Page 1 of 1

Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:19 am
by FrancoisN
Dagse Manne

Hoe maak julle om die ysbere weg te hou.  Dit raak al lekker koud hier in die OFS en daai dik baadjies moet al uitgehaal word.

Luister graag.
Francois

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:27 am
by Gerhard
Gaan lees maar op die Amerikaanse forums oor dit.

Let mooi op daar word baie gepraat oor "dress in layers" en dit is waar die geheim is.

Dit is ook hoekom ek besig is met die ontwikkeling van die FFF coverall wat dien as jou fianle layer teen die koue...

n Goeie beanie of balaklawa is n groot moet want jy verloor baie liggaams hitte deur jou kop.

En dan natuurlik daai lekke warm boots wat keer dat jou tone in ys blokkies verander hier by 02:00 in die oggend.

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:40 am
by BLOK
Net een ding wat werk om jou lyf koud te hou as jy in die winter jag, n freezer suite, pm vir Geno as jy nie plaaslik kan kry nie.

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:51 am
by FrancoisN
Gerhard wrote: 02:00 in die oggend.
Dis nou juis daai tyd waarna ek opsien. Jakkals het hoeka gisteraand 1:51 lam gevang so nou moet ek hom loop soek.

Hoeveel lae klere werk dan? 3 of 4 of 5.

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 8:54 am
by Gerhard
Ek trek n long john en jean aan.

Dan n lang mou frokkie, langmou hemp, fleez top en body warmer en klim dan in my cover all...

Dit is hoekom dit belangrik is om n size te groot te koop...

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 10:36 am
by Arno Pienaar
Freezer Suite !!!

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 11:01 am
by Dawie D
Gerhard

Met al daai lae kleure aan hoop ek nie jou maag is omgesukkel nie anders gaan jy n erenstige foutjie kry :angel: ;D ;D

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 11:04 am
by Gerhard
Dawie D wrote: Gerhard

Met al daai lae kleure aan hoop ek nie jou maag is omgesukkel nie anders gaan jy n erenstige foutjie kry :angel: ;D ;D
He he he...

Daai kan nogal n probleem raak...

Maar gelukkig pla my maag nie sommer 02:00 inni oggend nie.  ???

Man wil ook darm nie ongemaklik koud kry vroeg oggend as dit begin ryp rondom jou agv te min klere nie...  :o

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 11:13 am
by Zack Benade
tot en met 02h00 'n Freezer Suite  en 02h01 'n Freezer Suite en P10C.

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Mon Apr 02, 2012 12:42 pm
by Theo E
Thermal vest , long johns under my clothes a freezer suit and OBS

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Fri Apr 06, 2012 10:08 pm
by theedge
Koue hmmmmm Onderbroek en camo body paint.    LOL
Leker praat ek nou net die waarheid skeef.

Gooi ook maar themo onderbroek met camo langbroek - themo hemp, tshirt warm bulover met jagjas of freeser jas

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Sat Apr 14, 2012 12:20 pm
by Trevor
Baaaaie OBS en paar kleding stukkies

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Sun Apr 15, 2012 7:14 pm
by Izak H
"Baaaaie OBS"

Nou vir watter jakkals mik jy dan ? Links, regs of die middelste een !!!!

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Tue Apr 17, 2012 11:34 am
by stan man
my sub zero suit werk vir my baie goed saam met n balaklava en handskoene.sukkel net met my skewe skilpad kop tone. die goed is maar sensitief vir die vrystaat koue.gaan hoeka vanaand n jakkie probeer piets.het gisteraand ligte op my bakkie verander en toe staan die peste vir my en lag tot so 11 uur.maar vanaand  moet die 270 maar weer terugpraat.het darem laas keer 3 gepiets en n nice bonus ingesluit in die form van n kokolol hinja. die goed word mos gebruik om hase en steenbokke en wat ookal te vang,maar ek is baie sentimenteel oor wat waar loop.

Re: Hoe troef julle die koue?

Posted: Tue Apr 17, 2012 11:37 am
by Dippies
Izak H wrote: "Baaaaie OBS"

Nou vir watter jakkals mik jy dan ? Links, regs of die middelste een !!!!
Ek sekondeer op die een.

Izak n man moet seker maar skiet totdat jy een raak skiet. Begin op linkantste een en werk deur na reg ;D ;D ;D