Page 1 of 1

Wereld Rekord Bosvarke - is die waar?

Posted: Thu Apr 05, 2012 12:51 pm
by FHM
Dagse manne - vir die wat nognie oppad is na hulle Paasnaweek bestemmings nie wil ek die twee artikkels deel.

http://www.foxnews.com/story/0,2933,275524,00.html#
http://www.sportsafield.com/content/wor ... st-boars-0

Ek wil graag weet wat dink julle manne - is hier nie dalk bietjie ge 'fotoshop' nie? Die een artikkel is deur Craig Boddington self geskryf en hy is n gerespekteerde skrywer en PH as ek reg verstaan - dus is ek meer gemaklik om sy foto en artikel te glo. Maar daai een van die 11 jarige laaitie wat met n .50 kal rewolwer daai monster geskiet het...eish ek sluk regtig swaer aan die mates en gewig en fotos oor daai varkie...

Wat dink julle?

Re: Wereld Rekord Bosvarke - is die waar?

Posted: Thu Apr 05, 2012 1:00 pm
by Danie01
Ek twyfel ook sterk in daai foto met laaitie, lyk of die kerel 5m agter die vark sit!!

Re: Wereld Rekord Bosvarke - is die waar?

Posted: Thu Apr 05, 2012 1:26 pm
by FHM
Dankie Danie / Ludwig

Ludwig, ja - ek het so gedink oor die .50 kal bosvark - genade lyk soos n bees - n helse groot bees bygese

Groetenis vanaf Swakopmund

Re: Wereld Rekord Bosvarke - is die waar?

Posted: Mon Apr 16, 2012 10:42 am
by johan1
Nee wat manne , ek dink dis n pot snot, daai ding is groter as n buffel. Nee wat ek sal baie ander dinge glo maar daai is bietjie verregaande