Page 1 of 1

.22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Tue Apr 10, 2012 8:11 pm
by green leader
Goie dag kan iemand dalk help,
ek het n .22 hornet die maak is anshutz model 1430, die probleem met hom is dat hy nie die slot wil laat toe maak nie as ek n patroon laai, ek het lee doppies al probeer en wil ook nie ek het gedink die patroone is te lank maar soos ek se hy maak nog steeds so met ongelaaide doppies, kan dit dalk die extractor wees.

help asb

baie dankie
Green Leader

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Tue Apr 10, 2012 8:17 pm
by Beretta
Check jou doppie se lengte volgens spec in die sochem boek sonder die punt
B eretta

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Tue Apr 10, 2012 8:42 pm
by green leader
sal so maak dankie Oom.

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Tue Apr 10, 2012 9:16 pm
by Blackie Swart
Naand Green Leader.Draai die skroef aan die voorkant van die snellerbeul uit.Sit nou n rondte in en ek glo jou probleem is nou klaar.Ek het dieselfde probleem gehad,maar is nou reg.
Groete
Blackie

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Tue Apr 10, 2012 9:19 pm
by Hein M.
Jy kry twee verskillende Hornets - Dink die een is 'n Hornet K?

Moontlik dit...

Hein

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Wed Apr 11, 2012 7:40 pm
by green leader
het nou alles probeer, wat my kop plat maak is dat hy wel van die s&b patrone gevuur het, sonder enige probleeme, ek kan n patrone in sit en die slot toe maak, maar as ek die selfde patroon weer wil laai, dan wil hy nie.

Re: .22 hornet slot wil nie toemaak op patroon

Posted: Wed Apr 11, 2012 8:34 pm
by Hein M.
Kyk of daar nie 'n merkie op die "rim" van die dop / patroon is nie.  Dit kon dalk - soos vroeer genoem veroorsaak dat die slot nie wil toemaak nie.

Hein