Page 1 of 3
Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 6:37 am
by sako 30-06
More.
Ek het bietjie op die forum gelees oor knaldempers en dit wil vir my voorkom of die terminator knaldemper baie goed is.Nou is my vraag,ek het n lee enfield .303 wat n .308 gemaak is,is daar iemand in die oosrand omgewing(boksburg) by wie ek die knaldemper kan koop en laat opsit of moet ek die knaldemper deur die pos bestel en dan laat opsit deur thinus of andries?
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:05 am
by VdWalt
Ek het myne sommer deur die pos bestel en reguit na Andries laat stuur.
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:56 am
by BLOK
+1 vir VdW
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:18 am
by Blackie Swart
Sako 30-06 jy kan maar daai termanator deur die pos bestel.Glo my jy sal nie vir een dag spyt wees as jy dit op laat sit nie.Het self myne deur die pos bestel en by n wapensmit laat opsit.
Groete
Blackie
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:21 am
by sako 30-06
Het enige iemand kontakbesonderhede om een te bestel?
Dankie vir almal se advies.
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:31 am
by Vincehond
Hier is Clarence se nommer wat die Terminator bou.
0 agt 3 2 agt 67162
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 8:52 am
by Dippies
Koop kla nuwe silencer en laat hom opsit.
Moenie sukkel met 2de handse een nie. En kan ook nie dink dat n man wat een sal verkoop as hy hom eers opgesit het nie.
Groete
Dippies
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 9:44 am
by sako 30-06
Kan iemand asb vir my andries se kontak nommer gee?
Dankie
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 10:49 am
by VdWalt
Andries (ek dink hy is Moller) : 0 agt2 564 nul 426
in Rooihuiskraal.
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 2:05 pm
by johan1
Ok. Daar is ek ook nou deel van die terminator groep. Het een bestel vir my 30 06. Clarence reken 30 06 skop min of meer soos 243 as die outjjie eers op die punt is.
Sien nou baie uit
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 2:45 pm
by BLOK
My 300H&H het so erg geskop voor die demper dat mamma nie eers met hom wou skiet nie nou skiet my seun in graad3 skoot vir skoot met hom. Boonop kan ek van hy opgesit is sien waar my skoot slaan.
Jyt reg gekoop en jy gaan hom baie geniet.
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 3:34 pm
by Cobus(Cobb)
My terminator l? in my kluis, klaar gemaak, gepos, ge collect, betaal, alles......
Ek sukkel nou om dit oor my hart te kry om my geweer te laat sny, my voorste sights te verloor ens....
Is ek simpel??
Cheers
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:08 pm
by SV MAD (Henk)
Ek het my 375 natnuut vol ghries gaan haal toe ek my lisensie kry en afgelaai by die wapensmid en hom 'n thread laat sny vir my Terminator. Awesome.
Skiet te lekker met hom, hy voel soos 'n 270 omtrent. Kan skiet sonder oormowwe en my ore tuit nie eers nie...
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:47 pm
by Dippies
Cobb wrote:
Is ek simpel??
Cheers
Jy het dit gese nie een van ons nie
Ek moet se met n silencer kry n kettie se volle potensiaal.
Sny die threat, hulll maak jou n cap wat oor threat kom sodat jy nie eens kan sien da is gewerk aan loop nie.
Dis soos clarence myne gedoen het.
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:54 pm
by Cobus(Cobb)
Sny die threat, hulll maak jou n cap wat oor threat kom sodat jy nie eens kan sien da is gewerk aan loop nie.
Dis soos clarence myne gedoen het.
[/quote]
Ek verstaan so, maar jou voor sights is moertoe...kan hulle 'n cap maak wat jou sights behou??
Cheers
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:57 pm
by Dippies
Cobb wrote:
Sny die threat, hulll maak jou n cap wat oor threat kom sodat jy nie eens kan sien da is gewerk aan loop nie.
Dis soos clarence myne gedoen het.
Ek verstaan so, maar jou voor sights is moertoe...kan hulle 'n cap maak wat jou sights behou??
Cheers
[/quote]
Clarence het my opsie gegee maar ek het reeds toe al my agterste sights ook afgehaal om scope laag te mount.
Hulle kan dit doen maar sal jou seker paar $$$ vra. Ma as dit by guns kom dan hoe se hull "money talks"
Groete
Dippies
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 5:16 pm
by Cobus(Cobb)
Dan sal ek maar daai $$$ uithaal..
Thanx Dippies, jy laat my sommer weer beter oor als voel...
Cheers
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 7:46 pm
by Blackie Swart
Ag nee man ouens julle maak nie reg nie.Met al die pratery oor die kd het gemaak dat ek sopas vir my nog een vir my 308 bestel het by Clarence.Ek weet die kettie gaan ooploop met die kd op.Ek is baie tevrede met my eerste kd op my 243.
Groete
Blackie
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 9:12 pm
by Pvdw
Cobb het daai gun van jou nou nie 'n scope op nie

Vir wat soek jy nog voorste korrel ook nog???
Ek was darm erg tevrede toe my 303 terugkom met daai 22" loop en die skroefdraad vir die Terminator. Ek het hom laat blou en siedaar, 'n roer wat vir niks terugstaan nie
Peet
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 10:55 pm
by Cobus(Cobb)
peet,scope is op ja,maar dis ook 'n erfstuk met 'n lang storie........en ek is 'n ou wat baie hou van onveranderde dinge....dalk bietjie "oldschool"...as die manne vir my 'n cap kan sny en my voor sights weer daarop kan mount,sal ek die gelukkigste man wees...
Cheers
Re: Terminator knaldemper
Posted: Thu Apr 12, 2012 11:05 pm
by Pvdw
Cobus as 'n man iets wil h? dan moet dit mos so wees
Hoop jy kom reg.
Peet
Re: Terminator knaldemper
Posted: Fri Apr 13, 2012 6:21 am
by grumpy
Dink julle nie die vorige eienaar sal trots wees daar bo om te sien hoe mooi julle die geweer maak en upgrade nie? Ek glo nie hy sou dit so gelos het nie. Sekerlik sou hy ook wou spog met n mooi geweer!!

Re: Terminator knaldemper
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:28 am
by SV MAD (Henk)
My 375 het nog die skroefies in as ek 'n frontsight wil opsit. Hulle het thread gesny en seker so 5mm voor die skroefie gestop. As ek die cap ophet lyk dit soos deel van die loop, maar as ek die Terminator opsit dan wil daai roer net gesels! heeldag aldag lank...
Re: Terminator knaldemper
Posted: Sun Apr 15, 2012 9:43 am
by Jassie
Cobb
Ek weet presies waarvan jy praatÂ

Geweer is totaal nog oorsprongklik soos van sy mammie af en dis nie 'n "cheapie" nie. Het al gedink om nog een, goedkoper te koop, maar ek laaaaik die kaliber en wat dan gemaak met die lisensie.
Laat my weet as jy oplossing het
Groete
JAS
Re: Terminator knaldemper
Posted: Sun Apr 15, 2012 11:08 am
by Cobus(Cobb)
Jas, ek gaan die manne wat die voosrights gaan afhaal en thread sny, vra on die sights weer op die cap te monteer, ek glo dit kan gedoen word....sal maar die naweek gou by Formalito by huntex gaan hoor of hulle kan....
Sal jou laat weet...
Cheers