Page 37 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Oct 12, 2020 9:54 pm
by Johan Nel
Behoede my dat ek dit ooit met 'n mes doen.

Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Oct 13, 2020 7:17 am
by ZKK
Hoe lyk die prys van 80crv2?
Ek is juis nogal opsoek nie iets wat naby aan 52100 is.
Kry mens dit in plat staal wat mens kan stock removal doen?
Groete
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Oct 13, 2020 2:34 pm
by Johan Nel
ZKK wrote: Tue Oct 13, 2020 7:17 am
Hoe lyk die prys van 80crv2?
Ek is juis nogal opsoek nie iets wat naby aan 52100 is.
Kry mens dit in plat staal wat mens kan stock removal doen?
Groete
Ek het onlangs 'n lengte gekoop (1040 x 50 x 5.15mm) @ R450.00
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Oct 13, 2020 3:45 pm
by Trompie
Yes daai is die prys. R450 vir daai lengte.
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Oct 13, 2020 3:50 pm
by ZKK
Dankie Johan, dit klink baie billik.
Maar ons sien nog nie fotos van die mes wat jy gemaak het nie.....

Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Oct 13, 2020 9:23 pm
by Johan Nel
ZKK wrote: Tue Oct 13, 2020 3:50 pm
Dankie Johan, dit klink baie billik.
Maar ons sien nog nie fotos van die mes wat jy gemaak het nie.....
Byt vas, dis op hande...

Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Oct 31, 2020 7:49 pm
by Askari
Ek het die naweek my eerste hamon probeer. 5160 veerstaal van 'n sleepwa bladveer en Gun Gum uitlaat "goed".
IMG-20201031-WA0066.jpg
IMG-20201031-WA0057.jpg
IMG-20201031-WA0056.jpg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 01, 2020 7:35 am
by Johan Nel
Askari wrote: Sat Oct 31, 2020 7:49 pm
Ek het die naweek my eerste hamon probeer. 5160 veerstaal van 'n sleepwa bladveer en Gun Gum uitlaat "goed".
IMG-20201031-WA0066.jpg
IMG-20201031-WA0057.jpgIMG-20201031-WA0056.jpg
Glad nie sleg nie! Ek het nie gedink 5160 sal geskik wees vir 'n hamon nie.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 01, 2020 8:00 am
by Askari
Johan Nel wrote: Sun Nov 01, 2020 7:35 am
Askari wrote: Sat Oct 31, 2020 7:49 pm
Ek het die naweek my eerste hamon probeer. 5160 veerstaal van 'n sleepwa bladveer en Gun Gum uitlaat "goed".
IMG-20201031-WA0066.jpg
IMG-20201031-WA0057.jpgIMG-20201031-WA0056.jpg
Glad nie sleg nie! Ek het nie gedink 5160 sal geskik wees vir 'n hamon nie.
Self ook nie. Die 10xx reeks staal is blykbaar beter. Ek was egter besig met die mes en 'n hamon sou 'n bonus wees.... en as dit nie werk nie net bietjie van my tyd wat "gemors" is.
Ek moet wel sê.... na alles wat ek gelees het oor 5160 wat "deap hardening" is wat hom minder geskik maak vir 'n hamon ens, het ek eers net 'n edge quench gedoen voor ek die hele lem in die olie gedoop het. Ek wou seker maak daar is 'n merkbare verskil in temperatuur om die hamon soveel moontlik te "forseer".
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 01, 2020 8:22 am
by Trompie
Askari wrote:Johan Nel wrote: Sun Nov 01, 2020 7:35 am
Askari wrote: Sat Oct 31, 2020 7:49 pm
Ek het die naweek my eerste hamon probeer. 5160 veerstaal van 'n sleepwa bladveer en Gun Gum uitlaat "goed".
IMG-20201031-WA0066.jpg
IMG-20201031-WA0057.jpgIMG-20201031-WA0056.jpg
Glad nie sleg nie! Ek het nie gedink 5160 sal geskik wees vir 'n hamon nie.
Self ook nie. Die 10xx reeks staal is blykbaar beter. Ek was egter besig met die mes en 'n hamon sou 'n bonus wees.... en as dit nie werk nie net bietjie van my tyd wat "gemors" is.
Ek moet wel sê.... na alles wat ek gelees het oor 5160 wat "deap hardening" is wat hom minder geskik maak vir 'n hamon ens, het ek eers net 'n edge quench gedoen voor ek die hele lem in die olie gedoop het. Ek wou seker maak daar is 'n merkbare verskil in temperatuur om die hamon soveel moontlik te "forseer".
Daai edge quench dink ek het die ding gedoen. Well done
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 08, 2020 2:31 pm
by Xplicitly
Nou nie 'n mes wat ek vir myself gemaak het nie, maar wel vir klient.
20201108_142436.jpg
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Nov 08, 2020 4:44 pm
by Johan Nel
Xplicitly wrote: Sun Nov 08, 2020 2:31 pm
Nou nie 'n mes wat ek vir myself gemaak het nie, maar wel vir klient.20201108_142436.jpg
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Netjiese mes, mooi afwerking. Ek hou van die tekstuur en twee kleure van die skede. Ek het eers gedink dis twee verskillende stukke leer na aanleiding van die kleure, maar het gesien by nadere aanskouing dat jy die leer so gekleur het. Baie mooi.
Ek is nuuskierig oor die tegniek wat jy gebruik om jou makersmerk aan te bring op die lem. Sal jy omgee om te deel. Wat my opval is dat dit nogals mooi diep is.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Nov 09, 2020 1:17 pm
by Xplicitly
Johan Nel wrote:Xplicitly wrote: Sun Nov 08, 2020 2:31 pm
Nou nie 'n mes wat ek vir myself gemaak het nie, maar wel vir klient.20201108_142436.jpg
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Netjiese mes, mooi afwerking. Ek hou van die tekstuur en twee kleure van die skede. Ek het eers gedink dis twee verskillende stukke leer na aanleiding van die kleure, maar het gesien by nadere aanskouing dat jy die leer so gekleur het. Baie mooi.
Ek is nuuskierig oor die tegniek wat jy gebruik om jou makersmerk aan te bring op die lem. Sal jy omgee om te deel. Wat my opval is dat dit nogals mooi diep is.
Ek het iemand in Pretoria met 'n Fibre Laser wat my gravering doen. Hy graveer tans so 0.5mm diep op my lemme met regtig hoë definisie. Die vlak van detail wat hy kan doen is ongelooflik.
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Nov 30, 2020 8:04 am
by Trompie
Ekt finally mes vir ñ pel klaar gemaak laas week.
5160 met hidden lanyard hole
G10 scales
Kydex/Leer hybrid sheath
20201120_161113.jpg
20201120_161043.jpg
20201120_161018.jpg
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Nov 30, 2020 8:05 am
by Trompie
Ja nee daai sakkie lyk smart Marius
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Dec 05, 2020 6:42 am
by LouisR
Goeie dag, ek is nou op punt om my lem te verhit, bladveer geneem,geskuur tot 400grid. Nou die vraag is of gewone loodgieters blaasvlam die lem warm genoeg sal maak om nie-magneties te raak? En hoe beperk ek die opbou van 'scale' gedurende die proses? Moet ek olie effens verhit waarin ek beplan om te quench?
Groete
Louis
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Dec 05, 2020 7:07 am
by Blink Stefaans
Goeie more Louis
Jy gaan sukkel om n eweredige hitte te handhaaf.
Waar is jy geleë.
Kmts in Pretoria verhard jou lem vir R50. Dan is jy seker dit is reg gedoen.
Anders kry n smid in jou omgewing om jou te help.
Daar gaan te veel werk in n mes om dit op te neuk met swak verharding.
Hoop jy kom reg
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sat Dec 05, 2020 6:11 pm
by LouisR
Dankie vir die advies, ek was te laat vir vandag, sal dit gou in die week in neem. R50 is baie billik dink ek.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Dec 07, 2020 12:48 pm
by FCLoretz
LouisR wrote: Sat Dec 05, 2020 6:42 am
Goeie dag, ek is nou op punt om my lem te verhit, bladveer geneem,geskuur tot 400grid. Nou die vraag is of gewone loodgieters blaasvlam die lem warm genoeg sal maak om nie-magneties te raak? En hoe beperk ek die opbou van 'scale' gedurende die proses? Moet ek olie effens verhit waarin ek beplan om te quench?
Groete
Louis
Hi Louis,
Loodgieters se blaasvlam is nie voldoende om daai bladveer tot op 723C, met eweredige temperatuur reg deur die lem te kry nie. Daar is twee maniere om scale build up te voorkom en dit is Condursal and stainless steel foil (nie jou vrou se aluminium foil uit die kombuis uit nie). In terme van die olie, watse olie beplan jy om te gebruik vir die verharding van jou mes??
Die bladveer wat jy gebruik, het 'n spark of snap test gedoen op die staal om bevestig dat dit high carbon staal is?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Dec 07, 2020 7:25 pm
by LouisR
Goeie naand Frederick. Ek het dit ingeneem vandag Kmts toe. Nee ek het nie enige van die toetse gedoen nie, bloot aangeneem veer is van hoë koolstof staal gemaak, gevat, verhit met asseteleen suurstof blow torch (geleen by Ac kontrakteur op terrein)tot ek dit rooi warm kon kry reguit gemaak en begin vyl. Vertel asb meer oor toetse waarna jy verwys. Wat olie betref was plan mengsel ou diesel olie, Atf en diesel.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Dec 09, 2020 4:26 pm
by FCLoretz
LouisR wrote: Mon Dec 07, 2020 7:25 pm
Goeie naand Frederick. Ek het dit ingeneem vandag Kmts toe. Nee ek het nie enige van die toetse gedoen nie, bloot aangeneem veer is van hoë koolstof staal gemaak, gevat, verhit met asseteleen suurstof blow torch (geleen by Ac kontrakteur op terrein)tot ek dit rooi warm kon kry reguit gemaak en begin vyl. Vertel asb meer oor toetse waarna jy verwys. Wat olie betref was plan mengsel ou diesel olie, Atf en diesel.
Middag Louis,
Die olie mengsel is waarna Wayne Goddard verwys as sy 321 mix. Dit is opsie om te gebruik as jy glad nie die regte olie kan bekom nie, want Canola is vir chips braai, nie lemme verhard nie. KMTS sal 'n goeie werkie doen op daai lem van jou.
Hoë Koolstof staal se sparks wat dit maak as jy dit met 'n belt grinder of angle grinder sny maak ongeveer 5 "ontploffings" waar 'n mild staal net 1 of twee maak, dit het ook 'n ander kleur spark. kyk na die video
https://www.youtube.com/watch?v=parpu3fPF2Q
In terme van die snap test, moet jy jou staal tot verby nie magneties verhit en dan in water quench, dit maak die staal verskriklik hard en brittle, jy sit die verharde staal dan in 'n vice en slaan dit met hammer sodat dit kan breek, as dit buig het dit baie lae koolstof inhoud as dit maklik break is dit 'n indikasie van hoë koolstof inhoud. Kyk na die video
https://www.youtube.com/watch?v=_BciEzP ... VanDenBerg
Nie een van die twee toetse is 'n 100% indikasie nie, maar gee jou 'n baie beter idee waarmee jy werk. Dit is beter om te weet, as wat jy ure om sit en vyl en werk en dan sit jy met 'n lae of medium koolstof inhoud lem wat nie sy edge gaan hou nie.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Dec 22, 2020 11:12 pm
by FCLoretz
Mes wat ek as 'n geskenk klaar gemaak het. 5160 hoë koolstof staal. 1.6mm stainless Steel pins en 'n 3mm mosaic pin. Met rosewood handvatsels.

Sent from my EML-L29 using Tapatalk
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Dec 27, 2020 9:24 pm
by LouisR
Goeie dag, ek is klaar met my mes, kry nie fotos gelaai nie. Wil graag my naam op etch, na heelwat lees dink ek ek verstaan die proses, positive 20, bytsoda, Ferric chloride. My vraag is eerder hoe kry ek die negatiewe gemaak of laat print en koste naastenby?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Jan 06, 2021 3:16 am
by Ds J
Uiteindelik!!!
Jagmessie uit 440C, 22cm in totaal, verhard tot 60Rockwell, japanese sny- en slypvlak, swart ivoor handvatsel, afgerond tot 800 grit skuurpapier.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Jan 06, 2021 6:26 am
by Blink Stefaans
Goeie werk ds. Jaap
En nou vir die volgende een