Page 1 of 1

Ver van die huis af ?

Posted: Fri Feb 12, 2010 4:53 pm
by Wielie Waps
http://i1012.photobucket.com/albums/af242/WIELIEWAPS/bosvark.jpg

Hierdie ou beer is naby Springfontein in die Suid Vrystaat gekry?
Is hy ver van die huis af of het hule voorheen daar voorgekom?

Re: Ver van die huis af ?

Posted: Fri Feb 12, 2010 5:36 pm
by tafjak
Wielie

Darie vark moet oud wees. Sien die tralies gooi mooi strepe op die ou, seker om te camo, maar reken dat bosvarke ook die land nou vol reis en sal nie sommer s? dat die ou v?r van huis is nie.

Re: Ver van die huis af ?

Posted: Fri Feb 12, 2010 6:14 pm
by MEERKAT
Waps

Eers gedink dis 'n kruis tussen maanhaar jakkals en klaas beesneus muis totdat die baas tot redding gekom het.

Lyk of die gogga in die pad doodgery is.

Ken glad nie die goete hoe swaar kan hulle word?

Knou goggas af
MEERKAT

Re: Ver van die huis af ?

Posted: Fri Feb 12, 2010 10:38 pm
by Christo
WW

Ek dink die plaaslike inwoners vrees hom al lankal. Dink seker dit is 'n tokkolosie se hondgedierte.


Ek hoor dat daar deesdae Vlakvarke voorkom in daardie gewestes, maar die ouens het ek regtig gedink is beperk tot hulle gebiede.

So leer ons. Dalk kom die Koedoes weer terug hier na ons area toe, dit sal voorwaar 'n plesier vir die oog wees.

Christo

Re: Ver van die huis af ?

Posted: Sat Feb 13, 2010 8:29 am
by Wielie Waps
Christo
Vlakvarke is volop daar - mooi om te sien , maar pes op die veld. Buurman reken hy het laasjaar so 80 geskiet.
Ek het een naweek 3 soe geskiet met altesaam 14 kleintjies nog in die pens.
Ek wil tog glo dat die klein varkies goeie jakkals kos uitmaak , want ons het maar min verliese onder die skaap gehad.