Page 1 of 1

Hoekom?

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:18 pm
by slang
Ek is maar nuut hier, wil ma net hoor of julle dit ook al gevind het dat sekere jakkalse meer lammers vang as ander? het iemand dalk n verduideliking vir my?

Re: Hoekom?

Posted: Fri Apr 13, 2012 2:01 pm
by Skolla
Een lam is al te veel.
Ek dink nie verder as dit nie.

Re: Hoekom?

Posted: Fri Apr 13, 2012 3:33 pm
by Jassie
Slangman

Die jakkie is seker ook maar nes ek- hou ook meer van die lamtjop ding as die steak.

Groete
JAS

Re: Hoekom?

Posted: Fri Apr 13, 2012 9:30 pm
by JopieFourie
Party is meer gewoond aan lam as ander. Kerngebied is dalk nader aan lam kamp as vorige jare.

Onthou net dat lammers is sagte teiken. As 'n jakkals dit eers agterkom is dit nag Nella.

Re: Hoekom?

Posted: Thu Apr 19, 2012 9:41 am
by roux cf
Manne,

Ek mag verkeerd wees maar ek dink die rede is dalk as volg:

1: jakkals is optimuste, vang wat die maklikste is=lammers
2: hoeveel van jakkals se natuurlike kos is in die betrokke gebied.
3: jakkals is maar soos hond, as hy 1 keer n lam gevang het is dit verby.

net my siening

Groete
Charl

Re: Hoekom?

Posted: Thu Apr 19, 2012 9:49 am
by visstok
Roux, lammers is lankal jakkalse se natuurlike kos, soos jy se, hy vang wat die maklikste is! Stem saam oor die kamp wat in sy kern gebied val. As n jakkals eenkeur agtergekom het hoe maklik dit is om n lam te vang en boonop is dit in sy kern gebied, hoekom moeite doen om iets anders te vang? Groete visstok

Re: Hoekom?

Posted: Thu Apr 19, 2012 6:38 pm
by slang
Dankie vir al die terugvoer. By ons is 'n oorvloed van natuurlike kos vir die jakkalse.