Page 39 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Jun 30, 2021 6:57 pm
by Trompie
LouisR wrote:Deel graag 'n paar van myne
Netjies man
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Jul 01, 2021 9:55 pm
by LouisR
Dankie Trompie
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Jul 03, 2021 6:56 pm
by Trompie
Ek het onlangs ñ vintage looking dagger klaar gemaak vir ñ vriend. Dit het my maande gevat. Ekt net nie tyd om mes te maak deesdae nie.
5160 staal.
Stacked leather handle.
Acid etch finish.
Kydex sakkie.
Hyt spesiefiek gevra vir ñ dagger sodat as ñ jagter ñ bok geskiet het en die bok het nog ñ skoot nodig as hy daar le, dan kan hy hom agter die kop steek. So die mes ry permanent in die Cruiser.
Dis my eerste dagger en die bevels het my seker 8 ure gevat voor die grinder. Maar ekt baie geleer van grind met die bou van die mes.



Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Jul 03, 2021 7:58 pm
by DWB
Baie mooi manne!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Jul 05, 2021 2:57 pm
by ZKK
Die grind lines op daai dagger is baie netjies.
om daai lyn egalig en simetries aan beide kante te kry is vrek moeilik.
Ek het een stacked leather handle gemaak. Die gevoel is nogal baie lekker in mens se hand.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Jul 05, 2021 5:38 pm
by jdpretorius
Daai is nogal mooi !
Wel gedaan
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Jul 05, 2021 6:55 pm
by Trompie
Dankie julle
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jul 06, 2021 9:12 am
by Eugene
Baie mooi Trompie!
Ek en my seun (13 jr) het in verlede jaar se lockdown bietjie begin speel met hand vyle en vinnig besef dis te veel werk en te min lekker. Toe so klein Royobi grindertjie gekoop en 3 maande later het ek by Dirk 'n Compact Grinder gekoop. Verlede week het ons 'n nuwe 2x72 grinder bestel. Die mesmakery is geweldig bevredigend. Ek sukkel ook maar om genoeg tyd te kry om werklik te doen wat ek wil, maar dis baie goeie "kop-skoonmaak" tyd en "pa&seun" tyd. Ons messe is nog nie waar ons dit graag wil hê nie, maar met elke mes en sakkie leer ons nog iets nuuts by en ons vorder!
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Jul 06, 2021 1:34 pm
by Trompie
Eugene wrote:Baie mooi Trompie!
Ek en my seun (13 jr) het in verlede jaar se lockdown bietjie begin speel met hand vyle en vinnig besef dis te veel werk en te min lekker. Toe so klein Royobi grindertjie gekoop en 3 maande later het ek by Dirk 'n Compact Grinder gekoop. Verlede week het ons 'n nuwe 2x72 grinder bestel. Die mesmakery is geweldig bevredigend. Ek sukkel ook maar om genoeg tyd te kry om werklik te doen wat ek wil, maar dis baie goeie "kop-skoonmaak" tyd en "pa&seun" tyd. Ons messe is nog nie waar ons dit graag wil hê nie, maar met elke mes en sakkie leer ons nog iets nuuts by en ons vorder!
Hi Eugene. Ja nee die mesmaak hobby is regtig soos jy se baie bevredigend. Ek geniet dit en moet somehow meer tyd maak vir messe.
Ñ decent grinder maak als net makliker en beter. Ek gaan binnekort my 2x72 ook replace met ander een. Ek begin nou besef waar my huidige grinder bietjie kort-kom met sekere funksies wat ek soek. Basies net klein "tweaks". Maar ek gaan baie beter consistency kry met grinder waarna ek kyk volgende.
Jy moet maar paar pics post van julle messe en sakkies. Ek moet nog my eerste leer sakkie klaar maak. Ek het met daai dagger build, 3 leer sakkies weg gegooi wat ek nie Gelukkig was nie. Toe maak ek sommer kydex.
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Jul 07, 2021 12:52 pm
by ZKK
Die een truuk wat ek nog graag will leer is om daai rivets so netjies in die kydex te doen.
My een of twee probeerslae het maar baie sleg gelyk.
Is daar al iemand anders wat die rivets en kydex inbring?
Laas toe ek bestel het was daar net een ou, en die pryse was maar styf.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Jul 07, 2021 4:37 pm
by Trompie
Dis die ou van Openmoulds wat hul inbring
Nie seker of Goldsmith goedkoper is nie.
Ek het ñ mes geruil vir ñ hoop kydex en klomp rivets en skroewe. Maar die rivets krap vinnig. Weet nie of dit met alle rivets so is en of daar beter kwaliteit is nie.
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Sep 07, 2021 3:34 pm
by FCLoretz
ZKK wrote: Wed Jul 07, 2021 12:52 pm
Die een truuk wat ek nog graag will leer is om daai rivets so netjies in die kydex te doen.
My een of twee probeerslae het maar baie sleg gelyk.
Is daar al iemand anders wat die rivets en kydex inbring?
Laas toe ek bestel het was daar net een ou, en die pryse was maar styf.
Probeer Zee's knife supplies. Hy is Lenasia, maar courier landwyd en sy diens is baie goed. 082 303 4750 speak to Faheema.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Sep 09, 2021 10:41 am
by ZKK
Baie dankie
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Sep 23, 2021 6:22 am
by FCLoretz
Ek het hierdie gyuto gisteraand klaar gemaak

Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Sep 23, 2021 9:31 am
by Viking
Daai handvatsel se maak vat amper net soveel tyd soos die lem!
Na hoeveel probeerslae was jy tevrede?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Sep 23, 2021 9:34 am
by FCLoretz
Viking wrote:Daai handvatsel se maak vat amper net soveel tyd soos die lem!
Na hoeveel probeerslae was jy tevrede?
Die handvatsel was vinnig. Wel vinniger as die lem. Maar hierdie was my eerste probeer slag op die handvatsel. Die lem het ek seker 3 keer verander.
Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Sep 24, 2021 1:50 pm
by Johan Nel
FCLoretz wrote: Thu Sep 23, 2021 6:22 am
Ek het hierdie gyuto gisteraand klaar gemaak

Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Nice hamon wat jy op daai lem het.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Sep 27, 2021 1:34 pm
by ZKK
Watter proses het jy gevolg om die handvatsel so mooi 8-kantig te kry?
Groete
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Sep 27, 2021 1:46 pm
by FCLoretz
ZKK wrote: Mon Sep 27, 2021 1:34 pm
Watter proses het jy gevolg om die handvatsel so mooi 8-kantig te kry?
Groete
Ek het begin deur om die handvatsel te square. Daarna het 'n baie klein gradient van agter na voor op die handvatsel gesit sodat hy agter dikker is as voor.
To het ek 5mm van die kant af lyne uitgemerk op elke kant en met die belt ginder tot op die lyne materiaal verwyder.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Sep 28, 2021 7:06 am
by ZKK
Baie nice.
Maar ja dis baie tricky om dit met die belt grinder reg te kry.
Dankie vir die terugvoer
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 16, 2021 5:54 am
by Blink Stefaans
My eerste suksesvolle forgeweld
Mild en 1070
Nog baie ver van klaar maar ek moes kyk

Sent from my SM-G780G using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 16, 2021 6:14 am
by FCLoretz
Mooi Stefaans
Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 16, 2021 6:32 am
by Blink Stefaans
Dankie mnr.
Het nog nie eers aan die tang gewerk nie, was te nuuskierig om die weld te sien.
Toe ek hom geslaan het, het hy vir my soos n "Tanto-ish" ding begin lyk, toe gaan ek maar met die plan
Sent from my SM-G780G using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 16, 2021 6:46 am
by FCLoretz
Ek is juis besig om te werk aan 'n sanmai met 15n20 en 1085 core. Maar is nog ver van forge weld af. Sal seker eers volgende week gebeur.
Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 07, 2021 11:14 am
by Johan Nel
WhatsApp Image 2021-11-07 at 09.18.54.jpeg
[/img]
WhatsApp Image 2021-11-07 at 09.18.36.jpeg
Klein kombuis messie, oftewel 'n sg. "Petty knife" vir algemene snywerk, groente verwerk en dies meer.
Die staal is 15N20. Die hefmateriaal is saamgestel uit swart liner materiaal, gekleurde hessian in hars en bamboes pins.