Page 1 of 2
Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:47 am
by Smirre
More
Ek moet vir Louis komplimenteer met die klank.
Het die week 4 rooi maaitjies met die klank verwyder
Die een was 'n 6jaar plus reun wat ek al 'n rukkie soek
Die springbok klank is ook 'n wenner
Smirre
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 3:09 pm
by theedge
Smirre wrote:
More
Ek moet vir Louis komplimenteer met die klank.
Het die week 4 rooi maaitjies met die klank verwyder
Die een was 'n 6jaar plus reun wat ek al 'n rukkie soek
Die springbok klank is ook 'n wenner
Smirre
stem met die stelling
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 3:48 pm
by Louis102
Smirre, dankie, ek's regtig bly die klanke help darem hier en daar. "Sukses" met 'n klank is egter 'n kombinasie van 'n hele paar faktore, waarvan die jagter se vaardigehede en geduld sowel as die manier waarop hy die klanke aanwend, seker die belangrikste is. Rooi Alleen behoort van nou af, al beter, tot diep in die moeiliker tyd, resultate te lewer. Dit, as my ondervinding daarmee, 'n maatstaf mag wees.
Voorspoed!
Louis
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 4:50 pm
by Piet Breedt
Louis 101, ek het ook so week terug baie sukses gehad met Ombu stel roep en Steenbok Pikant. Lekker klanke hierdie van jou. Ek het die ekstra CD wat Geno van jou gehad het ge koop. Hy werk mooi.
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 6:17 pm
by Louis102
Piet Breedt wrote:
Louis 101, ek het ook so week terug baie sukses gehad met Ombu stel roep en Steenbok Pikant. Lekker klanke hierdie van jou. Ek het die ekstra CD wat Geno van jou gehad het ge koop. Hy werk mooi.
Dankie vir die terugvoer Piet. Dit wys dat elke klankie maar sy plek het en ek nie altyd na my ou gunstelinge hoef gryp nie. Ek gebruik persoonlik maar selde vir Steenbok Pikant. Miskien moet ek met nuwe o? na hom kyk, want jy's nie die eerste wat reken hy werk nie. Het darem eenkeer 'n sluwe ou skelm met Steenbok Pikant uitoorl?, maar my ervaring was dat die reaksie/inkom op hierdie klank nie so haastig is nie.
Groete
Louis
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 6:52 pm
by tafjak
Louis
Moet saam met Pieta stem, darie steenbok en die haas is regtig klanke wat vir my werk, veral die steenbok.
Mooiloop
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 7:50 pm
by JACQUES BOTHA
OOM LEEU
Ek is mos n steenbok verslaafde maar hy is vir my my laaste redding, ek probeer eers ietsies liggies en saggies maar ek sal nooit veld toe wil gaan sonder ten minste 3 steenbok klanke in my midde nie...
Ek het ook darem so los gelukkie met die allegaartjie gehad -- 4 in in ry gepiets met hom...of met hulle...
Die jongetjies het sommer luidkeels tekere gegaan en ingesnol om te kom loer..
Lekker bly
Jacques
Re: Rooi Alleen
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:29 pm
by Louis102
Ai manne, dis nou 'n riem onder die hart! Dis t? lekker om te hoor van julle suksesse en dat die CD darem 'n bydrae maak. Ek het geglo die CD kan bestaande klanke van Heinrich, Taffie en ander goed aanvul en komplimenteer, maar sulke nuus is nou ware beloning moeite wat ek daarmee gehad het. Dankie!
Re: Rooi Alleen
Posted: Sat Apr 07, 2012 12:27 pm
by visstok
Ek raak al meer opgewonde! Ek vat my pa en swaer volgende vrydag aand uit en gaan vir die eerste keur oom se klanke toets hier in die noord vrystaat. Glo ons gaan die honne rol! Sal kom vertel hoe die klanke vir ons gewerk het! Groete visstok
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 8:18 pm
by Gerhard
Louis,
Gister aand weer kaans gekry om n draai te ry.
2de staan plek gebruik ek toe Rooi Alleen om mee weg te spring.
Man toe trek die hele kontrui se jakkkalse los en antwoord.
So tussen deur hoor ek toe n jakkals wat presies die selfde roep as rooi alleen gee.
Kon so na 30 min oppak en darm 4 jakkalse lift gee in die vol maan.
Sien uit om rooi alleen op die bosveld jakkalse te gaan toets die komende naweek.
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 8:46 pm
by the kid
Kan iemand dalk vir my se waar ek hierdie cd sal kan koop?
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 8:51 pm
by Gerhard
the kid! wrote:
Kan iemand dalk vir my se waar ek hierdie cd sal kan koop?
PM gerus vir Louis.
Hy is die man wat die klanke bymekaar gemaak het en op n grand cd met lekker klomp inligting gelaai het.
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 8:58 pm
by theedge
Gerhard wrote:
Louis,
Gister aand weer kaans gekry om n draai te ry.
2de staan plek gebruik ek toe Rooi Alleen om mee weg te spring.
Man toe trek die hele kontrui se jakkkalse los en antwoord.
So tussen deur hoor ek toe n jakkals wat presies die selfde roep as rooi alleen gee.
Kon so na 30 min oppak en darm 4 jakkalse lift gee in die vol maan.
Sien uit om rooi alleen op die bosveld jakkalse te gaan toets die komende naweek.
Gerhard mooi gedoen - bly om te hoor hulle val nog
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 9:08 pm
by theedge
the kid! wrote:
Kan iemand dalk vir my se waar ek hierdie cd sal kan koop?
kyk gerus die link
http://jaracal.com/index.php/topic,7555.0.html
Sal die cd met liefde aanbeveel - daar is ook xtra op die cd wat n man baie help
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 9:09 pm
by Gerhard
Dankie Oom Blikkies...
Nee hulle moet pakslae kry ek kry net bietjie min kaans die laaste tyd...
Staan nou op 31 jakkalse vir die jaar sal moet roei as ek by n 100+ vir die jaar eil uitkom. Is al klaar April maand...
Hoop die komende naweek en die einde van die maand kan ek hulle weer goed roer...
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 08, 2012 9:16 pm
by theedge
Gerhard wrote:
Dankie Oom Blikkies...
Nee hulle moet pakslae kry ek kry net bietjie min kaans die laaste tyd...
Staan nou op 31 jakkalse vir die jaar sal moet roei as ek by n 100+ vir die jaar eil uitkom. Is al klaar April maand...
Hoop die komende naweek en die einde van die maand kan ek hulle weer goed roer...
Nee wat ek val daar uit die bus - sien jy roer hulle - het gelukig vrydag n oproep van n boer gekry, hy het die plaas waar ek vir so 5 jaar lank gekiet het gekoop - hy het die plaas so 6maande terug gekoop -was nie bekommerd oor die katte en jakkies nie. Nou vreet die goed hom klaar - wil dringend met my praat oor die katte wat pla - so kern gebied vergroot darm weer hahahahah
Re: Rooi Alleen
Posted: Mon Apr 09, 2012 2:25 pm
by Louis102
Mooi Manne! Moet nou net nie die ou beproefde klanke en resepte vergeet nie. Die basiese tegnieke en gebruik van klanke, soos deur Heinrich en Taffie aanbeveel, bly steeds die selfde. Die Pikante Klanke CD is maar net aanvullend en nie nou skielik die alfa en omega nie! Gebruik die klanke slim, spaarsamig en "stick to the basics" (veral wat keuse van staanplekke aanbetref)
Staan mooi, roep mooi en skiet mooi.
Voorspoed
Louis
Re: Rooi Alleen
Posted: Tue Apr 10, 2012 12:49 pm
by Jason
Louis
Ek het vir n slag lekker internet konneksie want ek jag hier bo in die noorde
Soos jy weet het ek rooi aleen vir jou getoets voor hy op die mark beskikbaar was,so het bietjie meer tyd saam daai klankie gehad as ander mense. Het nou al n goeie handvol geskiet met hom. As ek nie vokale reaksie kry op hom dan antwoord ek myself met vlek 3a.dit is n paar minute dan staan die vlekke lekker binne skiet afstand. Hy sal nooit van my roeper af wees nie. Ek het baie sukses met ombu aleen,erdman jav,jou steenbokkie en hasie ook.baie netjiese klanke. Het egter ook n reun gekap wat my al baie slaaplose nagte gegee het met jakkies worstel gedood.
Dankie vir die cd en die kaans om jou klanke te toets.
Mooiloop
Jason
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 15, 2012 8:15 am
by sakkievanheerden
Louis
Ek kon ook Vrydagaand n teef geskiet kry met jou hasie pikant en steenbok pikant hier in Tarkastad,nog voor ek rooi alleen kon gebruik.
Groete
Sakkie van Heerden
Re: Rooi Alleen
Posted: Sun Apr 15, 2012 9:51 pm
by WOLF
Manne
Ek het so lanklaas iets hier gese,maar ek gaan dit nou se.Ek lees elke week al die posts en replies.
Het die afgelope tyd heelwat omgedop waarvan die meeste met kombinasies van klanke was.Wat die lekkerste gewerk was ROOI ALLEEN,as geen reaksie na vyf minute weer ROOI ALLEEN en dan antwoord ek myself met tafjak 2. As rooies dan antwoord is dit net n kwessie van tyd.Het verlede week soos bo gemaak en rooies wou nie opwagting maak en weer na twintig minute gespeel en toe allegaartjie pikant gevolg deur baklei 1 na tien minute.Na lank wag en weer allegaarjie en baklei hang drie groot reuns na sewentig minute aan die blou lorrie.Het ook so twee weke terug darem ses jonges op een plek met ROOI D en erdman worstel op een plek gekry en later nog n reun eef en helper teef jakkie hemel toe gehelp met ROOI ALLEEN en steenbok combo en baklei 1.
GROETE
WOLF
Re: Rooi Alleen
Posted: Fri Apr 27, 2012 12:50 pm
by Wayne
Louis
Are your new sounds available to us, or do we have to make special arrangements with you? Would love to get hold of them and try them in the Queenstown area.
Wayne
Re: Rooi Alleen
Posted: Fri Apr 27, 2012 5:51 pm
by Louis102
Wayne wrote:
Louis
Are your new sounds available to us, or do we have to make special arrangements with you? Would love to get hold of them and try them in the Queenstown area.
Wayne
Wayne, I'll send you a personal message.
Re: Rooi Alleen
Posted: Fri Apr 27, 2012 6:17 pm
by Wayne
Louis
Thanks for that, do you need any info from me?
Wayne
Re: Rooi Alleen
Posted: Sat May 05, 2012 8:07 am
by Pieter
Ek moet saamstem met al die manne, Rooi Alleen werk, het 'n klomp met die klank laat bakkie ry, Meerkat worstel het ook 'n paar laat nader staan en vou, Rooi D het die 1ste aand nadat ek die klanke gelaai het, 'n groot reun van 6jr laat vou, ek was egter te haastig en na 30min begin beweeg toe die teef ingekom het, ek is dankbaar oor al die klanke wat beskikbaar is, die verskeidenheid is net soveel groter en die goed raak nie te gou gewoond aan 'n selfde klank nie. Ek weet nie wat dit is nie, ma kon nog nie 'n jakkals op steenbok of springbok klank inbring nie, met dagskiet kon ek net 'n sklem reun met klein steenbokkie inbring, hier is steenbokke en springbokke.
So die manne wat moeite doen om klanke te genereer, baie dankie aan julle
Groetnis
Re: Rooi Alleen
Posted: Sat May 05, 2012 8:13 am
by Boertjie
Pieter
Die verskeidenheid klanke gaan binne kort groter word.Een van die manne wat cds maak en verkoop gaan binnekort weer 1 op die mark he.Ek dink hierdie gaan n grote wees.Ons sal maar moet wag en sien.
Boera