Page 388 of 400

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 17, 2024 5:52 pm
by jdpretorius
Het self gedink my kouse kort nou n was voor ek hulle weer probeer rook....

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Jul 18, 2024 9:59 am
by Wouter Roets
Boys

Ek kry nou S&O se specials. Kyk bietjie vir n slag so deur die aanbiedinge. Maggies kerels ek word seker nou oud maar die vet weet goed se pryse het waansinnig geraak. R 200 000 plus vir n standaard 22 duim jaggeweer. Dit is absoluut verregaande!

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Jul 18, 2024 2:02 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote: Thu Jul 18, 2024 9:59 am Boys

Ek kry nou S&O se specials. Kyk bietjie vir n slag so deur die aanbiedinge. Maggies kerels ek word seker nou oud maar die vet weet goed se pryse het waansinnig geraak. R 200 000 plus vir n standaard 22 duim jaggeweer. Dit is absoluut verregaande!

Jy kan darem n labradar daar koop vir R5999

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Jul 18, 2024 3:45 pm
by Toxxyc
'n Labradar se prys kom nou naby 'n Labrador se prys lyk dit my.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Jul 19, 2024 4:43 pm
by Frederik
Wouter Roets wrote: Thu Jul 18, 2024 9:59 am Boys

Ek kry nou S&O se specials. Kyk bietjie vir n slag so deur die aanbiedinge. Maggies kerels ek word seker nou oud maar die vet weet goed se pryse het waansinnig geraak. R 200 000 plus vir n standaard 22 duim jaggeweer. Dit is absoluut verregaande!
Makilke opslossing hou verby hulle specials lees want daardie specials is waar ander kleiner winkels begin in prys en dalk nog goedkoper.
Hulle het hulle eie teiken mark en maak nie saak watter dag van die week jy daar inloop nie maar 4 uur die middag is die winkel besig.

Die enigste regte specials wat daar uitkom is meestal op kruit.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Mon Jul 22, 2024 8:21 am
by Wouter Roets
Freek

Jy mis die punt wat ek probeer maak.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Jul 23, 2024 1:43 pm
by ZKK
Goeie middag almal. Ek het gedink ek sal hierdie sommer op die nonsens praat draad gooi.

Soms wil mens dalks kruik in n klompie doppe gooi, maar nog nie die koeels seat nie.
Kry mens n tipie proppie of iets wat met kan gebruik om die doppie toe te maak dat die kruit nie uitval nie?

Mens wil dalks eers n paar rondtes toets en dalks nog adjustments aan die kruitlading maak.

Hoor graag van julle

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Jul 23, 2024 1:50 pm
by Capt. Yoda
Gaan seker af hang of jy gelukkig genoeg is om n dop te kry wat stuif genoef op jou spesifieke kaliber pas, hoekom kry jy nie klein houers om die kruit in te bere voor jy dit in n dop gooi nie.

So iets dalk
https://www.takealot.com/50-pieces-5ml- ... lsrc=aw.ds

https://www.makro.co.za/health-beauty/h ... gLKmPD_BwE

As jy die size weet wa na jy soek sal jy seker iets hier kan kry

https://www.temu.com/kuiper/dn9.html?su ... gLfA_D_BwE

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Jul 23, 2024 3:36 pm
by Witpietskiet
Plastiek pille houers werk baie lekker, seel mooi en die kruit trek nie vog nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Jul 23, 2024 8:50 pm
by Fanta300
“Soms wil mens dalks kruik in n klompie doppe gooi, maar nog nie die koeels seat nie.”

Hoekom sou mens dit wil doen?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Jul 23, 2024 9:23 pm
by J le Roux
Jy kan sekerlik die punt sommer net met jou vingers in die nekke sit, liggies druk net om hom te seel?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 24, 2024 7:22 am
by Toxxyc
Draai die koeel om en druk hom agterstevoor in die dop in, sommer lekker styf. Dan kan jy hom uittrek met die hand en seat soos jy wil.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 24, 2024 1:35 pm
by Andre308
Ek dink al n dag lank aan die ding, maar ek kon nognie dink aan n rede hoekom ek kruit in n dop wil gooi en nie die koel klaar wil seat nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 24, 2024 1:42 pm
by Toxxyc
Andre308 wrote: Wed Jul 24, 2024 1:35 pm Ek dink al n dag lank aan die ding, maar ek kon nognie dink aan n rede hoekom ek kruit in n dop wil gooi en nie die koel klaar wil seat nie.
Ek stem, maar ek speel maar saam.

Ek het al gesien manne laai op die skietbaan, vat die hele getoetie saam, skiet en pas dan die lading daar en dan aan, maar dan gooi hulle kruit daar, nie tuis nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 24, 2024 2:06 pm
by ZKK
Ek verstaan dit is n vreemde versoek.

Om by die huis te laai en op die baan te skiet, maar my die geleentheid gee om ladings te verander indien nodig
Miskien wil ek vir n vriend laai, maar ek wil hom eers die geleentheid gee om van die ladings te verifieer, voor ek die koeels seat.

Kom ek vra nog n vraag, kom ons se ek het nie n lisensie vir n spesifieke kaliber nie, As ek die doppe prime, kruit ingooi, maar nie die koeels seat nie...........sal dit gesien word as n "assembled round"???? Sal ek dit streng volgens wet mag vervoer?

Dis die enigste 3 voorbeelde waaraan ek nou dink hoekom dit handig kan wees

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Jul 24, 2024 7:53 pm
by Andre308
ZKK wrote: Wed Jul 24, 2024 2:06 pm Ek verstaan dit is n vreemde versoek.

Om by die huis te laai en op die baan te skiet, maar my die geleentheid gee om ladings te verander indien nodig
Miskien wil ek vir n vriend laai, maar ek wil hom eers die geleentheid gee om van die ladings te verifieer, voor ek die koeels seat.

Kom ek vra nog n vraag, kom ons se ek het nie n lisensie vir n spesifieke kaliber nie, As ek die doppe prime, kruit ingooi, maar nie die koeels seat nie...........sal dit gesien word as n "assembled round"???? Sal ek dit streng volgens wet mag vervoer?

Dis die enigste 3 voorbeelde waaraan ek nou dink hoekom dit handig kan wees
Ek hoor jou, maar hoe pas jy nou n lading aan wat jy wil verander? Gaan gooi jy nou net n 0.3gr by of hoe gemaak om n 0.3gr weg te neem bv. Meer gesukkel as om net te wag tot jy weet presies wat jy wil laai en dit dan alles reg te doen van die begin af.

Jy mag slegs ongeprimede doppe he van n kaliber waarvoor jy nie n lisensie het nie. Sit n lewendige primer in en jy trap reeds aan die verkeerde kant van die wet.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Jul 25, 2024 8:21 am
by ZKK
Baie dankie Andre

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 10, 2024 11:14 am
by Capt. Yoda
Wat n lekker Saterdag van Rugby

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 10, 2024 4:36 pm
by Eduard Venter
Capt. Yoda wrote:Wat n lekker Saterdag van Rugby
Ons jag vandag so kon nog niks kyk nie. Al die PHe is die dood voor die oë gesweer dat ons nie rugby tellings mag uitvind nie. Vanaand leer ons die rooinekke rugby kyk in die lodgeImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 24, 2024 10:54 am
by Ratel
Splinternuwe spam op die forum

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 24, 2024 12:27 pm
by Eduard Venter
Manne ek besef weer hoe bevoorreg ons is om so te kan jag en skiet in Suid Afrika, ten spyte van al die gesukkel wat daarmee gepaard gaan. Vanoggend het ek 4 Braziliane opgelaai vir 'n jag en eers by 'n geweerwinkel gestop. Hulle dink dis kersfees, nog nooit soveel verskeidenheid en dinge gesien nie. Manne koop teleskope, knaldempers, punte, doppe, dies ens om saam terug te vat want hulle kry niks daar nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 24, 2024 1:14 pm
by Capt. Yoda
Ja dit gaan taai in die ander lande. Ek lees op n ander forum van n man wat 308 winkel ammo koop en dan die koels trek en die dop met n moerse gesukkel 6BR maak met die primer nog in want hy kry nie primers te koop in Asia nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 24, 2024 1:38 pm
by Lategan1
Ratel wrote: Sat Aug 24, 2024 10:54 am Splinternuwe spam op die forum
Het gesien. Nogals netjies geskryf ook.

Beste.

Re: Hijacking,

Posted: Sat Aug 24, 2024 1:39 pm
by Lategan1
Eduard Venter wrote: Sat Aug 24, 2024 12:27 pm Manne ek besef weer hoe bevoorreg ons is om so te kan jag en skiet in Suid Afrika, ten spyte van al die gesukkel wat daarmee gepaard gaan. Vanoggend het ek 4 Braziliane opgelaai vir 'n jag en eers by 'n geweerwinkel gestop. Hulle dink dis kersfees, nog nooit soveel verskeidenheid en dinge gesien nie. Manne koop teleskope, knaldempers, punte, doppe, dies ens om saam terug te vat want hulle kry niks daar nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dankie, goeie positiewe nuus.

Beste.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Aug 24, 2024 3:11 pm
by Capt. Yoda
Ratel wrote: Sat Aug 24, 2024 10:54 am Splinternuwe spam op die forum
Jy gekoop?