, wat n groot fout by my was, is ek het die loop warm geskiet, en dan probeer inskiet, glo my dit werk nie, ek skiet nou net 2 skote na mekaar, en gee die loop dan kans om af te koel, en die resultate was 100 keer beter.
Sien fotos van my groeperings op 100m, PMP Pro amm rak ammo
Die eerste een sal jou n idee gee van die grote van die teiken, die volgende een was toegeplak voor, en ek het net strepe getrek agter,
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Fri Apr 27, 2012 11:02 am
by Jacquesb
Hi Michiel
Welkom, lekker kuier.
Groete
Jacques
Re: Nuwe Lid Michiel
Posted: Sat May 12, 2012 10:10 am
by Sean SSR
Welkom