Page 4 of 5
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Wed Mar 05, 2025 5:43 am
by Jassie
Nee wat Arnold daai roer loop mooi.
4 clicks regs en 6 clicks op... dan kan jy maar begin speel met hom.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Wed Mar 05, 2025 10:52 am
by Lategan1
Daar is eintlik net 2 swak/uitskieterskote, soos pienklyn wys.
@arnold, baie belowende groep, stem. Jy hier beide oë oopgeskiet, teen die agtergrond van jou vinnige skiettempo?
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Wed Mar 05, 2025 12:41 pm
by Arnold
Ek verskil egter en die pienk lyn dui nie 2 swak skote maar slegs die twee skote wat die verste van mekaar geland het. Die wind het taamlik gepomp van regs na links wat natuurlik ook die groep sal beinvloed.
Of altwee my oe oop was kan ek nie spesifiek onthou nie maar ek is gemaklik om so te skiet en doen dit gereeld. Ek dink egter my een oog was toe om beter te konsentreer omdat die kol se kontras so laag is.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Mar 06, 2025 1:40 pm
by Lategan1
Arnold wrote: Wed Mar 05, 2025 12:41 pm
Ek verskil egter en die pienk lyn dui nie 2 swak skote maar slegs die twee skote wat die verste van mekaar geland het. Die wind het taamlik gepomp van regs na links wat natuurlik ook die groep sal beinvloed.
Of altwee my oe oop was kan ek nie spesifiek onthou nie maar ek is gemaklik om so te skiet en doen dit gereeld. Ek dink egter my een oog was toe om beter te konsentreer omdat die kol se kontras so laag is.
Ek prt short hand - my strekking dalk verkeerd verstaan.
As groep deursnee is ek eens met jou.
Die 2 skote wat met die pienklyn verbind is, staan beduidend los van die ander, jy kan skoot heel links ook insluit. Hulle groepeer nie naby die ander nie. Sien dit as groepeer los van die sub groepe binne die algehele groepering. Dit kan vir welke rede ookal so wees. Indien jy nou verder gaan en hierdie 3 los skote denkbeeldig elimineer, sien mens ‘n algehele diagonale groep van LO na Regs Bo.
Dit kan eenvoudig net wees weens die alhoe warmer wordende loop teen jou gemelde skiettempo en tegniek gebruik. Dit kan egter ook wees weens die dubbelgroep verskynsel wat so sterk kan voorkom in die .223 - jou geval selfs duideliker weens die aantal skote.
So ongeag bogemelde waarskynlikhede, die meerderheid van jou skote is mooi saamgebondel en ek vermoed hierdie geweer gaan jou verbaas, veral met die regte teleskoop op!
[edit]
Jy het reeds verwys na doppe uitsoek/uitklas. Dit is beslis die eerste stap, eensoortige en eenvormige doppe. Enige afleiding tot dan is ‘n potensiële mistasting!]
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Mar 06, 2025 2:36 pm
by Capt. Yoda
Ja Arnold, ek dink
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Sun Mar 23, 2025 7:13 pm
by Lategan1
Lees onlangs artikel op Accurate Shooter van sukkel stories met .223 Rem, veral met die dubbelgroepe duidelik sigbaar.
Drie punte staan uit alvorens fout elders of groot geld uitgegee word. Niks wat ons oor die algemeen nie weet nie, tog.
1) Kwaliteit van loop se kroon gedoen.
2) Korrekte (kwaliteit) koeël & lading kombinasie in jou geweer.
3) Kwaliteit van die “pillar bedding” gedoen. Dit moet absoluut met presiesheid wees indien jy kleiner groepe op verder afstande wil skiet.
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Tue Mar 25, 2025 7:41 am
by Arnold
Dit klink of alles moet reg wees om klein groepe te skiet en dit gebeur nie net sommer nie

Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Mar 27, 2025 10:59 am
by Arnold
DDM4 V7 Pro - 18" loop
Triggetech Diamond sneller
Vector Continental 3-18x50
77gr SMK @ 2810fps (SD 15.4fps oor 20 skote)
CCI450
Mixed LC brass wat ek volgens gewig (+- 0.3gr) sorteer het.
Full length sized
Deburred case mouth inside and out
Atlas bipod voor en sand sakkie agter.
Van n skietbank af geskiet - 10 skote
Hiermee is ek tevrede so hy sal nou weer sy Delta Stryker 1-6 scope opkry.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Mar 28, 2025 11:02 am
by Arnold
Ek speel nog so bietjie met die slotaksie en volgende is 'n seating diepte toets om die groepe hopelik nog verder te krimp.
IMG-20250328-WA0078.jpg
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Mar 28, 2025 2:40 pm
by Lategan1
@Arnold, die 77gr uit die AR is voortreflik. Lekker gevoel wanneer al die insette en planne bymekaarkom.
Die 80gr het nog net so 2-4mm om te gaan na my mening, indien nodig. Daarna is dit die ou bekende vraagstuk van “diminishing returns”, vir jou keuse van aanwending. My geweer ook Rem 700.
‘n Goeie skut in verandelike omstandighede en posisies gaan met 0.7 stabiele MOA “elke geval heeldag lank al dag lank” op verder as 100m afstande ‘n skut met sy 0.5MOA “slegs van die bank af”, laat les opsê!
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Apr 03, 2025 10:25 am
by Arnold
Ek het 'n kans gekry om seating diepte op die 80gr SMK te toets.
Hierdie is die 22 skote wat ek geskiet het met 2 skote per diepte (die plakker is 25mm):
WhatsApp Image 2025-04-03 at 10.18.37_f2cca896.jpg
Hierdie is waarop ek gaan settle. Die groep wys 6 skote, 2 skote van 3 verskillende en opeenvolgende seating dieptes:
Seating depth test.jpg
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Apr 04, 2025 5:54 am
by Jassie
Genade Prof, jy vat hierdie 223 nou erg wyd. Ek sou al laaaankal gesettle het.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Fri Apr 04, 2025 9:09 am
by Arnold
Hierdie is maar my tipiese ladingontwikkeling wat ek doen

Kry 'n lading en kry dan 'n seating diepte.
Vir my 30-06 waarmee ek op kort afstande jag sal ek bv. nie noodwendig die seating diepte toets nie. So het ek ook nie vir die AR seating diepte getoets nie maar net gelaai op die voorgestelde SAAMI spec.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Mon Jun 23, 2025 3:18 pm
by Lategan1
Het ek maar net hierdie lank lees vroeër raakgelees deur die bekende Laurie Holland het ek vinniger gekom waar ek wel aangekom het.
Hy verwys na diagonale verdeelde groepe, ook weens verskillende tipe kruit met wisselvallige ontbranding en drukvlakke.
Kortom, om die .223 super akkkuraat te laai is nie so simpel eenvoudig met ‘n gewone jaggeweer en standaard laaipraktyke nie. Hierdie evaluasie is met ‘n dikloop 30” 1:7 “match barrel & chamber” gedoen. (2.4” kamer en 77gr koeëls) Sien die goeie en swak groepe.
Hy prys die Lee Collet Neck Die saam die Redding Body Die vir die .223! Arm man se kombinasie soos Apie noem.
[die ingeslote skakel Reach Out #6 moet ook gelees word]edit.
Beste.
https://www.targetshooter.co.uk/?p=4151
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Sun Jan 25, 2026 5:18 pm
by Arnold
So bietjie Varget probeer in die 223 Rem.
Die teleskoop se kruishaar is net nie great nie want die senterkolletjie maak die kol waarop ek geskiet het heeltemal toe. Ek is steeds baie tevrede hiermee.
Na die zero check kon ek 'n 300mm gong op 544m met 5 uit 5 skote raak skiet.
Ek wou net bevestig dat die G7 BC van 0.23 geldig is.
80gr SMK Varget.jpeg
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Mon Feb 02, 2026 9:45 am
by Lategan1
@Arnold, sien niemand sê mooi gedoen nie! Bekstil!!
Uitstekend gedoen, sjoe. Ek gewonder of jy die Varget se laaste stafie of 2 halveer vir fyn laai met die klein doppie?
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Mon Feb 02, 2026 12:11 pm
by Arnold
Hi Lategan, dankie.
Die geweer skiet baie mooi maar die SD op 20 skote was steeds 20fps. Met die resultaat op teiken probeer ek maar nie fokus op die chronograaf se nommers nie.
Ek het al gewonder of dit sou help om 'n beter skaal te kry wat fyner meet, of selfs net my balkie skaal te gebruik. Hierdie is egter aanvaarbaar vir my en ek gaan nou maar laai en skiet.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Tue Feb 03, 2026 9:23 pm
by Apie
20 ES op ‘n 223 is nie te versmaai nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Feb 05, 2026 4:34 am
by JF123
Arnold praat van 20fps SD. Ongelukkig is ES en SD nie dieselfde nie.
Nie dat 20 fps SD sleg is nie. Skiet nog steed klein groepies met dit. Die SD maak net regtig saak as jy wil vêr skiet.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Feb 05, 2026 9:32 am
by Arnold
Korrek, ek sou ook baie gelukkig met 'n 20 ES gewees het
Apie wou seker ES lees instede van SD want dit lyk beter. My ES was egter 75fps, wat volgens my standaarde glad nie goed is nie.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Thu Feb 05, 2026 11:58 am
by Apie
Ja ek soos my stert gelees.
ES van 75 is taai
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Sun Feb 08, 2026 9:47 pm
by Lategan1
@ Arnold jou wonder oor fyner DUURDER skaal wat ons almal natuurlik wil hê
Ek doen so wanneer vereis word en sou as volg eers doen en die resultate meet alvorens ek ander skaal koop. Myne gooi 0.1 gr. intervalle en klink of joune selfde is.
Indien stelling moet wees 24.5gr, stel dit 24.4 en mens is verbaas hoe baie eindig wel op 24.5gr, veral met die relatiewe growwe Varget vir die .223 dop. Wanneer 24.4 lees, drubbel jy die balans met die hand by, korrel vir korrel met ‘n poeier gooier (korrekte naam ontbreek nou). Dit is gewoonlik net ‘n stafie of 2 per dop. []Dit help dat die metings so na as moontlik aan jou verkose stellings is omrede ek nie die 2de desimaal kan lees nie.
Beste.
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Mon Feb 09, 2026 8:05 am
by Arnold
Dankie vir die advies Lategan.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Sat Feb 14, 2026 9:23 pm
by Apie
Lategan1 wrote:@ Arnold jou wonder oor fyner DUURDER skaal wat ons almal natuurlik wil hê
Ek doen so wanneer vereis word en sou as volg eers doen en die resultate meet alvorens ek ander skaal koop. Myne gooi 0.1 gr. intervalle en klink of joune selfde is.
Indien stelling moet wees 24.5gr, stel dit 24.4 en mens is verbaas hoe baie eindig wel op 24.5gr, veral met die relatiewe growwe Varget vir die .223 dop. Wanneer 24.4 lees, drubbel jy die balans met die hand by, korrel vir korrel met ‘n poeier gooier (korrekte naam ontbreek nou). Dit is gewoonlik net ‘n stafie of 2 per dop. []Dit help dat die metings so na as moontlik aan jou verkose stellings is omrede ek nie die 2de desimaal kan lees nie.
Beste.
Pasop jy nie jou stert jaag nie…
As ek GRT of QL gebruik op my 223 met 75/73greiners en Varger wys hy bv laai 25,6grein.
Dan voer ek die spoed ens in en dan voorspel die program 25.5grein kruit. Dan laai ek 25.5 en lees weer die spoed in en dan gee die program weer 25.6grein aan as die wenner…
Tussen die 2 ladings geen verskil in groepe nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: .223 Rem Akkurate flyers?
Posted: Sun Feb 15, 2026 9:39 am
by Lategan1
Herlaaiers het ongelukkig baie keer “jaag eie stert” sindroom. In Engels lui my voorstel, “Throw Low, Trickle High with individual corns”.
Arnold het dit reeds self beantwoord, sy eie punt van “diminishing return”, tevrede waar hy nou eers is, maar hy gaan weer krap aan sy SD
Aspekte welbekend aan ons:
Brug van stafies, (bridging)
Kruit gooi met buis, (drop tube)
Vol dop vir konstantheid is tipies met Varget,
Eenvormigheid van doppe, uitklas,
(Wisselende kruitlesings tesame met wisselende dopvolume, gaan SD lekker rondjaag).
Beste.